Niemand nog vas vir moord op 95-jarige

Joan Anderson. Foto: Verskaf

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 95-jarige vrou van Hermanus in die Wes-Kaap nie.

Bure van Joan Anderson, die vrou wat môre haar 96ste verjaardag sou gevier het, het verlede Donderdag op haar liggaam in haar meenthuis in die gegoede buurt Eastcliff naby die aftreedorp se sakekern afgekom.

Konst. Wesley Twigg, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê daar is geen nuwe verwikkelinge in hul ondersoek na die moord nie.

Begrafnisreëlings kon nog nie getref word nie aangesien Anderson se naasbestaandes, wat in die Kaap woon, nog nie haar liggaam kon kom uitken nie.

Maroela Media het vroeër berig Anderson se liggaam is in haar bad aangetref, maar dit is nog onbekend of sy verwurg is of verdrink het. Die oorsaak van haar dood moet deur ʼn nadoodse ondersoek vasgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

MS ·

Tragies… Mag Tannie in vrede rus. Hoekom kon haar familie nog nie haar liggaam kom identifiseer nie???

Ronel ·

Liewe land, Hermanus is dan by die Kaap! Ek kan nog verstaan as die familie oorsee of in die laeveld gewoon het. Hartseer hartseer.

alida ·

Sommige naasbestaandes vergeet van hulle ou mense se bestaan.

Bokkie ·

MM se opskrif is : “Niemand nog vas vir moord op 95 jarige”. Volgens die berig is die oorsaak van haar dood nog nie bevestig is nie en dat dit of verdrinking of verwurging kan wees??

Liza ·

Ai dis so hartseer… Hoe kon haar familie haar nog nie uitken nie…. dis so tragies… tannie ek het jou nooit geken nie, maar RUS SAG BY ONS HEMELSE VADER

Alida ·

Is dit die tannie wat deur die veiligheidswag gekry is? Indien wel wat soek hy/sy in haar huis. Hulle moet die perseel bewaak. Die verpleegpersoneel kyk of die inwoners okay is.

ben ·

Ai!!!!
Dit is sooooo tragies. My hart bloei vir haar. Om na soveel jare dit te moet oorkom. Rus in vrede my tannie.
Maar iets maak nie mooi sin nie. Die familie is net in die kaap, maar gaan nie Hermanus toe nie.
Polisie moet wakker wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.