Niemand nog vas vir moord op bejaarde paartjie

Rosalie Bloch en Aubrey Jackson. Foto: Facebook.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op Rosalie Bloch (84) en Aubrey Jackson (94) wat Saterdag dood in hul huis in Rosebank, Kaapstad, aangetref is nie.

Lance Bloch, een van Bloch se kinders, het aan Maroela Media gesê Bloch en Jackson was al die afgelope 30 jaar lewensmaats. Volgens Lance kon die twee al ʼn tydjie gelede uit hul groot huis verhuis het aangesien hulle begin verswak het, maar het hulle juis die huis gehou om dit te hê vir as familie en vriende van reg oor die wêreld kom kuier.

Lance vertel sy ma het haar geliefdes altyd eerste gestel. “Sy was altyd daar in moeilike tye en het altyd moeite gedoen om op te vang met die kinders, selfs al was hulle oor die wêreld versprei.”

Jackson, sê hy, was ʼn vurige man. “Hy was ʼn vegter op baie maniere, maar baie liefdevol.”

“My pa is so twee jaar gelede dood en ek onthou ons het altyd ʼn lang etenstafel gehad en ons vriende was altyd ʼn bietjie in verwondering en bietjie bang oor die vlak van gesprek by ons aan tafel en hoe ons oor goed gepraat het. My ouers het ons geleer om dinge nie net te aanvaar nie, maar goed te bevraagteken en daaroor te gesels,” het Lance gesê.

Lance sê jy sou Jackson en Bloch min tuis aantref. “Hulle was altyd uit besig met iets, hulle het soveel energie gehad. Hulle het so ʼn mooi goue jare- romanse gehad.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn familielid het Saterdag omstreeks 09:00 op die Bloch en Jackson afgekom. Volgens sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, was hulle vasgebind en die polisie vermoed dit was ʼn rooftog wat tot die twee se moord gelei het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het Maandag gesê die polisie se misdaadtoneel-kenners fynkam die toneel vir enige leidrade en volg alle leidrade op.

Intussen het die ANC die “gewelddadige, koelbloedige” moord veroordeel. “Ons veroordeel die lafhartige optrede teen weerloses en bejaardes ten sterkste. Dis baie jammer om te sien dat ons nog steeds diegene onder ons het wat ander se reg op lewe minag, gemotiveer deur selfsug en wreedheid,” het Pule Mabe, woordvoerder vir die ANC, gesê.

Daar is nog nie in dié stadium enige begrafnisreëlings bekend nie, maar Lance sê dat daar waarskynlik ʼn private diens vir die familie sal wees en daarna ʼn openbare gedenkdiens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eish ·

Beste Maroela Media,
Wil jul nie liewer vir ons n berig plaas oor Ernst Roets en Prof. Elmien du Plessis se grofgeskut nie?
Ons het kennis geneem van dié statistiek.
Prof. Du Plessis se verbale diaree raak juis die kwessie aan.

Mich ·

Paragraaf 9 lees,
Die ANC veroordeel die gewelddadige,koelbloedige Moord.
Ek veroordeel dit ook. Almal ook uiteraard.
Ten minste dié wat ‘n hart het.
Net jammer noudat iemand na aan hul(ANC) vermoor is word die tragedie van moorde (van spesifiek seniors) eers aangespreek.
En nou skielik baie media dekking?
Noú eers?

kas ·

Hoekom spreek Mnr Mabe nie sy skok uit oor plaasaanvalle en grumoorde nie.As dit nie dubbele standaarde is nie dan weet ek nie.

Vannessa ·

Die ANC veroordeel nou net die monster wat jul self geskep het en nou van hul eie n slag aan die ontvang kant is

cooll ·

ooo kyk wie gee nou skielik om oor die moor van ons oupas en oumas!!!
hulle gee nie n vlenter om nie man, hulle mooi woordjies is vir ulself , dis te laat om die wereld te probeer flous om te dink julle gee so baie om oor ons ou mense!!!
die gebeur dan mos daagliks ooral oor ons land!!!

Theresa B ·

Dis darem vreeslik. Om te vorder tot so wonderlike ouderdom en dan so wreed vermoor te word. My hart breek as ek sulke goed lees. Ek wil nie dink aan die angs wat hulle beleef het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.