Niemand nog vas vir moord op Ermelo-boer

Moolman Meyer. Foto: Verskaf

Niemand is nog in hegtenis geneem vir die wreedaardige moord op Moolman Meyer (67), ʼn boer van Ermelo, Mpumalanga, wat vandeesweek op sy plaas dood aangetref is nie.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het Saterdag aan Maroela Media gesê die vrou wat aanvanklik na die moord ondervra is, het Vrydag ’n verklaring afgelê waarna sy kon gaan. Sy word nie in die stadium vervolg nie.

Meyer se erg verminkte lyk is Woensdag in ʼn plantasie langs sy trekker op die plaas Waaihoek aangetref nadat hy Saterdag die laaste keer lewend gesien is.

Een van Meyer se vriende het onraad vermoed toe hy Dinsdag by Meyer wou kuier. Hy het alarm gemaak toe hy sy bakkie sien maar geen spoor van Meyer kon vind nie.

ʼn Soektog is van stapel gestuur waarby die polisie, TLU SA en die landbougemeenskap betrek is. Hulle het Dinsdag van 17:00 tot 22:00 na Meyer gesoek. Die soektog is vroeg Woensdagoggend weer hervat waarna Meyer se liggaam gevind is.

Die huis is geplunder en die aanvallers het vermoedelik met selfone en vuurwapens weggekom. Hy glo hulle het oor die grens na Swaziland gevlug aangesien die plaas naby dié grens is.

Bhembe maan die publiek om enige inligting rakende die moord by die polisie aan te meld. Inligting kan by lt.kol. Mbongeni Myeni by 082 556 5605 of Stop Misdaad by 08600 10111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

Gebrek aan grensbeheer – of inderwaarheid geen grensbeheer, of miskien geen grense.

Hartseer ·

Boere moet hulle eie kommandos begin vir hulle eie veiligheid, want niemand gaan gevang word nie.

Al ·

Sterkte aan sy geliefdes. Nelson Mandela en Winnie Mandela se dogter wie ambassadeur is in Denemarke het blykbaar op Twitter uitgevaar op erg rassistiese wyse na wittes en dat hul bang is.
Ek wonder of sy videomateriaal gekry het van comrades waar wittes pleit vir hul lewens.

willem Botha ·

Niemand wil of gaan jou beskerm nie nie die polisie nie niemand ons moet onsself beskerm ,ek kan nie verstaan is ons intelegenter as die kriminele of dommer want hulle verander nie hulle manier van aanval nie kom in die huis in en oorval die mense terwyl hulle slaap in hulle kamer verkrag en vermink en vat wat hulle wil en loop.Dit is hulle modus operandi en ons kan hulle nie stop nie hoekom?

Jan ·

Ja dit is so maklik om te se hulle is oor die grens en dan is die saak mos klaar
of wat se ek mos nou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.