Niemand nog vas vir Stellenbosch-gesinsmoord

Die Van Breda-gesin. Voor is Marli (16) en Teresa. Agter is Henri (20), Rudi (22) en Martin. Foto: Facebook.

Die Van Breda-gesin. Voor is Marli (16) en Teresa. Agter is Henri (20), Rudi (22) en Martin. Foto: Facebook.

‘n Video volg onderaan die berig.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn ouerpaar en oudste seun wie se liggame Dinsdagoggend in hul huis in die spog-gholflandgoed De Zalze buite Stellenbosch in die Wes-Kaap aangetref is nie.

“Die identiteite van die slagoffers kan nog nie bekend gemaak word nie,” het kapt. FC van Wyk Woensdag by navraag aan Maroela Media gesê. “Die polisie se ondersoek duur voort.”

Hy het gesê daar is geen nuwe verwikkelinge in die saak nie, en het geweier om te noem hoe die drie persone vermoor is. “Soos voorheen aangedui kan die polisie nie spekuleer oor die motief vir die moorde nie, ook nie watter wapen in die voorval gebruik is nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, en niemand word ondervra nie,” het hy gesê in reaksie op berigte dat ʼn 20-jarige man deur die polisie ondervra word.

Daar word vermoed dat die 55-jarige pa, 54-jarige ma en 22-jarige seun Dinsdag in die vroeë oggendure aangeval en vermoor is.

Lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het ná die voorval gesê die ouerpaar se ander twee kinders, ʼn 16-jarige dogter en 20-jarige man, is ook tydens die aanval beseer en hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die Cape Argus het Woensdag die familie identifiseer as Martin van Breda, sy vrou Terese, en drie kinders Rudi (22), Henri (20) en Marli (16). Volgens berigte het Marli ernstige beserings opgedoen en sy was Woensdag in ʼn kritieke maar stabiele toestand in die Vergelegen Mediclinic. Henri het glo slegs geringe beserings opgedoen.

Robert Daniels, woordvoeder van Emergency Medical Services, het gesê hy kan slegs kommentaar lewer oor die wonde wat die pasiënt [Marli] opgedoen het, aangesien die nooddienste nie met die liggame gewerk het nie. “Die pasiënt het ʼn bylwond aan die kop opgedoen. Die nekslagaar is afgesny,” het hy gesê.

Boet Grobler, bestuurder van die landgoed, het Woensdag aan Maroela Media gesê die gesin woon sedert Mei verlede jaar in die huis. Die landgoed het Dinsdag in ʼn omsendbrief aan die inwoners die moorde bevestig en gesê hulle kan nie meer inligting beskikbaar maak buiten dit wat die polisie reeds bekend gemaak het nie, aangesien hulle nie spekulasie wil aanhits nie. “Ons kan wel bevestig dat daar geen skending van ons veiligheid op die landgoed is nie, en ons glo dit was ʼn geïsoleerde voorval wat beperk is tot die misdaadtoneel,” lui die brief. “Daar is geen onmiddellike bedreiging vir enigiemand se veiligheid op die landgoed nie.”

Grobler kon nie kommentaar lewer of daar by die gesin se huis ingebreek is nie, en het gesê dit is deel van die polisie se ondersoek.

Die volgende insetsel is deur eNuus oor die voorval vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jean ·

Dit skets n donker en ware prentjie van Suid Afrika onder die huidige rassistiese anc!
Australia ag die gesin as Australianers so die nuus aan die kant se Austalianers is vermoor in Suid Afrika .Dit is skokkend maar more is dit weer vergete nuus.Wat ook al die geval dis tragies maar teminste begin mense buite Suid Afrika sien wat die plek nou regtig eintlik geword het net jammer dat niemand niks daar aan sal doen nie. Met die plaasmoorde gevalle sal mense meer daadwerlik moet begin optree met self beveiliging en paraatheid en ook bewusmaking deur massa optredes en betogings, die wit man kan nie bekostig om net nog te sit en se gelukkig was dit nie ek nie,dis tans hoe jul een vir een vermoor word sonder dat die buite wereld ag slaan op al die moord op wittes! Begin optree mense begin optree jul word uitgewis!!!! . Vat n dag af en betoog kry internasionale fokus en druk op die ANC regering wat tans nie eens ” n sweat break ” nie en letterlik weg kom met moord! Dis hul verantwoordelikheid om die publiek te beskerm. Tensy hul die wittes natuurlik nie wil beskerm nie soos dit meer wil voorkom! Maar jul sal hul moet begin dwing met optredes!!

celia tjaden ·

Stem saam! 9 moored in 12 dae! daar is byna geen beriggewing daaroor in die media nie- maar di bylmoorde en Oscar-Reeva-moord kry volle aandag! Die boere is veel WREDER vermoor! Kyk: WAR OF THE FLEA. DIS die ware feite wat in ons land aangaan.Ons is by no.6 van genocide!

Neptunus ·

Moontlik, maar te min inligting om nou al te kan weet. Tog interessant hoe diegene wat geskreeu en geraas het oor “sekere groepe” wat al die misdaad pleeg n.a.v. die berig se voorganger nou tjoepstil is. Hulle “eie” mense pleeg mos nie misdaad nie. ; )

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.