Niemand vervolg oor Clifton-skaapslagtery

Betogers op ʼn strand by Clifton in Kaapstad waar hulle ʼn skaap geslag het as deel van ʼn betoging teen rassisme. Volgens die betogers was die slagting van die skaap gedoen om die Moederstad “te reinig van rassisme”. Foto: Phando Jikelo/African News Agency

Die minister van polisie het aangekondig dat niemand vervolg gaan word nie vir die opspraakwekkende slag van ʼn skaap op die Clifton-strand in Kaapstad in Desember.

Genl. Bheki Cele het gesê die rede hiervoor is omdat die polisie geen spesifieke munisipale regulasie of wet vind om die betrokkenes mee te straf of te vervolg nie.

Dit blyk uit ʼn skriftelike parlementêre antwoord deur Cele op ʼn vraag van Cope-LP Willie Madisha.

Volgens Cele kan niemand vervolg word nie, want die slag van die skaap was nie teen die Wet op Vleisveiligheid nie.

Hoewel die wet primêr bepaal dat niemand in die openbaar ʼn dier mag slag behalwe by slagpale nie, maak die wet ʼn spesifieke uitsondering in geval van die slag vir ʼn dier om kulturele of godsdienstige redes.

Diegene wat die skaap geslag het, het indertyd aangevoer hulle doen dit as kulturele reinigingseremonie.

Hoewel Rooivleisregulasie 129 volgens Cele bepaal dat die tersaaklike plaaslike owerheid (in hierdie geval die Stad Kaapstad) skriftelik toestemming moet gee vir ʼn openbare slagtery buite die slagpale, word geen sanksie of straf voorgeskryf ingeval skriftelike toestemming nie bekom word nie.

Ten spyte van stellings deur die Kaapse burgemeester, Dan Plato, dat Kaapse munisipale regulasies oortree is, kon die polisie volgens Cele geen sodanige regulasies opspoor nie.

Betreffende die gebrek aan polisieoptrede op die dag van die slagtery het Cele die destydse aanbeveling van genl.maj. Jeremy Veary van die polisie onderskryf.

Dit was om nie op te tree nie weens die onsekerheid of ʼn regulasie oortree word, die risiko van geweld en die omvang van die skare.

“Dit was uiteindelik onmoontlik om teen enigiemand spesifiek op te tree weens die onsekerheid oor ʼn regulasie wat uiteindelik geblyk het nie te bestaan nie,” aldus Cele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

KrokodilBotha ·

Jip daai man met daai hoed het nie die wilskrag of moed nie. Niks nuut al die gepraat en bokkorol doen. Praat nie net van die geval nie.

M'Lady ·

Jammer, maar dis onaanvaarbaar. Hierdie was dieremishandeling. “Kultuur” word gebruik om allerhande wreedhede teenoor diere te regverdig en dit moet stop.

Lien ·

So dit is ook dieremishandeling wanneer skape geslag word sodat ons ‘n lekker skaaptjoppie kan eet?

Realis ·

Het enige iemand op enige stadium GEDINK enige iets sou gebeur het??

Michael ·

Lien Nee dit is nie wanneer dit in n plek soos die slag pale gedoen word nie maar dit is wanneer dit op n strand tussen mense gedoen word. Ons het seker nie so groot geraak om diere sommar in die pad te slag nie!!!!!!!

Werner ·

Hulle is mos nie wit nie as hulle was sou die DA seker gemaak het dat hulle vervolg word

Jaco Burger ·

Dit gebeur as ‘n NAR in so pos aangestel word. Want ons is bang as ons iets se sal hulle nie vir cANCer stem nie.

Koos de Meyer. ·

Wat ‘n sirkus en die hoof nar, raai wie.? Ja swaer wat sê jy nou vir my.

BlinkStephaans ·

Ag maar dit kon ons seker al van die begin af maar vir mekaar gesê het… of hoe?

Lana ·

Daar is ‘n tyd en plek vir alles. Die strand is beslis nooit die plek om ‘n skaap te slag nie.
Al wat Cele nou gedoen het, is om ‘n president te skep. Hou maar die strande dop.

Johann cb ·

Hoekom lê die DBV dan nie klagtes van dieremishandeling nie? Dit maak tog sin!

Heinrick ·

Hule die DBV is niks werd nie hule soek soft target… wat hule geld kan mk..en skenking kry vir eindelik niks doen.. ons duiwe boere elke keer deurloo.. ons duiweboere spend duisend rand om ons duiwe dier gesond tehou. Hoeveel het ek gebel oor rondloper kate niks kom van dit nie.. elka maand hou ons cupcake verkope vir fons insameling . Wat uit ons eie sake.. om kos kos vir rond looper kate tekoop…
Die hule rak net meerder.. as ons die katte self in neem.. en laat doen dan moet ons self vir elke kat betaal..

Joker ·

DBV HET GEEN TANDE NIE …. hulle sal mense vervolg wie se honde blaf of wie se kat snuffels het maar hulle sal NIKS aan wreedaards doen nie. Honde staan aan 30cm kettings vasgemaak sonder kos en water, daar word kookwater oor hulle uitgegooi dan beweer hulle hulle kan nie die honde afvat voordat die eienaar TOESTEMMING gee nie .. HULLE IS TE BANG om teen die EFF en BLF en in townships op te tree .. maar maklik om in blanke gebiede mense se diere af te neem as jy kamstig nie die ‘wet’ en munisipale regulasies nakom nie . DBV IS “N JOKE!

Rudolph van Wyk ·

Ek voel alle slagtings van diere moet in die openbaar gedoen word. Dit sal mense inlig oor die wreedheid en mishandeling wat diere agter geslote deur op fabrieksplase n slagpales verduur ter wille van ons tjops en toks

Henk ·

Word cele se naam nie ook saam die van zuma genoem in die “intelligensie skandaal” nie?

HPV ·

Duitsland red ‘n rot wat in ‘n mangatdeksel vassit en lewer die volgende kommentaar, selfs gehate diere verdien respek. Dit is beskawing. Hier word ‘n slagskaap sommer aan sy een oor gedra ter slagting vir een of ander reiniging proses wat sekere mense bedink het. Beskawing?

EP ·

Ag nee regtig!! Die strand is nou rêrig nie die plek om skaap te slag nie. Sooo derde wêrelds!

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Afrika is oppad na VIERDE OF VYFDE wêrelds,toe GENADE TOG!!!
En nou is die arme ou skapie geslag vir reinigings seremonie teen rassisme ini land…eni geeste raak maller en arme ou skapie se bloed roep uit,ten hemele

Andrew ·

Voor ‘n verkiesing is almal te bang om stemme te verloor. Net die kriminele voel vere.

Diefie ·

Nou wat gaan gedoen word dat dit nie weer gebeur nie? O ja niks. Hoe kon ek vergeet het.

Ag dis tipies ·

JA DAAR WAS ‘N KLAG GELE … EN JA net die wittes wat die strand VEILIG probeer hou het sal vervolg word die SPCA is weer te bang om CRUELTY aan te spreek .. ENIGE swartmens wat ALLE wette oortree het wat daar was is absoluut NIKS aangedoen nie . die arme dier is wreedaardiglik voor kinders en strandgangers doodgemaak en absoluut NIKS is aan hulle gedoen nie . die sekurititsmaatskappy het seker afgechop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.