Niemand weet hoeveel Gautengse vroue vermis word nie

Foto ter illustrasie: Pixabay

Die lot van meer as 400 vroue wat volgens Gauteng se LUR vir gemeenskapsveiligheid in dié provinsie vermis word, is steeds onduidelik.

Sizakele Nkosi-Malobane het in Julie vanjaar gesê 597 vroue is in die loop van 2017 as vermis aangemeld, maar van hulle is net 151 intussen gevind. Sy het gesê die polisie ondersoek nog wat van die res geword het.

Toe haar kantoor die afgelope week vir ʼn bywerking van die syfer gevra is, het haar woordvoerder, Hlulani Mashaba, African News Agency na die polisie verwys.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, kon egter nie “wat die LUR in ʼn onderhoud of verslag gesê het, bevestig of weerlê” nie. “Sy het ʼn woordvoerder wat veronderstel is om hiermee te kan help.”

Nkosi-Malobane het tydens ʼn begrotingsvoorlegging data van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die provinsie aangehaal. Sy het gesê haar departement bly daartoe verbind om ʼn veiliger omgewing vir inwoners te skep, veral vroue en kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Skroef ·

Dit is 2017 se vermiste vrou. Het geen vroue vermis geraak in 2018 nie?

GH ·

Jy is reg “Skroef”. Maar jy moet besef hier in SA is alles bietjie stadig. Hulle gaan eers in 2019 begin soek na die wat in 2018 vermis geraak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.