Nienaber kies Willemse, Wiese vir Wallistoets

Jasper Wiese en Bongi Mbonambi is in die Springbokke se beginspan vir Saterdag se toets teen Wallis. Foto: Patrick Hamilton/AFP.

Damian Willemse op heelagter, Elton Jantjies op losskakel, Jasper Wiese as agtsteman en nog geen teken van Evan Roos, Marcell Coetzee of Deon Fourie nie.

Dít is van die eerste dinge wat ’n mens raaksien wanneer jy na die Springbokspan vir die naweek se openingstoets teen Wallis op Loftus Versfeld kyk.

Elrigh Louw en Salmaan Moerat se stewige vertonings in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) word darem beloon en hulle sal hul toetsbuiging maak wanneer hulle van die plaasvervangersbank af hul verskyning op die veld maak.

Springbokafrigter Jacques Nienaber verwag ’n fisieke aanslag van Wallis en saam met Moerat en Louw is daar nog vier voorspelers – Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Vincent Koch en Kwagga Smith – op die plaasvervangersbank.

Herschel Jantjies en Willie le Roux kan dan vir die nodige reserweslaankrag in die agterlyn sorg.

“Ons het ’n talentvolle groep spelers om uit te kies. Terselfdertyd is ons bevoorreg dat van die ouens ook lekker veelsydig is – iemand soos Damian Willemse kan byvoorbeeld losskakel, senter of heelagter speel, terwyl Kwagga Smith ewe tuis in enige van die losvoorspeler-posisies voel,” het Nienaber gesê.

Hy is ook opgewonde om vir Moerat en Louw ’n kans op die internasionale verhoog te gee.

“Daar is ’n plan gereed om nie net vir die jong spelers ’n kans te gee om hul stempel af te druk nie, maar ook om na die spel van die meer ervare spelers te kyk.

Jacques Nienaber (Foto: Phill Magakoe/AFP)

“Wanneer daar so ’n groot spelersgroep is, sal daar altyd ’n paar spelers wees wat hulself ongelukkig kan ag omdat hulle nie die span gehaal het nie. Daar moet egter ’n fyn lyn gehandhaaf word tussen die doelwit om toetse te wen, spandiepte te bou en aan ons spelpatroon te skaaf.”

Nienaber, wat al vantevore gesê het dat Wallis nie sommer so ’n hierjy span is nie, het weer gesê dat die Springbokke ’n taai toets verwag.

“Wallis het sterk voorspelers en ’n agterlyn wat skielik die nodige vonk kan verskaf. Ons sal vanuit die staanspoor op ons beste moet wees as ons die seisoen goed wil begin.”

Wallis se span vir die eerste toets word Donderdag aangekondig.

Springbokke: Damian Willemse (heelagter), Cheslin Kolbe (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Elton Jantjies (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Jasper Wiese (agtsteman), Franco Mostert (flank), Siya Kolisi (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Eben Etzebeth (slot), Frans Malherbe (stut), Bongi Mbonambi (haker) en Ox Nché (stut). Plaasvervangers: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Vincent Koch, Salmaan Moerat, Elrigh Louw, Kwagga Smith, Herchel Jantjies en Willie le Roux.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Manie ·

Ek hou nie van die losvoorspelers wat gekies is nie, Kolisie speel op 6, maar speel meer soos ‘n 7 flank. Mostert is ‘n 5 slot en speel op 7 flank. Kwagga Smith is, was en sal altyd te klein en lig wees op toetsvlak en Willie le Roux is eenvoudig net treurig. SA rugby stuur ook nie ‘n goeie boodskap uit met Jantjies wat gekies is nie, asof sy manewales net nie gebeur het nie.

Pim die Skim ·

Hierdie is nie bokke nie. Dit is half-blacks of proteas as my wil.

piet ·

Dis maar basies dieselfde span, sien nie juis dat uitstaande spelers in VRK-reeks beloon word nie.

Hendrik Marthinus ·

As ek Roos is Hoop en bid ek iewers is een van my voor ouers van England etc
Die man is beslis een van die beste nr 8
Maar ons kies Wiese wat nie eens in SA rugby speel nie
Hy is nie eens goed nie, seker maar n chommie van die hoof afrigter
Eks n bul maar kyk nie rugby met toe ogies nie
Deon Fourie Moes ook in begins pan gewees het
Ons Kaptein hoort nie daar nie, n lostrio van Fourie, Coetzee en Roos speel die wereld aan die brand
Genoeg lengte om lynstane nie te intwrig nou Dat Steoh du Toit uit is nie

piet ·

Was Kolisi nie speler van die jaar verlede jaar nie? Ek sien die geheues is maar kort.

duiweboer ·

Ek kan nie Glo dat vliegtuig breker Jantjies in die span is nie. Hy beteken absoluut niks

SjN ·

Is seker nie lekker om te speel en jy weet jy hoort eintlik nie daar nie.

Casper ·

Willemse is nooit beter as Willie op heelagter nie.Waar is Hanre,Duan, Steph,Marcel en Arno.Maar natuurlik is kolisile daar.Hy moet ook ruskans kry.Met Wiese sien ek geen fout nie.Dit is ‘n sterk voorry.Daar is nog so baie ander goeie spelers maar daar is net soveel plekke.

Pieter9 ·

Nie beste span; Kaptein se spelpeil nie beter as Fourie/Coetzee en Wiese nie beter as Roos. Roos gee meer opsies. Mapimpi het nie oortuig… Ons moet Wallis nie onderskat nie.

Rayman ·

Stem 100% saam met Jake White, hou op om oorsee se spelers te kies.
Kies eerder spelers wat hul harte uitspeel elke week hier en nie eers raakgesien word nie, dit is hoekom al die goeie spelers wat nie span haal nie maar eerder hul heil oorsee gaan soek, wat help dit hy speel om Springbok te word dan kies hulle eerder mense soos vliegtuig breker jantjies

Pim die Skim ·

Dit het niks met “ongelukkig ag” te doen nie. Daar is ‘n kwota vir swartspelers en hierdie swartspelers is goedgenoeg om die kwota te maak.

Peter ·

Om Roos uit te laat is n klap in die gesig van die VRK speler van die seisoen, hy het vir Louw 2 x oorskadu en GEEN 8steman kon by hom kom nie. Word nie gekies nie, simpel verby!

hendrie ·

Foeitog. Die spul visvoete gaan seker tot anderkant 2030 teem en pruttel oor hul nuutste showpony. :-)))

Clifford ·

Dit is slim, as ‘n span sy eerste wedstryd wen, kanhy onervare spelers in die 2de wedstryd laat speel, as als goed verloop en die tweede een word ook gewen, meenend die reeks is gewen kan jy vir ‘n 2de wedstryd (die laaste wedstryd) onervare spelers laat speel. As daar te veel onervare spelers die eerste wedstryd laat speel word en die wedstryf word verloor, dan is daar soveel meer druk om die volgende 2 wedstryde te wen en in so geval sal ‘n afrigter geen onervare speler laat speel nie.

N ·

1. kitshoff/ox
2. Marx/bongo
3. Malherbe/koch
4. Etzebeth
5. Mostert
6. Fourie/Coetzee
7. PSDT/E Louw
8. Roos/Wiese
9. Reinach/faf
10. Pollard
11. Mapimpi
12. Esterhuizen
13. Am
14. Kolbe
15. Geland/Fassi

Net my opinie.

Niklaas ·

Na afloop van die wedstryd Saterdagaand sal ons weet of daar reg gekies was. Ek sien maar op TV hoe sommige spelers vaar en dus voel ek jammer vir Roos, maar ek glo sy kans kom nog. Willemse hoort nie eers op die reserwe bank nie. Hy maak darem net te veel foute.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.