Nieu-Seeland sê gestremde kind (5) moet terug na SA

Caitlyn se ouers, Charmaine en Jonathan Davies. Foto: Facebook

ʼn Hooggeregshof in Nieu-Seeland het verlede week beslis ʼn blinde, gestremde Suid-Afrikaanse meisietjie moet terug na Suid-Afrika gedeporteer word aangesien sy ʼn las op die Nieu-Seelandse gesondheidstelsel is.

Die vyfjarige Caitlyn Davies se ouers is “platgeslaan” deur die nuus dat hulle oudste kind nie wettig toegelaat sal word om langer in Nieu-Seeland te bly nie.

Die New Zealand Herald berig Caitlyn se pa, Jonathan, het in 2015 na Nieu-Seeland verhuis nadat hy ʼn werksvisum vir een jaar toegestaan is. ʼn Paar maande later het Caitlyn, haar ma, Charmaine, en haar byna twee jaar oue broer by Jonathan aangesluit. Jonathan werk as ʼn plaasbestuurder naby die dorp Geraldine in die Canterbury-streek.

In Mei verlede jaar is Jonathan se werksvisum met nog ʼn jaar verleng, terwyl daar terselfdertyd werk- en besoekervisums aan sy vrou en seun uitgereik is. Caitlyn se visumaansoek is egter afgekeur omdat haar gesondheid nie op ʼn “aanvaarbare standaard” is nie.

Caitlyn ly aan ʼn ontwikkelingsafwyking, is blind en ook met ander chroniese mediese probleme gediagnoseer. ʼn Mediese assessor het die Nieu-Seelandse departement van immigrasie ingelig dat haar mediese toestand waarskynlik aansienlike onkoste vir die plaaslike gesondheidstelsel sal meebring.

Caitlyn se visum het op 11 Julie verlede jaar verval en sy het amptelik ʼn onwettige immigrant geword. ʼn Aansoek om verlof tot appèl teen die besluit van die Immigrasietribunaal om haar te deporteer, is geweier en die gesin het hulle daarna tot die hooggeregshof in Christchurch gewend.

Volgens New Zealand Herald het Caitlyn se ouers aangevoer sy moet toegelaat word om in Nieu-Seeland te bly op grond van “buitengewone humanitêre omstandighede”. Die Davies-egpaar het aangevoer daar is beperkte mediese fasiliteite en onderwysgeleenthede vir gestremdes in Suid-Afrika beskikbaar en het ook verwys na die hoë voorkoms van geweldsmisdaad in die land.

Die tribunaal het egter aangevoer hoewel die gesin gebruik wil maak van ʼn hoër lewenstandaard in Nieu-Seeland en beter ekonomiese geleenthede, kan dit nie as “buitengewone humanitêre omstandighede” geag word nie. Die tribunaal het gesê die familie was nie haweloos voordat hulle na Nieu-Seeland verhuis het nie en het ook nie bewys dat hulle haweloos sal wees indien hulle na Suid-Afrika terugkeer nie. Die tribunaal het ook die hof daarop gewys dat Jonathan aanvanklik alleen na Nieu-Seeland gekom het om ʼn beter inkomste te verdien en sy gesin in Suid-Afrika agtergelaat het.

Die hof het in die guns van die Immigrasietribunaal beslis.

Andrew Riches, die Davies-gesin se regsverteenwoordiger, het gesê die egpaar oorweeg dit nou om verder teen die hofbeslissing te appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

m ·

Sjoe dis sleg. Kyk net hoe gaan dit met ons gesondheidstelsel, hier is enige een welkom om in die land behandeling te kry. Dis miskien hoekom ons staatshospitale so lyk want hulle kan nie die druk hanteer nie en niemand betaal vir niks nie…..

Frederik ·

In ons staatshospitale word mense nie behandel nie. Hul word mishandel.

Afrikaanse Knaap ·

Hoekom kon die ouers nie net aanvoer dat hulle self vir haar mediese sorg sou betaal nie?

Liz ·

Dit gaan nie net oor mediese kostes nie.. dit gaan ook oor al die hulp wat sy sal nodig hê in skool… die kostes word net al meer en daardie familie sal dit nooit kan bekostig nie.. ongelukkig het NZ reels en hulle moes hulle huiswerk gedoen het om seker te maak hulle kwalifiseer… dis egter baie hartseer

melissa ·

Want private mediese sorg is New Zealand is baie duur, nie iets wat die familie sal kan by hou langtermyn nie.

Tersia Claasen ·

Medies is baie anders as in SA. My buurvrou is blind. Die staat betaal haar verblyf, huis word twee keer weekliks skoon gemaak. Een keer per week word sy winkel toe geneem. Sy kry ‘n weeklikse toelaag. Word ten minste een keer per week deur iemand besoek om haar emosionele toestand na om te sien.

Alida ·

Dit is waarskynlik baie duur mediese sorg wat in Suid-Afrika in die private gesondheidsorgbedryf ook beskikbaar is, maar wat hulle nie hier kon bekostig nie. Daarom het hulle New Zeeland toe gegaan waar hulle dit gratis wou kry. Dit is nie ongewoon dat eerstewêreldlande verblyfreg weier aan mense wat gesondheidsprobleme het nie. Die ouers moes hul huiswerk daaroor gedoen het.

My bydra ·

Agge nee dis glad nie regverdig of mooi van Nieu- Seeland om n 5 jarige kind so te behandel nie! Dis nie menslik van daardie land nie! Ek bid vir daardie arme ouers wat deur soveel trauma en drama moet gaan agv diskrimenasie van daardie land! Ekt regtig nie woorde wat beskryf hoe ek as n ouer sal voel as so iets met my moet gebeur nie. Sterkte vir die dogtertjie en die gesinnetjie wat daar onderlei mag God vir julle n uitkoms gee.

Liz ·

NZ het reels en regulasies, en hulle voldoen nie aan die vereistes nie… as NZ enige persoon aanvaar sal dit ‘n groot oorlas wees op NZ se gratis mediese stelsel… hulle moes ongelukkig hulle huiswerk gedoen het voordat hulle die land ingekom het…. ek voel egter jammer vir die familie.

MissDemeanor ·

Dit is ewe onmenslik om nie mense wat vlug van oorlog in Yemen, Libiee en Siriee in te neem nie.

Tersia Claasen ·

Die ouers het gefouteer. Hulle was bewus van die voorwaardes voordat hulle hierheen gekom het. Jy ken al die reels deeglik. Hulle is eers gestuit toe die dogter vir die eerste keer noodsaaklik vir ‘n medies moes gaan. Die ouers moes gedink het voordat hulle NZ die boelies wou maak. Hulle is die boelies.

Daan Erasmus ·

En dit nou ‘n beskaafde land. Ek is sprakeloos. Gesels gerus met Suid Afrikaners wat daar is. Hulle is altyd “inkommers” en onwelkom.

johannes ·

Ek stem nie saam met jou nie Daan Erasmus.Bewys jou feite of sogenaamde feite.As Suid Afrikaners nie daar welkom is nie hoekom is daar dan so baie Suid Afrikaners daar.Ek wil nog iets noem in 2011 was daar op KYKNET ‘n documenter oor NZ en het dit opgeneem en wat ek in die documenter gesien het is net die teenoorgestelde van wat jy se.Ek voel regtig baie jammer vir die gesin en bid dat daar wel ‘n lig sal skyn vir hulle.

Liz ·

Dis juis hoekom dit ‘n beskaafde land is… hierdie familie het nie aan die reels voldoen nie.. slegs die pa was ‘n visa toegeken en die familie as visitors.. omdat hulle geweet het die dogtertjie sou nie kwalifiseer op ‘n visa nie.. hulle moes egter huiswerk gedoen het…. ongelukkig is daar reels in NZ, dis hoekom die land werk…. gesels gerus met SA’s wat hier is.. as jy nie welkom hier is nie het jy definitief nie probeer om in te pas nie… ongelukkig wil SA’s ‘n klein Suid Afrika hier stig en dit sal nie werk nie…. hier is ons in hulle land en kultuur en moet aanpas….

Claire ·

That is rubbish, we have been living in Dunedin for 7yrs, the people have accepted us and we have made the most amazing friends. This is THEIR country, so when you come here, respect them and their rules. This is exactly why other countries are hesitant to take in foreigners, they want to take advantage of their amazing infrastructure, and throw a hissyfit when they don’t get away with it. Their infrastructure has been built with the blood, sweat and tears of the tax paying citizens of NZ, and as sad as this situation is, they are in no way to blame for the situation the family now find themselves in. As it says in the article, the husband came through on a work visa, and the next moment the wife, children and the grandmother arrive as well? Every country has its rules and regulations pertaining to visas, and if you don’t comply you can’t blame the country or try emotional blackmail.

Annie ·

Onwaar!! Mense is baie gelukkig hier. As jy ñ besluit neem om te immigreer moet jy na al 3kante van ñ muntstuk kyk. Voorkant agterkant en die middel. Oorweeg al jou opsies en kyk wat is die land se vereistes en hou daarby. Mense kan nie na ñ land gaan en sy wette wil verander nie. Dan neem immigrante en selfs onwettige immigrante jou land en sy stelsels oor. Medies behuising skole dienste ens. Ek voel regtig jammer vir die gesin. Want die klein landjie is pragtig en word goed bestuur. Mense word oral in ag geneem. Vir my kinders wat hier bly en veral in hul werks omstandighede voel en word hul behandel soos konings. Hul word ordentlik betaal met hope voordele. My 5c van die gesprek.

Kiwitjie ·

Ons is al n jaar lank in N.Z. Ons het n New Zealandse familie wat ons behandel asof ons familie is. Ons word orals saamgenooi en woon selfs familie bymekaarkomste by. Die Kiwis is n nasie wat my herinner aan die ou boere tannies. Innemend en gasvry. Ons kind is vry en ons slaap met deure oop! Glo my ek het baie meer onwelkom in S.A gevoel. Doen julle kinders n guns en moedig hulle aan om te immegreer.

Elsabe van Wyk ·

Ons woon reeds 17 jaar in die pragtige Whakatane, Baai van Oorvloed. Ek kan uit eie ervaring se die NZlanders is gawe mense wat ons van harte verwelkom in hulle lewens. Gesiggestremdes kry besondere hulp in onderwys, persoonlike versorging en medies. Ons medies hier is gratis en van die hoogste gehalte. Ek werk in die staatssisteem in geestesgesondheid. In ons dorp is daar geen waglys om ‘n kliniese sielkundige te sien nie, en dit kos jou nie ‘n sent uit jou sak nie. Van die vier sielkundiges in die dorp kan drie afrikaans praat. Suid Afrikaners is nie die enigste land wat hierheen immigreer nie, dieselfde reels geld vir almal. My hart gaan uit na ‘n gesin wie hier kon voel hom om te leef sonder korrupsie en geweld, maar nou moet terugkeer.

Rose ·

Dit is baie hartseer. Hulle probeer maar net ‘n nuwe en beter lewe maak. Sterkte aan hulle.

Nettie ·

Jip, as jy in Rome is, moet jy maak soos die Romeine sê ….. Dit is hoekom lande soos Kanada, Nieu-Zeeland en Australië werk en SA NIE werk nie. In SA kan elke Jan Rap en sy maat, elke sort misdadiger (soos Dewani) inkom en kom kuier/woon/werk (en dan misdaad pleeg). Dit is hoekom ons staats-mediese dienste en hospitale is soos wat dit is: 100’e der 1000’e ‘inkommers’ wat inkom en kamstig ‘asiel soek’, om dan nooit weer te vertrek nie en ‘n las vir die belastingbetalende, wettige inwoner van die land is – op maatskaplike wyse deur SASSA-geld te trek vir elke kleintjie wat hulle jaar-na-jaar verwek en op ekonomiese wyse deur verder misdaad te pleeg en te steel wat hulle wil hê. SA IS MOS DIE LAND VAN “MELK-EN-HEUNING”. Na regte gesproke, is die vrou en haar kinders onwettig in NZ; hulle is slegs daar op werker- en besoek-visums. Hulle moes inderdaad hul huiswerk gedoen het en van meets af aan eerlik gewees het en gesê het hulle beoog om NZ hul nuwe tuiste te maak. Daar is die regte en verkeerde manier van ‘n ding doen, en hulle het dit op laasgenoemde wyse gedoen.

Rose ·

Ag ou Nettie, ons praat van ‘n klein en siek blinde dogtertjie. Ek hoop hulle kom reg.

Nico ·

Rose. Ek deel hou pyn. Maar dit gaan oor die behoud van ‘n nasie. Hoop egter hulle vind in hul hart dat die res van die gesin genoegsaam bydra tot die ekonomie.

Jonathan ·

Dit is hoekom dit so goed gaan in die ander lande
Ek was 5 jaar daar gewees nog nooit onwelkom gevoel nie

Nettie ·

Ag ou Rose, as hulle spesiale reëlings moet maak vir een persoon (‘n kindjie van 5), moet hulle dit op die ou einde vir 1000’e doen – anders word daar weer DISKRIMINASIE!!! geskree. Feit bly staan, die ouers het geweet dat die kindjie nie aan die (streng) mediese toelatingsvereistes van NZ voldoen nie, maar steeds die kans geneem om op werkers- en besoekersvisums die land binne te gaan. Soos een commentator hierbo gesê het, is die behandeling en ondersteuning wat gestremde mense in NZ kry, baie meer intensief as in SA – NZ SE REGERING STOP NIE NET HUL EIE SAKKE VOL EN sê “te duiwel met die res” nie. Hulle sórg vir hul gestremdes, met goeie mediese sorg, maatskaplike bediening en fisiese hulp asook finansiële onderhoud. Daardie dogtertjie gaan groot word; sal dalk nie kan werk in ‘n normale omgewing nie (nie dat gestremdes nie kan werk nie) en sal dan m.a.w. deur die NZ regering versorg moet word. Sien dit so in, toe?

Arsène Lupin ·

Ek sit tussen 2 vure oor hierdie saak. Eerstens, stem ek saam met N.Z. die pa alleen het ‘n werkspermit gekry, en het die gesin daarna gevolg. Hulle het presies geweet wat hulle doen, toe hulle soontoe is, en het hulle gekoop op beter medies, en behandeling vir hulle kind. Aan die anderkant kan ek verstaan dat as ouer wil ek ook die beste vir my kind hê, en is N.Z. ongevoellig, hoe kan hulle ‘n kind van haar gesin wil skei. Sterkte aan die gesin, en mag die son wel weer vir julle ook skyn.

Donovan ·

dit gaan nie net oor n 5 jarige dogtertjie nie, as jy oor gewig is kry jy ook nie n visa nie. as jy HIV is kry jy ook nie n Visa nie… Reels is gemaak en hulle hou vol daarmee… Dissiplinne is belangrik en in RSA het ons absoluut dit verloor… Wees eerlik van die begin en kyk waarna die geleentheid lei… dit help nie n mens begin nou klippe gooi nie… daar is reels en bly by dit…

Lalla ·

Nooit, in die land van melk en heuning gebeur sulke goed. Kan dit nie glo nie!! Ek dog dis so wonderlike land. Net so wonderlike soos hulle rugby wat meer spelers op die veld het as wat toelaatbaar is, maar nogsteeds gebeur niks met hulle nie. Nee dankie, hou maar julle koue land vir julleself!!! Hoekom moet hulle self vir haar medies betaal as haar pa ‘n werkvisum daar het. Nee jammer, jy vat die goed saam met die sleg. Jy kan nie ons ondervinding wil gebruik en dan as iets jou nie pas nie, dan wil jy nie help nie. Pateties NZ, geen wonder ek wil nooit daar gaan bly nie, gedink iets is nie lekker nie.

melissa ·

Jy woon natuurlike in SA waar dit die land van melk en heuning is en die staat mediese sorg wonderlik is ne – soos hier in NZ! Ongelukkige is daar reels by immigrasie en as jy ‘n pre excisting mediese probleem het dan sal jy weet dit sal jou kans om hier die bly verminder en as jy nie ‘n permanente inwoner hier is (of in SA) dan kan jy nie verwag om volle mediese sorg verniet te kry nie. Die land kan nie al wat sieke inneem wat net hier is op ‘n werks visa en ons moet tax betaal om hulle te versorg!
Jy mis uit om hier te bly maar dan wil ons ook nie mense soos jy hier he nie so bly maar in die land van “melk en heuning” .

Sonskyn ·

Lalla, ek stem saam met jou!! n Land soos New Zealand is seker so “perfek” dat hulle nie ook gestremdes het nie! Wat gebeur as n immigrant van SA of enige ander land gestremd word terwyl hulle daar werk? Is hulle dan nog steeds goed genoeg om daar te kan bly?? NZ moet oppas vir “karma” wat hulle ook kan tref!

Valie ·

Ag Lalla net nie dit nie!!! Die Hele NZ is nou in trane dat jy nie Kom nie!!!!

sug ·

Lalla, NZ het nie die ouers gevra om soontoe te gaan nie. Dit was hule eie keuse, en hulle moes seker maak van hulle feite en status. ‘n Vriend van my is al 20 jaar gelede NZ toegang geweier omdat hul een kind ‘n mediese probleem gehad het. Dis niks nuut en ek stem 100% saam met NZ. Dit is hulle keuse wie hulle toelaat en wie nie.

Bennie ·

Agge shame Lalla, NZ se regstelsel werk…dis hoekom dit so goed gaan daar. Ek stem saam met Nettie…hier in SA maak almal soos hulle wil…geen reels en geen wette nie….soek jy assylum..welkom in SA!!!! Moenie worry nie ons taxpayers sal vir julle sorg…..As ek nie so oud was nie was ek lankal oor…my oge het te laat oop gegaan. Geniet dit daar in die land van die silwer varing

Ai ·

Ja, Demokrasie beteken dat daar geen diskriminasie mag wees teenoor enige een nie….maar net wanneer dit n regering pas.

Duidelik is die gesin nie NZ burgerskap gegee nie so ek kan nie sien hoe hulle in elk geval voordele kan kry van die regering nie, of laat NZ toe dat nie-burgers voordele trek mits hulle nie gestremd is nie?!

Baie hartseer maar wys maar net weereens hoe onbeskaafd die beskaafde eerste wereld lande ook maar is. Meng in in ander lande se politiek en as die mango die fan slaan wil hulle nie juis mense help wat basies vlug nie.

Elsabe van Wyk ·

Daar is ‘n proses om te immigreer. Visums en dan 5 jaar later eers kan mens aansoek doen vir burgerskap. Mense met permanente residensie is geregtig op gratis medies

Lollie ·

Eintlik baie tragies en die gesin gaan beslis deur ń moeilike tyd. Ek moet egter sê dat dit ń goeie ding is en almal word onder dieselfde kam geskeer daar. Die land wil nie mense vat wat net ń uitgawe sal wees nie. Ek wens elke land wil dit doen dan sal elke land se eie burgers voordeel trek. Jammer vir die gesin maar dit is nie die eerste keer wat ek soortgelyke storie hoor nie. Mense moet hulle huiswerk goed doen voordat hulle sak en pak verhuis.

Harambe ·

En dan moun die mense oor die VSA wat nie “gratis” medies het nie. Gelukkig in die VSA kan jy vir jou mediese versekering aanskaf (gewoonlik is dit deel van jou salaris pakket soos hier in SA). So dalk moet mens maar eerder probeer om in een van hulle beter state (enigeen met ‘n lae nie-wit populasie en goeie -m.a.w. min of lakse- vuurwapenwetgewing).

Theresa ·

Sien hul praat van die mense was nie haweloos voordat hul soontoe verhuis het nie. Wat ‘n nagmerrie as diesulkes sou oorsuiker. Wat ‘n probleem om dan uit te sorteer! Ook dat die meisietjie se geval “waarskynlik” baie mediese onkostes sal meebring. Indien die ouers onderneem om elke “waarskynlike” koste self te betaal – sou dit kon werk? Albei (as ek reg verstaan) ouers het werk en is goed genoeg gevind daarvoor. Kan dit nie op gronde daarvan heroorweeg word nie? Dis nie asof die mense plak en als verniet verwag nie?? Het iemand ‘n antwoord hierop?

CF ·

Ek sal dit nou nog minder oorweeg om daar te gaan bly! Haar gebrek word nou teen haar gehou! Waar is die menslike aspek dan?

Andre ·

Shjoe, dit is baie hartseer, maar ongelukkig is dit die reels. Mens kan nie verwag ‘n ander land moet met die kostes op gesaal sit nie. Dit is ook nie regverdig teenoor hulle nie. Ek is tans besig met immigrasie visums na die VS en hulle is maar dieselfde as dit by jou gesondheid kom. Dit is ongelukkig hulle reg om mense to weier.

Minder deernis ·

Mens het baie begrip vir die gestremde mense maar geen land kan net eindeloos ander lande se immigrante gratis of gesubsidieerde mediese sorg bied nie, daar is eenvoudig nie geld daarvoor nie. Die man in die storie is darem ‘n wettige immigrant en betaal belasting daar, hoeveel van ons immigrante kan dieselfde se? So ja, dis swaar vd mense wat nie sorg kry nie, maar’ n land moet eers na sy eie mense omsien en iewers moet jy ‘n streep trek.

Joey ·

Net ‘n vraag, se nou net daar gebeur iets met die gesin en net die 5 jarige bly oor, waar gaan sy heen en wie gaan vir haar sorg?

NS ·

Ja-nee wat sê hulle nou weer van die groen gras aan die anderkant van die draad?

R Bosch ·

En die res van ons (wat nog oor is) moet maar opsnork terwyl elke Tom Dick en Harry van buurlande en ander lande ons land binnedring en al ons bronne besteel en of uitput. SA moet strenger optree en ook wette begin toepas.

NuweKiewie ·

Ons bly nou al 13 jaar in NZ en het onlangs burgerskap gekry. Ons kyk nie terug nie! In die omgewing waar ons bly betaal ons minimaal vir dokters, maar moet maar in die lyn wag vir gratis gespesialiseerde dienste. Ja ons sal altyd uitlanders vir die Kiwis wees, maar dis OK! Ons gaan slaap elke aand in ons huise sonder tralies en sluit nie ons karre se deure as ons bedag rondry in ons mooi aangenome land nie. Dis lekker in NZ!!!

melissa ·

Ek sekondeer dit – Eks ‘n mede Safa Kiwi en dis die beste plek om te wees in hierdie staduim van die wereld.

Elsabe van Wyk ·

Kan net amen hierop se. Natuurlik is daar verliese om Suid Afrika agter te laat, maar hierdie pragtige land is goed vir ons.

Bennie ·

Geniet dit daar….wens so dit was ek….dit is ‘n pragtige land sonder staatskapings en bedrog

Cherokee ·

Terwyl ek simpatie het met die gesin en wens dat hulle op ‘n manier slaag en permanente verblyf kry, wonder ek hoeveel van die kommentators in hierdie berig kla somtyds oor die belastinglas wat die instroming uit Afrika op die belastingbetaler plaas. Ons kan nie kla omdat ons belasting vir vlugtelinge uit Afrika moet sorg en dan die Nieu-Seelandse regering verkwalik nie. Hierdie is ‘n saak waarvan die praktiese benadering totaal verskil van die simpatieke benadering.

MissDemeanor ·

Jis Cherokee, vanaand stem ek saam jou. Ek kry die familie jammer, maar hul is “economic migrants”. ‘n Wereld sonder grense sal nice wees, ook n wereld waar ons vir mekaar kan sorg. Maar dit sal nie so maklik wees nie.

Net-nog-'n- eier ·

Dit gee ‘n heel ander smaak in jou mond as jy self gestremd is.
Ek het nie die reg gehad om te kies of ek gestremd wil wees of nie, maar lande het die reg om te kies of hulle my wil huisves of nie?!
Twak, man!!
En net daarom moet ek in ‘n land bly waar ek kastig voorheen bevoordeel was?!
Weereens, twak man!!
Hoekom moet daar altyd van gestremdheid gepraat word in rande en sente eerder as menswees?
Dis meer as ‘n skande.
Dis ‘n vertrapping van menswaardigheid.

Avokado ·

Die gras is altyd groener aan die ander kant van die draad. Dit is omdat daar meer bollie is.

Ashlee ·

Dalk tyd om n eerste besoek in die buiteland te ervaar voor jy n mening lug Avokado. Jy sal werklik verstom wees, belowe jou.

Catryn ·

Ongelukkig is hulle nie die eerste en laaste nie, daar was ander gevalle ook
17 Februarie 2016 was dit ‘n outistiese seun van Belgie wat ook die land moes verlaat het en nie kans gesien het om te appelleer nie. Dis in die guardian. Hierin word ook verwys na die VN se regte , maar regerings maak self die immigrasie wette.
Voel jammer vir die persone, maar hulle moet maar terugkeer, al kom die vrou net eers terug maar gaan woon naby waar daar wel geriewe en skool is, ens.

Catryn ·

Wonder net wat maak enige land met al die siekes wat uit ander lande afkomstig is; hulle kom hier aan in SA of EU lande met diabetes, daar is tekorte en ook blindes; baie ander siektes moet daar ekstra mediese koste wees; en tog kry al die immigrante gratis alles in SA; lekker land hierdie wat alles kry en nog meer;

selfs die misdadiger, verkragters en moordenaars kry dit gratis terwyl slagoffers moet opdok en HOES en BETAAL;

terwyl ons meer as 400000 moorde het sedert 1994, is daar beslis nie 400000 moordenaars in ons tronke nie

TANS gee die regering meer as R12000 uit op ‘n misdadiger in die tronk en dis baie meer as vir ‘n pensioenaris of iemand wat nie in staat is om te werk nie (burgers van die land) ..

De la Rey ·

Natuurlik werk dinge baie beter in NZ! Dit is moeilik om in SA te leef met soveel negatiewe dinge wat gebeur en omstandighede wat meer uitdagend raak. Hier moet ‘n mens dikwels alles prysgee vir boosgwigte, maar gelukkig darem nie jou familie, taal en kultuur nie. Die belangrikste oorweging is egter dat NZ ‘n sekulére land is. Die kans dat jou kinders en kleinkinders die Here gaan dien is uiters skraal. In SA het ons egter nie ‘n keuse as om op God te vertrou nie. Ons wat bly verstaan dat ander wil aanbeweeg maar stap in geloof met ‘n roepingsbewustheid! Jou kans om hier ‘n verskil te maak is soveel groter!

Onthou ook: die geskiedenis is nog nie verby nie. Die wiel draai. Sterk staan SA’ners wat vasstaan en vertrou!

Pastoor ·

Ek bly al amper 59 jaar in my land. My groot vaders het gekom van Duitsland en Frankryk. My geslagte le begrawe hier in die land Suid Afrika. My klein kinders praat afrikaans en engels. Ons blyagter tralies en 2 meter eletriese heinings en rolle doringdraad. My kar het alarms in en my huis is sensors. Ons bid en lees elke dag ps 91. Ons braai gaan deur die week kerk toe. Le laag oppi grond voor Vader. Daarom is Suid Afrika in my bloed. Kersfees sing ons familie saam eet saam AFRIKA SE SONSKYN OOP VELD IS IN MY BLOED. EK BLY HIER. My voorsade se bloed het gevloei. Trots Suid Afrikaans warm son.

Boerbok ·

Sê my: Wat maak diskriminasie teen gestremdes meer aanvaarbaar as teen ras, geslag of geloof?
Miskien die geld wat betrokke is?!
Ek is gestremd, maar is ekonomies aktief en betaal my belasting soos al die res.
En ek is al net mooi gatvol om as halwe mens gesien en behandel te word.

Lorence ·

@Christa, jy verstaan duidelik nie hoe werk die visas nie. Hy’s nie n inwoner nie, ook nie n resident nie. Gaan download net die aansoeke, dan sal jy sien. Ons government moet erens die lyn trek.

Pieter ·

Dit is `n geval van bo blink en onder stink.Hulle diskrimineer teen gestremdes en siek mense.Dis nou nie `n geval van honderde mense nie, dis 1 dogtertjie. Hulle vergeet gerieflik haar pa werk in die land tot die land se ekomiese voorspoed en welvaart. Ja, SA is n land met groot probleme maar op die einde van die tog n beter land om in woon.Tenminste diskrimineer SA nie teen gestremde en siekte toestande van mense en kinders. Alle Staat hospitale is nie sleg nie.

Stefaans ·

Dit gaan hier oor blote menslikheid teenoor ‘n gestremde kind. Ek besef dat dit vir die staat (belastingbetaler) bykomende uitgawe sal beteken in terme van mediese sorg ens. New Zealand neem jaarliks ‘n groot aantal “refugees” in, baie daarvan ongeletterd, sonder basiese kennis van Engels. Hulle ontvang alle voordele gratis, insluitende medies, huisvesting en werkloosheidstoelae. Suid Afrikaners, wat bereid is om te werk, word nie gehelp nie. ‘n Suid Afrikaner, wat werk as ‘n kok, se aansoek om permanente verblyf is onlangs afgekeur omdat hy te vet is, terwyl ruim ‘n derde van die plaaslike inwoners aan vetsug ly, insluitend ‘n hele paar kabinetsministers. Dit wil voorkom of daar verskillende reels vir sommige mens is. Ek sal nie verbaas wees as dit die spook van apartheid is wat nog steeds sy kop uitsteek nie.

Gerhardt ·

Die artikel verskaf te min inligting om ‘n beslissing te maak van die saak. Indien die vader sy kind op ‘n slinkse manier probeer hervestig het in Nieu-Seeland, dan moet hy nou bereid wees om vir die nagevolge daarvan te betaal. Onder sekere omstandighede sal God se gawe ons beskerm, dog partykeer laat Hy ons-ons die nagevolge van ons sondes uitleef. God se besluit hieroor hang af of Hy wil he dat ons moet leer uit ‘n saak en of Hy voel ons het die les klaar geleer. Dit is wel belangrik dat alle betrokke partye die regte ding doen voor God se oe want Hy sal beslis en ongeregtigheid nie ongestraf laat bly nie. Die regering sal gemeet word aan hulle immigrasie beleid en wat se grasie hulle toegelaat het vir die kind se omstandighede. God se hart is natuurlik baie sag vir kindertjies so ek hoop die besluitnemers verstaan mooi die erns van hulle besluit, en die toekoms in Suid Afrika wat hulle uitspreek oor die dogtertjie. Die saak kon baie goeie publisiteit gewees het vir Nieu Seeland op grond van humanitere besluite, dog is besluit om ‘n standpunt in te neem en slegte publisiteit te aanvaar. Daar is ook ‘skade’ kostes betrokke met besluite wat slegte publisiteit inhou, en ek hoop dit was in berekening geneem met die kostes om so ‘n kind te kon huisves in Nieu Seeland. As die kostes mekaar ewenaar, dan sou ‘n wen-wen besluit ‘n beter opsie gewees.

Sharon ·

So gaan dit in die wereld. Die kindjie is HAAR PA SE KIND. Hy moet in elk geval vir alle mediese onkostes betaal want hy is nie permanente burger of burger nie. Hulle kon beslis het dat die familie terug RSA toe moet gaan sodra die werksvisum verval het. Fork weet, ek haat als wat in die wereld verkeerd gaan. HAVE A BLOODY HEART NZ – SHE IS ONLY 5 YO.

Daan ·

Daar is 95 000 Suid Afrikaners in NZ.Die room van ons land wat ‘n geweldige bydrae maak tot hul voorspoed,maar hulle kan nie genadig wees aan ‘n baie klein persentasie familielede wat mediese hulp mag benodig nie.

Lorence ·

En al die ander 100 000’de mense? Moet ons vir almal genadig wees, en dan oor 3maande sit ons met n klomp mense wat n 2jaar visa het, wat net medies kom soek? Nee wat, dis bad, dis hartseer maar dis tog reg.

Blikemmer ·

En so het ons almal maar ons probleme. Help nie om weg te hol daarvan nie. ‘n Hartaanval of Kanker voel bly dieselfde ding, ongeag van waar jy jouself bevind.

poplap ·

Dit is bitter hartseer – my hart breek vir die gesin.

Maar die van julle wat NZ so uitkryt – ons wat in SA gebore is, en in NZ woon en vir familie in Suid-Afrika wil gaan kuier nadat ons NZ burgerskap gekry het, moet aan ‘n klomp visum vereistes voldoen om in Suid-Afrika te kan ingaan. Oa ‘n gesertifiseerde kopie van jou gasheer in Suid-Afrika se ID dokument, drie maande se bankstate om te wys jy het voldoende fondse en ‘n onderneming dat jy nie van die staatsmedies sal gebruik maak nie. Vir die mense wat in SA privaatmediese sorg gaan kry moet daar bewys wees dat die fondse beskikbaar is om dit te betaal. Dan moet jy in persoon gaan aansoek doen om die visum (of in Wellington of in Auckland) wat beteken as jy nie daar woon nie, jy dikwels baie reiskoste moet aangaan om daar te kom. Daar is ook SA gebore mense wat NZ paspoorte het en dalk op ander plekke in die wereld woon – en hulle moet maar eenvoudig reiskostes inreken en terugkom na NZ om aansoek te doen vir hul visum om na SA te gaan.

Alida ·

Poplap, dit is maar presies dieselfde vereistes as waaraan ‘n Suid-Afrikaner moet voldoen wat ‘n Schengen-visum wil hê en Europa wil gaan besoek.

poplap ·

Nee Alida, nie heeltemal nie.

weet jy hoeveel mense wat gebore is in SA, voorheen belastingbetalers van SA was, en van goeie karakter is, en genoeg geld in SA sou spandeer afgesit word hierdeur? Dit is jammer – toerisme is belangrik vir SA – hulle het mos onlangs R9.6 miljoen spandeer aan een firma om te help met toerismebemarking na SA – maar maak dit moeilik vir gebore SAners om te gaan kuier.

Die hele proses voel soos “spitefulgeid”. Groepe wat kleiner is as 8 mense moet elkeen in persoon gaan aansoek doen by die konsulaat / visa agentskap. Hulle sal die paspoort na jou koerier wanneer hulle een dag klaar is daarmee

Daar is mense wat n dag se toustaan in Wellington hul kaartjie kanselleer / uitstel omdat die visum nie ‘n week nie maar 3 weke+ gevat het om uit te reik – wat maak dat hulle nie ‘n begrafnis, troue of ander familie geleentheid kan bywoon nie

darem kan mens ‘n afspraak maak met die Schengen lande en jy weet jy kry jou visum binne 2 of 3 dae

Of ‘n gesin met ‘n NZ paspoorte wat in Perth bly en vir hul bejaarde ouers / grootouers wil gaan kuier wat skielik met geweldige reiskostes sit omdat die SA ambassade in Australie nie ‘n visum mag uitreik nie. Die gesin het maar hul reis na SA kanselleer omdat dit baie duur (geld en tydgewys is) is om van Perth na Wellington te reis

Lorence ·

Dit klink erg, maar dis hoekom ons sulke top staatshospitale het in NZ, dis nie net een kind nie, daar kom 100’de om die hulp so te verkry. Dis hartseer ja, maar dis hoe dit werk, lande regoor die wereld werk so.

Amanda ·

Niemand kan niks verander. Die lewe is n harde uitdaging. Onderwerp jou aan jou omstandigheid.

Tammeletjie ·

Dis nou ‘n Tammeletjie.
Wat van as die ouers die reëls NAGEKOM het. Bv Hoekom het hul die dogtertjie nie net laat uit die land gaan en weer terug kom vir besoekers visa se hernuwing nie? Daar is ALTYD ‘n regte uitweg. Doen altyd die regte ding, moenie die skelm , leunagtige weg kies en dink niemand sal jul uitvang nie. Hier is baie Suid Afrikaners in NZ wat lieg en bedrieg en hulle wat uitgevang word, gil die hardste en gooi die meeste tantrums. En dan moet julle hoor hoe sleg NZ is. Die stories hardloop soos Snoek in die Kaap oor hoe sleg NZ is.
Ja ek het ‘n hart oor die dogtertjie se penarie, maar die ouers moes van begin af die regte dinge gedoen het. Om as onwettige immigrant aan te bly het net die aandag op hulle gevestig as bedrieërs. En NZ neem dit ernstig op. Nie soos in RSA waar mense sommer ‘n geld nootjie laat val uit hul ID boekie as hulle te vinnig gery en uitgevang is nie, né?

Drommel ·

En so het ons almal maar ons probleme. ‘n Gebrek gaan met dieselfde pyn gepaard, of dit nou in SA is of in NZ is.

alida ·

Eerste wereld lande het wette en regulasies en dit gaan goed met hulle. Daar is nie wanorde, wetteloosheid en grootskaalse diefstal nie. SA is in hierdie morsige gemors omdat elke jan rap en sy maat hier kom plak en dink ons moet vir hulle sorg.

BontVarkie ·

Lorence, sou jy aanvaar het dat “dis hoe dit werk” en “dis tog reg” as dit jou kind of jyself was wat hier ter sprake is??
Amanda, dis nie die lewe wat hard is nie, maar mense se harte.
Een lewe is nie minder werd of meer moeite as ‘n ander nie.
Maar dis die boodskap waarmee gestremdes moet saamleef, dag na dag. As ons as gestremdes meer welkom in ons eie land was, sou daar meer rolstoel-akkommodasie en braille etikette gewees het.
En minder vooroordele…

Lorence ·

Ek sou ja, want ek gehoorsaam die wette, en immigrasie wette. Dat SA so teenoor gestremdes is, is SA se probleem nie ons in NZ sn nie. Saffas het mos anyway daai houding, die wereld skuld jul iets.

henco ·

Ja dis nz se wette,ma kiwe wil hul poppe uit die pram gooi in ander lande oor hoe hul behandel word.Dit bly n mens met n siel.Solank jy geleerd is en geld het is jy deel van die kliek,sonie wil ons jou nie he nie,ma kom ons preek vi ander lande hoe hul moet leef.Die ander lande gaan nz begin die selfde te hanteer en dan gaan hul n kleintjie kry,inteendeel het sa kla die visas ingebring met die soortgeleike waardes.Dis te lekker om n komentaar te gee en se hul moes geweet het.sies man jul harte is van klip.Hul is hier uit desperaadheid want hul word onderdruk in hul eie land .Dit is mos hoekom die meeste suid afrikaners in nz is. Jul wil oordeel ma jul mense wat so oordeel is die mense wat kla lekker veilig sit in nz.

Gemaine ·

Ek hoop nie jy kerm dan oor al die immigrante in SA nie, want daar hoef jy nie geleerd te wees of geld te he nie, dis mos hoe jy dit wil he? Hoop nie jy kerm as daar misdaad is nie, want dis mos verkeerd van NZ om sy wette met immigrasie toe tepas.

SARIE VAN HEERDEN ·

Hiedie mense het met ‘n goeddeurdinkde plan probeer werk maar ongelukkig het die hele storie geboemerang en is hul “uitgevang”. Jammer vir julle, maar dink volgende keer of julle ‘n waterdigde plan kan maak.

Henry ·

Sal so bly wees as Suid Afrika strenger reels het teen immigrasie, met n werkloosheid koers van 27%. Sien nie fout met NZ se uitvoering van gesonde regering nie………………….

Inka ·

Sjoe, ek dink almal wat hier so gemaklik verstaan hoekom NZ hierdie besluit gemaak het en wat geen simpatie het met die ouers nie, het duidelik geen eie ondervinding daarvan om ‘n gestremde kind groot te maak nie. In ons land is meeste gestremdes op hulleself aangewese, veral in terme van werksgeleenthede. Soos met enige ouer wat graag die beste vir hulle kind wil hê, en sal wens dat hulle kinders eendag op hulle eie voete kan staan, soveel meer is dit die geval vir ouers met ‘n gestremde kind. Om vir daardie kind die geleenthede te probeer gee dat hy/sy eendag dalk onafhanklik kan wees en ‘n sekere menswaardigheid kan hê. In my opinie gaan hierdie oor veel meer as ouers wat ‘n “las” wil wees op ‘n land en gratis mediese sorg wil hê, maar heel waarskynlik net twee ouers wat graag vir hulle ‘n kind die beste moontlike geleentheid wil gee vir ‘n kwaliteit lewe.

Gemaine ·

Dankie tog ek’s weg van al hierdie Saffas. Daar’s reels, ons NZ hou daarby, Saffas het seker al vergeet wat dit is om in n samelewing te leef waar die wette gehoorsaam word. Dit gaan nie oor dat sy n dogtertjie is van 5 nie, dis die reels, as jy obese is ook nee, as jy aids het, nee. Voor julle verder moan en kerm, gaan lees n bietjie eers. Trots op my land wat die wet toepas maak nie saak wat nie. PS. Nie net suid afrikaners kom hiereen nie.

leon ·

NZ se mense sal hul houding jeens die wereldprobleme drasties moet verander. Hul eilandreels sal getoets moet word aan die nood wat reg oor die wereld bestaan. Die land met sy bevoorregting sal moet plek maak vir ekonomiese en politieke vlugtilinge van Afrika, die Midde-ooste en Asie. Die wit bevolking van NZ is indringers en het nie vir die grond betaal nie. ‘n Bietjie meer as 100 jaar is die enigste verskil tussen die Europese settelaars en die siek dogtertjie van Afrika.

Neelsie ·

New Zealand is ‘n pragtige land met wonderlike mense waar mens in vryheid kan leef. Reëls is reels, klaar. Dit is juis waarom dit so goed gaan daar.

apie ·

ek sal graag soontoe emigreer as ek kan. Ek wil graag werk en bydra tot belasting en is gesond soos ‘n vis, my kinders is beide opgeleides, Is dit n groot verskuiwing? hier waar ons is, is min rassisme, min onmin – net die misdaadplaag wat vererger by die dag. skrikwekkend.

Daleen ·

En vandag, 13 Junie 2017 is daar nie EEN ENKELE staats onkoloog in die hele KZN provinsie nie, die laaste een het pas haar handsak gevat en gewaai; die rede; GEEN onkologie toerusting werk nie.. antwoord: kom ons koop ASB nog 100 lokomotiewe.. reëls of nie reëls, gaan kyk wat die bron is van enige persoon se rede om elders na LEWENSVERANDERENDE mediese hulp te gaan soek. Ek sak vanaand my kop in skaamte in hierdie republiek van ons. Sies !

Haans ·

Nou kyk nou! Elke huis het sy kruis! m.a.w elke land ook. As hul nou so onmenslik is om n kind van sy ouers te skei, sê dit ook “ouers kry die boodskap” Wat okal in S.A aan die gang was, Ons het menslikheid hier getoon. Nee wat dit wys net werklik wie hierdie lande anderkant die water is….Pateties! Nie getrou in die minste en die kleinste nie…..

Marsha ·

Ai ons afrikaners ,wyk altyd af en begin mekaar aanval.
Punt is :die man het oorsee gaan werk om meer geld te verdien.Met die geld wat hy daar verdien kan sy dogterjie die beste hulp denkbaar kry in Suid – Afrika want hy verdien genoeg om daarvoor te betaal.
Hy en sy vrou het presies geweet wat die reels van NZ.Nou probeer hulle die “system bypass”.
Nee wat sy en die kinders en skoonma/ma moet maar huis toe kom en die man kan bly en geld aanstuur.
En voordat julle begin gal afgaan – ek leef al so vir meer as 6 jaar en as jy dit wil laat werk sal dit werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.