Nig en neef in hospitaal ná bussie hulle tref

Bernedine Luther. Foto: Verskaf.

Bernadine Luther (13) en haar neef Gerhard Geyer (16) sterk tans in die hospitaal aan ná hulle Vrydagmiddag deur ’n man met ’n minibus raakgery is in Langenhovenstraat in Vanderbijlpark.

Sers. Gertrude Makgale, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die man het hom Maandag aan die polisie oorgegee.

Volgens haar het hy vandag in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur en tref-en-trap.

Die twee kinders was saam met ’n vriend op pad na ’n kafee in die omgewing toe die voorval plaasgevind het. Die bestuurder het glo voor ’n ander motor ingery, vermoedelik beheer verloor en bo-oor Geyer se been gery. Luther het glo die lug ingetrek.

Gerhard Geyer. Foto: Verskaf.

Marie Jordaan, die twee kinders se ouma, het aan Maroela Media gesê Luther word tans in die waakeenheid van die Chris Hani Baragwanath-hospitaal behandel en Geyer in die Sebokeng-hospitaal.

Geyer se been is gebreek in die voorval. Luther se nekwerwels is gekraak en sy het ligte harsingskudding.

Volgens Jordaan word die kinders binnekort na die Mediclinic Emfuleni in Vanderbijlpark oorgeplaas.

Luther lê al sedert Vrydag slegs op haar rug. “Sy het baie seer,” het Jordaan gesê. Geyer sal ook verskeie penne en plate in sy been moet kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Monica ·

My inige simpatie met di familie.

Ma regtig wat gaan aan met daai nekstuk is so iets verkeerd in di hospitaal of op ongeluks toneel opgesit.

Eers Maandag...? ·

Seker eers die alkohol vlak oor die naweek reg gekry voor hy polisie toe is….

MAGGIE ·

Mag julle altwee spoedig herstel sonder nagevolge! Baie sterkte ons dink aan julle en GLO julle sal volkome herstel.
‘n Minibus? m.a.w ‘n Taxi of is ek verkeerd?

Riana ·

Dit was nie n Taxi wat die kinders raakgery het nie, dit was n Hyundai H1 gewees.

Richard ·

Daai nekstut sit heeltemal skeef, die familie moet maar die foto hou ingeval hulle later nodig het om ‘n saak teen die provinsiale hospitaal te maak.

Sterkte ·

Ek hoop werklik julle twee sterk gou aan en DAGVAAR die ongeskikte mens wat dit aan julle gedoen het .. VERDER moet julle asb vir ‘n ANDER DOKTER vra, daai een kan nie eers ‘n nekstut aansit nie .. jou nek gaan skeef aangroei.

Piet Pompies ·

Volgens die Vaalweekblad het Tony Farina homself Maandag aan die polisie oorgegee ivm die saak. Dit het hom die naweek geneem om te besef hy gaan nie wegkom omdat die net al nouer om hom gespan het. Sy besigheid, Gauteng Rigging is nie vêr van die ongelukstoneel geleë.

Dankie ·

Dankie aan Vaalweekblad en andere vir die vastrek van ‘n roekelose bestuurder. Mag hy ‘n voorbeeld van gemaak word dat jy nie ‘n ‘tref-en-trap’-houding mag hê, maak nie saak of jy skuldig is of nie. Die oumense het ‘n uitdrukking gehad dat ‘jou turf sit’.
‘Tref-en-trap’ kan gebeur omdat die voertuig nie padwaardig is, die gebrek aan ‘n geldige rybewys, té hoë spoed, dronkbestuur, blatante nalatigheid en so kan ek aangaan.
Indien jy vrees vir jou lewe ry tenminste na die naaste polisiestasie.
Sterkte aan die kinders en familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.