Nigerië-ineenstorting: 4-jarige SA meisie lewendig gevind

Die gebou wat ineengestort het Foto: Channel NewsAsia

Die gebou wat ineengestort het Foto: Channel NewsAsia

ʼn Vierjarige Suid-Afrikaanse meisie is lewendig opgespoor ná die ineenstorting van ʼn gebou in Lagos, Nigerië wat tot die dood van 84 Suid-Afrikaners gelei het.

Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, het gesê die meisie, Zama, se verhaal het aan die lig gekom nadat ʼn verteenwoordiger van dié organisasie, Sheik Mohammed Jamie, besig was om vir Suid-Afrikaanse oorlewendes te soek.

Volgens Sooliman het die Suid-Afrikaanse ambassade in Lagos Donderdag vir Jamie die name van vyf hospitale gegee waar Suid-Afrikaners moontlik behandel word. Jamie is na die Subol-hospitaal waar talle Suid-Afrikaners hom herken het weens die Gift of the Givers-hemp wat hy aangehad het.

Een van die Suid-Afrikaners wat gered is, het Jamie ingelig oor Zama. Sy word steeds in die hospitaal behandel. Dit is nog nie duidelik of Zama se ouers die ineenstorting oorleef het nie.

Volgens Sooliman is beamptes van die ambassade sowel as plaaslike owerheid baie hulpvaardig. Die SAUK het Vrydag berig dat 84 Suid-Afrikaners in die ineenstorting dood is. President Jacob Zuma het vroeër die week gesê dat 67 Suid-Afrikaners omgekom het.

ʼn Gebou van TB Joshua, ook bekend as “Die Profeet” aan sy volgelinge, se Synagogue Church of All Nations het verlede week Vrydag ineengestort.

Lees ook:
Nigerië-ineenstorting: SA-dodetal styg
TB Joshua ontken versuim om saam te werk
Ineenstorting by TB Joshua-gebou: SA-noodwerkers weggejaag
Joost het nie met Nigeriese prediker ontmoet nie
Ineenstorting by TB Joshua-gebou: Dodetal nog onduidelik
67 SA’ners sterf in Nigerië by TB Joshua-gebou
SA’ners dalk geraak deur ineenstortings in Nigerië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.