Nigerië-ineenstorting: Beseerdes nog nie ontslaan nie

Suid-Afrikaners wat beseer is toe 'n gebou in Nigerië ineengestort het, het op 22 September 2014 by Swartkop-lugmagbasis in Pretoria geland. Foto: Werner Beukes/SAPA

Suid-Afrikaners wat beseer is toe ‘n gebou in Nigerië ineengestort het, het op 22 September 2014 by Swartkop-lugmagbasis in Pretoria geland. Foto: Werner Beukes/SAPA

Nie een van die 25 Suid-Afrikaners wat oorleef het nadat ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, is al uit die hospitaal ontslaan nie.

“Die dokters het gister nog toetse gedoen en die nodige mediese behandeling aan die pasiënte verskaf,” het Joe Maila, woordvoerder van die departement van gesondheid, Dinsdag gesê. “Hulle het almal verskillende beserings opgedoen. En die erns van hul beserings verskil.”

Die beseerdes is Maandag by die Steve Biko Akademiese Hospitaal opgeneem nadat hulle in Suid-Afrika geland het.

Maila kon nie bevestig watter beserings die pasiënte opgedoen het of hoeveel persone operasies moet ondergaan nie.

Die SAUK het Maandagaand berig 10 van die beseerdes is reeds geopereer. Die openbare uitsaaier het berig meeste persone het beenbreuke opgedoen.

Minstens 115 mense, waaronder 84 Suid-Afrikaners, is dood en talle vasgekeer toe ʼn gastehuis van TB Joshua se Synagogue Church of All Nations op 12 September ineengestort het.

Ongeveer 350 Suid-Afrikaners was in Lagos om die kerk te besoek toe die gebou ineengestort het. Joshua, ook bekend aan sy volgelinge as “The Prophet” of “The Man of God” het onderneem om die oorlewendes en hul naasbestaandes in Suid-Afrika te kom ontmoet.

Intussen het die ANC-jeugliga die Suid-Afrikaanse regering versoek om nie ʼn visum aan Joshua uit te reik “voordat ons weet wat met ons mede-landsburgers gebeur het nie”. “Ons sal in gesprek tree met die departement van internasionale betrekkinge om seker te maak dat ʼn visum nie uitgereik word nie,” het Bandile Masuku, woordvoerder van die ANC-jeugliga, gesê.

Lees ook:
Nigerië-ineenstorting: Beseerde SA’ner keer terug na kerk
Nigerië-ineenstorting: Oorlewendes land in SA
TB Joshua wil Suid-Afrika besoek
Nigerië-ineenstorting: 4-jarige SA meisie lewendig gevind
Nigerië-ineenstorting: SA-dodetal styg
TB Joshua ontken versuim om saam te werk
Ineenstorting by TB Joshua-gebou: SA-noodwerkers weggejaag
Joost het nie met Nigeriese prediker ontmoet nie
Ineenstorting by TB Joshua-gebou: Dodetal nog onduidelik
67 SA’ners sterf in Nigerië by TB Joshua-gebou
SA’ners dalk geraak deur ineenstortings in Nigerië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jakoos ·

Ek sien die Biko-hospitaal in Pretoria (wat nou nie wereldwyd bekend kis vir die gehalte van sy mediese dienste nie!) kla bitterlik oor die “swak” mediese behandeling wat die mense in Nigerie gekry het!

Laat dit ‘n les wees vir die van julle wat dit in Afrika in waag – veral agter skelmapostels soos hierdie TB javel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.