Nigerië-ineenstorting: Laaste liggame terug in SA

Die oorskot van die afgestorwenes wat op 16 November 2014 in Suid-Afrika aangekom het. Foto: @haroldmaloka, Twitter

Die oorskot van die afgestorwenes wat op 16 November 2014 in Suid-Afrika aangekom het. Foto: @haroldmaloka, Twitter

Die liggame van die laaste 11 persone wat in Nigerië gesterf het toe ʼn gebou by TB Joshua se Synagogue Church of All Nations ineengestort het, het vroeg Vrydagoggend in Suid-Afrika aangekom.

Die C130 militêre vliegtuig wat die liggame vervoer het, het omstreeks 01:15 by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria geland.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het gesê die regering wag nog vir antwoorde van Nigeriese owerhede oor die oorsaak van die ineenstorting wat vyf maande gelede die dood van 85 Suid-Afrikaners veroorsaak het.

“Ons is nes die slagoffers se families gretig om uit te vind wat daar gebeur het,” het Radebe Vrydag aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Ons voel dat wie ook al verantwoordelik is, die nagevolge moet dra.”

Die oorskot sal van die lughawe na die naaste regeringlykshuise vervoer word voor dit aan die families beskikbaar gemaak gaan word.

Die ander 74 liggame is reeds op 17 November na Suid-Afrika gebring waarna hulle privaat begrawe is.

Altesaam 116 mense is op 12 September dood toe die gastehuis in Lagos ineengestort het.

Lees vorige berigte oor die ineenstorting op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.