Nigerië-ineenstorting: Liggame kom dalk einde Oktober huis toe

Die gebou wat ineengestort het Foto: Channel NewsAsia

Die gebou wat ineengestort het Foto: Channel NewsAsia

Die liggame van meer as 80 Suid-Afrikaners wat gesterf het toe ʼn gebou by TB Joshua se Synagogue Church of All Nations in Nigerië ineengestort het, word moontlik teen die einde van Oktober teruggebring na Suid-Afrika, het City Press berig.

“Ons kyk nou na drie weke,” het prof. John Obafunwa, hoof lyksbesorger in Lagos, gesê. “Die geregtelike ondersoek kan dalk weke of maande lank duur, maar ons kan nie die proses om die liggame aan die familielede beskikbaar te stel, vertraag nie.”

Obafunwa staan aan die hoof van die uitkenningsproses. Hy is ook vise-kansellier van die Lagos Universiteit. Die oorskot word by die opleidingshospitaal van dié staatsuniversiteit gehou. Hy het bevestig die nadoodse ondersoeke is reeds afgehandel en monsters word gestuur vir DNS-analise. Hy het gesê die proses sloer, aangesien Nigerië nie oor die fasiliteit beskik om DNS te analiseer nie.

Altesaam 116 mense, waaronder 84 Suid-Afrikaners, is op 12 September oorlede toe die gastehuis in Lagos ineengestort het.

Volgens die City Press begin die geregtelike ondersoek Maandag. Joshua is een van die getuies wat ‘n dagvaarding ontvang het om die ondersoek by die Ikeja-hooggeregshof by te woon.

Klik hier om die verloop van sake op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.