Nigerië-ineenstorting: Meeste slagoffers al uitgeken

Die gebou wat ineengestort het Foto: Channel NewsAsia

Die gebou wat ineengestort het Foto: Channel NewsAsia

Die proses om die liggame van die Suid-Afrikaners uit te ken wat gesterf het toe ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, duur voort.

“Dit is ʼn tydrowende proses,” het Jeff Radebe, minister in die presidensie, aan verslaggewers in Pretoria gesê. Hy het gesê 62 van die 84 Suid-Afrikaners wat gesterf het, is reeds “met sekerheid” uitgeken.

Altesaam 115 persone is op 12 September dood toe ʼn gebou van TB Joshua se Synagogue Church of All Nations in Nigerië ineengestort het. Altesaam 84 van die slagoffers was Suid-Afrikaners.

Hy het gesê die regering sal alles in sy vermoë doen om die liggame van die afgestorwenes veilig huis toe te bring, sodat die families berusting kan kry ná die tragedie.

Phumla Williams, uitvoerende hoof van die departement van kommunikasie, het in ʼn verklaring gesê daar word van direkte uitkenning (waar ʼn familielid die liggaam self in Lagos kan uitken), foto-identifikasie, vingerafdrukke, tandheelkundige afdrukke en DNS-monsters gebruik gemaak om die liggame te identifiseer.

Williams het ook gesê twee van die beseerde Suid-Afrikaners wat by die Steve Biko Akademiese Hospitaal opgeneem is nadat hulle Maandag in die land aangekom het, is steeds in ʼn kritieke toestand. Ses van die beseerdes is ontslaan, waarvan twee op versoek van hul gesinne na privaathospitale oorgeplaas is.

Lees ook:
Video: Nigerië-ineenstorting: Ses ontslaan; nóg oorlewendes land by OR Tambo
Nigerië-ineenstorting: Beseerdes nog nie ontslaan nie
Nigerië-ineenstorting: Beseerde SA’ner keer terug na kerk
Nigerië-ineenstorting: Oorlewendes land in SA
TB Joshua wil Suid-Afrika besoek
Nigerië-ineenstorting: 4-jarige SA meisie lewendig gevind
Nigerië-ineenstorting: SA-dodetal styg
TB Joshua ontken versuim om saam te werk
Ineenstorting by TB Joshua-gebou: SA-noodwerkers weggejaag
Joost het nie met Nigeriese prediker ontmoet nie
Ineenstorting by TB Joshua-gebou: Dodetal nog onduidelik
67 SA’ners sterf in Nigerië by TB Joshua-gebou
SA’ners dalk geraak deur ineenstortings in Nigerië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.