Nigerië-ineenstorting: Nog lank voor oorskot huis toe kom

Suid-Afrikaners wat beseer is toe 'n gebou in Nigerië ineengestort het, het op 22 September 2014 by Swartkop-lugmagbasis in Pretoria geland. Foto: Werner Beukes/SAPA

Suid-Afrikaners wat beseer is toe ‘n gebou in Nigerië ineengestort het, het op 22 September 2014 by Swartkop-lugmagbasis in Pretoria geland. Foto: Werner Beukes/SAPA

Dit gaan glo ʼn geruime tyd duur voordat die liggame van Suid-Afrikaners, wat gesterf het toe ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, teruggebring word.

“Die jongste verslag uit die land is dat slegs 18 nadoodse ondersoeke tot dusver afgehandel is,” het Jeff Radebe, minister in die presidensie, Sondag aan verslaggewers in Pretoria gesê. Altesaam 115 nadoodse ondersoeke moet gedoen word.

“Sodra dié proses afgehandel is, kan ons die liggame huis toe bring,” het hy gesê.

Minstens 115 mense, waarvan 84 Suid-Afrikaners, is op 12 September 2014 dood en talle vasgekeer toe ʼn gebou by TB Joshua se Synagogue Church of All Nations in Lagos ineengestort het.

Radebe het gesê 62 van die 84 Suid-Afrikaners wat gesterf het, se liggame is al uitgeken.

Volgens die wet in Nigerië kan Suid-Afrikaanse kenners nie nadoodse ondersoeke daar doen nie, hulle kan slegs waarneem. “ʼn Nadoodse ondersoek moet op alle afgestorwenes gedoen word en doodsertifikate moet uitgereik word voordat die oorskot na Suid-Afrika teruggebring kan word.”

Hy het die familie en naasbestaandes van die afgestorwenes oor die toestand van die oorskot gewaarsku. “Weens die omvang van die ramp en die tydsverloop en die klimaat in Nigerië, is meeste van die oorskot nie in ʼn goeie toestand nie,” het Radebe verduidelik. Uit vrees vir sekondêre trauma vir die gesinne en gesondheidsredes, ontmoedig die regering familielede om die oorskot te aanskou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.