Nigerië-ineenstorting: Oorlewendes land in SA

Die vliegtuig wat beseerde Suid-Afrikaners van Nigerië af vervoer het.  Foto: @POWER987News op Twitter.

Die vliegtuig wat beseerde Suid-Afrikaners van Nigerië af vervoer het.
Foto: @POWER987News op Twitter.

Weermagpersoneel het Maandagoggend spoedig omgesien na beseerde Suid-Afrikaners wat van Lagos, Nigerië met ʼn vliegtuig by die Swartkop-lugmagbasis aangekom het.

Kort nadat die vliegtuig geland het, is pasiënte na die Steve Biko-hospitaal vervoer. Meeste van die pasiënte is op draagbare uit die vliegtuig gedra en na ambulanse geneem. ʼn Konvooi van die Tshwane-metropolisie en die polisie het die ambulanse vanaf die lugmagbasis na die hospitaal vergesel.

Lede van die interministeriële taakspan, onder leiding van minister Jeff Radebe, het die vliegtuig genader nadat dit by die lugmagbasis geland het. Die vliegtuig het 26 beseerdes vervoer waaronder drie kinders. Twee van die kinders, ʼn 18 maande oue baba en ʼn tweejarige, het albei hul ouers in die tragedie verloor.

Altesaam 84 Suid-Afrikaners is dood na voorverlede week se ineenstorting by die Synagogue Church of All Nations in Lagos.

Phuma Williams, woordvoerder van die kabinet, het vroeër gesê ʼn ontruimingspan, waaronder ʼn ortopediese sjirurg, is na Lagos gestuur. Die span het die beseerdes op die 10 uur lange vlug van Lagos na Pretoria behandel.

ʼn Konvooi van 12 ambulanse, Tshwane-metropolisiebeamptes en die blitspatrollie het reeds vroegoggend by die lugmagbasis aangekom.

Lees ook:
TB Joshua wil Suid-Afrika besoek
Nigerië-ineenstorting: 4-jarige SA meisie lewendig gevind
Nigerië-ineenstorting: SA-dodetal styg
TB Joshua ontken versuim om saam te werk
Ineenstorting by TB Joshua-gebou: SA-noodwerkers weggejaag
Joost het nie met Nigeriese prediker ontmoet nie
Ineenstorting by TB Joshua-gebou: Dodetal nog onduidelik
67 SA’ners sterf in Nigerië by TB Joshua-gebou
SA’ners dalk geraak deur ineenstortings in Nigerië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.