Nigerië-ineenstorting: Oorskot kom huis toe

Gesinne van die oorledenes het Saterdag, 15 November, 2014, al by die Holiday Inn-hotel in Sunnypark, Pretoria aangekom in afwagting op die aankoms van hul geliefdes se oorskot. Die liggame van die persone wat tydens in die ineenstorting in Nigerië gesterf het, sal Sondagoggend by Waterkloof-lugmagbasis aankom. Foto: Kopano Tlape, departement van kommunikasie

Gesinne van die oorledenes het Saterdag, 15 November 2014, al by die Holiday Inn-hotel in Sunnypark, Pretoria aangekom in afwagting op die aankoms van hul geliefdes se oorskot. Die liggame van die persone wat tydens in die ineenstorting in Nigerië gesterf het, sal Sondagoggend by Waterkloof-lugmagbasis land. Foto: Kopano Tlape, departement van kommunikasie

Slegs 74 van die 85 persone wat in Nigerië dood is tot ʼn gebou by TB Joshua se Synagogue Church of All Nations ineengestort het, se liggame sal Sondag in Suid-Afrika aankom.

Phumla Williams, woordvoerder van die departement van kommunikasie, het Saterdag gesê sy bevestig dat hulle met die liggame van 74 Suid-Afrikaners uit Nigerië sal vertrek. Die slagoffers se families kan Sondag die oorskot in ontvangs neem.

Altesaam 116 mense is op 12 September dood toe ʼn gastehuis by die kerk ineengestort het. Altesaam 26 beseerde Suid-Afrikaners het ʼn maand gelede in Suid-Afrika aangekom. Twintig van dié beseerdes is reeds uit die hospitaal ontslaan en met hul gesinne herenig.

“Die uitkenning van die oorskot was die moeilikste deel, weens die grusame aard van die ongeluk,” het Williams gesê. DNS-toetse moes gedoen word om die liggame uit te ken.

Die geregtelike doodsondersoek in Nigerië duur voort.

Lees vorige berigte oor die ineenstorting op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.