Nigerië-ineenstorting: Oorskot van SA’ners kom huis toe

Suid-Afrikaners wat beseer is toe 'n gebou in Nigerië ineengestort het, het op 22 September 2014 by Swartkop-lugmagbasis in Pretoria geland. Foto: Werner Beukes/SAPA

Suid-Afrikaners wat beseer is toe ‘n gebou in Nigerië ineengestort het, het op 22 September 2014 by Swartkop-lugmagbasis in Pretoria geland. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die oorskot van 85 persone van Suid-Afrika wat in Nigerië gesterf het toe ʼn gebou by TB Joshua se Synagogue Church of All Nations ineengestort het, sal na verwagting hierdie naweek huis toe gebring word.

“As alles goed verloop, sal dit hierdie naweek gebeur,” het Jeff Radebe, minister in die presidensie, Dinsdagaand tydens ʼn perskonferensie in Lagos gesê.

Die gastehuis het op 12 September ineengestort. Altesaam 116 mense is oorlede, waarvan 81 Suid-Afrikaners, asook drie Zimbabwiërs en een persoon van die DRK wat Suid-Afrikaanse paspoorte gebruik het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anita ·

Dit is regtig skandelik dat dit so lank vat en total en al onaanvaarbaar.

Daar kan vinnig mannekrag Lesotho toe gestuur word!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.