Nigerië soek antwoorde by Ramaphosa oor geweld in SA

‘n Man hardloop weg van die traangas nadat hy goedere uit ‘n winkel in Germiston, oos van Johannesburg geplunder het (3 September 2019). (Foto: Themba Hadebe/AP)

Muhammadu Buhari, Nigerië se president, het sy minister van buitelandse sake opdrag gegee om Suid-Afrika se hoë kommissaris in Nigerië te ontbied om ʼn verduideliking te kry oor die situasie in Suid-Afrika.

Min. Geoffrey Onyeama is opdrag gegee om Nigerië se ongelukkigheid rakende die behandeling van sy burgers in Suid-Afrika weer te gee, asook om die versekering te kry dat hul lewe en eiendom veilig is.

Femi Adesina, Buhari se spesiale raadgewer, het in ʼn verklaring gesê die Wes-Afrika-leier het met kommer kennis geneem van die aanvalle op Nigeriese burgers en eiendomme in Suid-Afrika sedert Augustus. “Pres. Buhari het ʼn spesiale gesant afgevaardig om sy kommer aan pres. Cyril Ramaphosa oor te dra, asook om met sy Suid-Afrikaanse eweknie in gesprek te tree oor die situasie.”

‘n Beampte wat deel is van die polisie se onluste-eenheid gooi ‘n traangashouer om te probeer om plunderaars in Germiston, oos van Johannesburg uitmekaar te jaag (3 September 2019). (Foto: Themba Hadebe/AP)

Die spesiale gesant sal na verwagting teen môre op die laatste in Suid-Afrika aankom, het Adesina gesê.

Dit volg nadat Zambië se hoë kommissaris in Pretoria vroeër ook dié land se burgers in Suid-Afrika gewaarsku het om bykomende veiligheidsmaatreëls in te stel te midde van wydverspreide aanvalle en plundering wat grootliks op die ondernemings van buitelanders gemik is.

“Gebiede of dorpe waar geweld voorkom, moet vermy word, asook beweging na ander plekke tensy dit absoluut noodsaaklik is,” het kommissielid Naomi Nyawali in ʼn verklaring gesê.

Nyawali het gesê ʼn Zambiese burger is Maandag in Germiston aan die Oos-Rand deur ʼn groep mense oorval en met ʼn skerp voorwerp in die voorkop gesteek.

‘n Winkel in Germiston, oos van Johannesburg word geplunder (3 September 2019). (Foto: Themba Hadebe/AP)

Luidens die verklaring was Daniel Lupiua (33) op pad huis toe nadat hy ʼn familielid by ʼn skool gaan aflaai het. Hy is in ʼn sogenaamde plaaslike dialek gegroet. Lupiua kon egter nie teruggroet nie en is daarna aangeval. Volgens Nyawali het die groep Lupiua vir dood agtergelaat, maar hy is later na ʼn hospitaal in die omgewing gehaas vir mediese behandeling. Hy is tans in ʼn bestendige toestand.

Lupiua kuier die afgelope twee maande by sy broer in Suid-Afrika.

“Die aanranders se motief is nog nie vasgestel nie, maar daar word vermoed dat hy so wreed aangeval is weens die huidige vlaag van gewelddadige aanvalle op buitelanders in Suid-Afrika,” het Nyawali gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

67 Kommentare

jongste oudste gewildste
Strandloper

Kader nooi kader wys jou net hoe laag die land al gedaal het. Die res vani wereld het nie n saak met ons nie…Die beste die hele Nigerië is n hool!

KaterinaKat

Witmense sal natuurlik geblameer word.

Pottie

Ou cr het nie tyd nie hy is te besig om geld te soek hehe

Pieter

Al wat Cyrel kan doen is praat..hy beteken net mooi niks..geen beheer oor die land nie en nou is hy nog die laaste een van die ou garde…dink wat kom met die jonges wat hom moet opvolg…ons ou landjie is in n geweldige krisis

Lizelda

Nigerie moet hulle mense UIT ons land verwyder. Hulle is die grootste rede waarom daar soveel dwelms, prostitusie en mensehandel in SA is. Soos hulle met busse hier aangekom en afgegooi is…so moet terug op d bus na hulle land gaan.