Nigeriër in Jhb vas oor mensehandel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 30-jarige man van Nigerië is in Johannesburg in hegtenis geneem in verband met mensehandel, nadat ʼn slagoffer in Mei vanjaar ontsnap het, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens Donderdag bevestig.

Twee vroue het glo ʼn slagoffer na ʼn huis gelok onder voorwendsel dat hulle een van die vroue se kêrels daar gaan ontmoet. By die huis aangekom, is die slagoffer bedwelm en gedwing om ʼn miniromp aan te trek en is as ʼn seksslaaf gebruik.

“Die Valke is op die hakke van die twee vroue wat glo deur die hoofverdagte gebruik word om jong meisies te lok wat as prostitute gebruik kan word,” het die polisie gesê.

Die verdagte verskyn na verwagting Vrydag in die Johannesburgse landdroshof.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

antonie ·

Hierdie mensehandel ding moet gestop word. Ek het n hoorbeeld op rsg geluiste m.b.t. die onderwerp en dit is absoluut skokkend. Probleem is dat sommige van die polisie ook betrokke is. Dit is hoekom spesialiteits afdelings weer ingestel moet word in die polisie

Eduard Wansbury ·

Nigerier s is nie hier in SA om a bydra tot ons ekonomie te geen .Nee 90% van hulle smokel met dwelms bedrog mense handel noem dit wat vekeerd is en hulle doen dit hulle is baie lief v geld regering moet planmaak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.