Nigeriër wat SA meisie ‘uithuur’ gevonnis 

Ugochukwu Eke verlaat die hof. Foto: ANA

Ugochukwu Eke verlaat die hof. Foto: ANA

Waarskuwing: Die inligting in dié berig kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Ugochukwu Eke, ʼn Nigeriese man, is Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die seksuele uitbuiting en bedwelming van ʼn minderjarige Suid-Afrikaanse meisie.

Eke het in 2015 ʼn inkomste verdien uit die meisie se seksuele uitbuiting en is ook deur regter Majake Mabesele skuldig bevind aan mensehandel en medepligtigheid rakende haar verkragting. Eke was 28 ten tyde van die misdrywe en het toe reeds agt jaar lank in Suid-Afrika gewoon.

“Wat met haar gebeur het was wreed, onmenslik en vernederend,” het Mabesele tydens die vonnisoplegging gesê.

Mabesele het gesê die meisie was 15 jaar oud toe sy van haar huis in Rosettenville, suid van Johannesburg, weggeloop het. Eke het daarna misbruik van haar gemaak.

Die slagoffer, wat nou 17 is, het tydens die verhoor getuig Eke het altyd aan haar dwelms voorsien wanneer hy wou gehad het sy moet seks hê met mans wat hom vir haar dienste betaal het.

Sy het gesê die dwelms wat Eke haar gedwing het om te gebruik het vir haar energie gegee. Sy het gesê sy was in staat om soveel as ses mans op ʼn aand te vermaak. Daarna sou Eke die meeste van die geld vat en haar slegs R50 vir kos gee.

“Dit kan nie gedebatteer word dat die slagoffer uitgebuit en gedwing was om ʼn prostituut te wees nie,” het Mabesele gesê voordat hy Eke tot 20 jaar tronkstraf gevonnis het.

Eke het ondersteuners in die hof gehad wat vir hom uit die openbare galery gewuif het terwyl hy van die hof na die aanhoudingselle geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Alida ·

Die vonnis is n grap! Sy maters wat vir hom gewaai het doen presies dieselfde. Jaag die gemors uit die land uit.

Christa ·

Laat net ‘n paar van sy medegevangenis weet WAAROM hy daar is en HULLE sal hom REGSIEN!!!!

Jaycee ·

Agt jaar lank in SA gebly! Het hy geldige verblyfpermit of SA burgerskap gehad? Indien nie stuur hom terug Nigerie toe. SA moet sy immigrasie-beheer opskerp. Dis ‘n klug. Ons land word ‘n toevlugsoord vir kriminele uit ander Afrika-lande, en meer spesifiek Nigerie. [Wettige immigrasie is iets anders, dis ‘n beheerde stelsel waar die land van ontvangs voordeel kan trek uit die kundigheid en bydrae deur buitelanders wat hulle hier wil kom vestig.]

Juanita ·

20 jaar vonnis om 15 jarige kind te forseer om vir 2 jaar as prostituut te werk?? Skandelik ligte vonnis, ag maar as hy haar vermoor het sou vonnis seker minder gewees het…

annie ·

hulle kom in ons land en vat net oor dankie zuma dit is alles jou skuld jy moet onthou jy gaan ook dood en jy sal deur God self gestraf word

Veritas ·

Wat met die meisie gebeur het, is die voorland van ALLE meisies wat dwelms misbruik. Dit is ‘n doodloopstraat dametjies. Vergeet daarvan om ‘In’ te probeer wees deur dwelms te gebruik. Die gevolge daarvan is wanhoop, , pyn en ellende.

Rdv ·

En ons duld die aanhangers in gehoor? As iemand ooit twyfel oor die stand van sake in die land, is hierdie maar net een klein voorbeeld

"oop lippe" ·

SA het ‘n toevlugs oord geword vir criminals. Criminals wil nie graag tronk toe gaan in Zimbabwe nie, want in daardie tronke bestaan mense regte nie.
Baie misdadigers kom nie lewend uit Zim tronke nie. As jy siek is moet jy self gesond word. Jy eet net Qubu mielies tot die dag wat jy uitkom geen vleis of verandering van menu. Viva zim, Viva!
SA is die land van “milk & honey” vir criminals.

Ano ·

“oop lippe” – , watter berig het jy gelees? Ek sien sowaar NERENS dat die ou van Zimbabwe is nie.

E.K. ·

Nou moet die polisie sommer sy “ondersteuners” vir wie hy so gewuif het ook ondersoeke n glo my, hul sal ‘n hele addernes oopkrap. Dis duidelik hulle dink dis als ‘n grap. Wat soek hul in SA? Het hul verblyfs/werkspermitte?

John ·

En ‘n afvaardiging uit die verrotte land kom spreek ons oor die verontregting van hul verrotte burgers. Hoe verrot kan ‘n land raak?

Karen ·

Hulle is openlik besig met hierdie misdrywe in Sunnyside, Krugersdorp, Johannesburg… my hart bloei vir hierdie meisies. Die verkiessing is nie meer vêr nie so ons verwagtinge is groot en misdaad en geweld eerste op die lys! Tyd om uit te haal en wys wie verdien ons stemme! Maak bietjie ons strate skoon van hierdie gemors, deur hulle terug te stuur na hul eie land neem asb vingerafdrukke en headshots sodat hulle met misdade verbind kan word en sit sommer die polisielede wat omkoopgeld aanvaar agter tralies waar hulle hoort, dan sal die strate bietjie skoner bly. Beveilig asb die grense ook! Ons het genoeg werklose mense hier en kan nie bekostig om nog in te laat nie!

Steve ·

Dit gebeur ongelukkig in baie van die kleiner dorpe ook, die “Polisie” slaan nie ag op klagtes van die publiek nie, hulle deel ook in die dwelm en seks handel. Ek is woonagtig in Ermelo en hier is dwels en prostitusie groot en ook Nigeriers wat die “Drug Lords” of Mafia is.Daar is duisende van hulle in ons land en wat hulle doen is maklike geld deur ons mense te misbruik en mishandel.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek sien deurentyd waarskuwings dat “God met hul sal afreken” solank ons net bid. Ek het nog nooit van iemand gehoor wat al dood was, teruggekom het en kom vertel het wat daar “anderkant” aangaan nie. Ons moet SELF met oortreders afreken sonder om dit op Iemand anders te pak om te doen .

SARIE VAN HEERDEN ·

Maroela, ek weet julle is ‘n christelike nuusbreker maar kyk jy na al die kommentaar waar mense aanhou se jy moet net bid en glo vir jou probleemoplossings, dan wonder ek of julle nie dalk ook realiteite aan mense kan verkondig nie. Ek is ‘n gelowige mens maar vaderland, bid en glo kan ek jou verseker werk soms nie eens om mense moed te gee as hul sien hul gebede word NIE verhoor nie. Lees hoeveel mense moes net “gebid en geglo het” maar steeds verkrag, gemartel of vermoor is. Was almal ongelowiges?

Luister ·

Dit is vir my ook baie erg dat al die mans wat betaal om kinders, meisies of enige persoon; te misbruik en verkrag, skotvry daarvan afkom.

Theresa ·

Waar is sy wettige dokumente om in hierdie land te wees waar hy soveel hartseer, pyn en onomkeerbare trauma bewerkstellig?? Die meisie is gedwing tot vrouwees en het glad nie ‘n normale toekoms voor haar nie??!! Hy is dus ‘n moordenaar ook. Hy het haar lewe vermoor. Sy argwaan bedwelmde vriende WEET hul gaan net voort met wat hy doen? Hierdie regering doen absoluut minimum (kan nie juis aan ‘n voorbeeld dink nie!) om wettige mense te beskerm. 20 j is te min vir sy dade. 6 Mans per aand. Vat dan een aand en maal sy vonnis daarmee. 120j klink meer regverdig. Vang sommer die res en ondervra hul vir dokumentasie en watter beroepe hul beoefen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.