Nigeriese pastoor, makkers in hof

Die beskuldigdes verlaat die hof. Foto: Skermgreep uit ANA-video.

Die Nigeriese pastoor en die twee vroue wat daarvan beskuldig word dat hulle hom glo gehelp het om meisies vir hom te werf vir mensehandel en seksuele misbruik, het Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig dié omstrede pastoor (58), wat op 20 April in hegtenis geneem is op aanklagte van mensehandel, het glo kerke in Port Elizabeth, Kaapstad, Johannesburg en die Verenigde Koninkryk bestuur, en het na bewering meer as 30 meisies en vroue van verskeie takke van dié kerke na ʼn huis in Umhlanga, KwaZulu-Natal, geneem waar hy hulle glo seksueel misbruik het.

Hy staar nagenoeg 22 klagte van mensehandel en seksuele misbruik in die gesig. Hy word ook daarvan aangekla dat hy onwettig in die land is.

Lusanda Solani (36) van Durban en Zukiswa Sitho (28) van Port Elizabeth het reeds onskuldig gepleit op aanklagte wat mensehandel en seksuele misbruik insluit.

Die paar is tans uit op R2 000 borgtog elk.

Die staat het Dinsdag gevra dat die saak uitgestel word hangende ʼn aansoek by die direkteur van openbare vervolging (DOP) dat die aanklagtes gesentraliseer word. Staatsaanklaer Nceba Ntelwa het ook aangedui dat hy ʼn aansoek bring dat daar aanklagte van afpersing teen die drie aanhangig gemaak word.

Volgens Ntelwa is die staat besig om te reël dat die saak na die Port Elizabeth-hooggeregshof oorgeplaas word.

Die twee vroue het Dinsdag die hofgebou verlaat met sambrele voor hulle gesigte en het vinnig in ʼn Mercedes geklim wat vir hulle gewag het.

Die saak is tot 29 Januarie 2018 uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Belaglik ·

Lekker vir borgtog . hulle gaan almal verdwyn .. vreemd hoe julle blankes nie borgtog gee nie, maar die mense wat duidelik vlugrisikos is op R2000 borgtog vrylaat .. te lekker in hierdie land.

snoefie ·

hoekom sal hulle vlug Bantam? hulle het nie teen mans oortree nie. hulle het ook nie tradisionele boere woord gebruik nie. ergste is dat hulle sal in die tronk gaan sit en wag vir presidentiële kwytskelding. jy weet mos hoe sleep hofsaje waar blankes nie gestraf word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.