Niggies saam doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee niggies is saam oor die naweek in Port Elizabeth in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, was die twee niggies, Lorencia Jantjies (19) en Courtney Dean Jantjies (34), saam met ʼn groep vriende in ʼn plakkershut buite ʼn huis in Honourstraat in Kleinskool, toe hulle geskiet is.

“Twee onbekende mans het by die perseel opgedaag en die groep oor sekere mense uitgevra. Hulle het daarna van buite die plakkershut op die mense losgebrand,” het Naidu gesê.

Die Jantjies-niggies is in die kop geskiet en is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek twee sake van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Strussbob ·

Here dis iemand se liefling dogter en iemand se mamma – ons is so uitgelewer en daar is geen beskerming -dis oorlog maar ons wil dit ni besef nie

Koos ·

Onverantwoordelike mense met vuurwapens die regering se altyd hulle wil die lewens van hulle mense verbeter maar hoeveel mense word elke dag doodgemaak deur onveranderlike mense .

fred ·

DAN KLINK DIT VIR ONS ONMOONTLIK WANNEER ONS LEES VAN ISIS EN DAARDIE ANDER LANDE WAT GEEN BENUL HET VAN N LEWE NIE. HIER IS DIT DIESELFDE EN GAAN NOG ERGER WORD. KOM VRY VAN ALLES AF – DIT IS VERSKRIKLIK.

Irene ·

Elke 2de jan rap loop met pistole rond pleks dat hulle die plekke begin deursoek en beslag te neem op onwetige ammunisie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.