Niggies verdrink toe hulle klere was

(Argieffoto: @WCHEMS/Twitter)

Die polisie in Mpumalanga doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná twee meisies, onderskeidelik 18 en 15 jaar oud, in Mabulaladam by Mganduzweni Trust naby Witrivier verdrink het.

“Die twee niggies was Vrydag saam met hul vriende toe hulle na die dam gegaan het om klere te was,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Een van die meisies het gegly en in die dam ingeval. Terwyl haar niggie haar wou red, het sy ook ingeval.”

Die meisies se vriende het tevergeefs probeer om hulle uit die water te haal. “Hulle het die polisie ontbied vir hulp en ʼn duikeenheid is ook ontplooi. Met die beamptes se aankoms op die toneel is die meisies egter deur mediese personeel dood verklaar.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die gemeenskap moet ekstra versigtig wees wanneer hulle naby riviere of damme is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bre ·

Ai toggie… so hartseer. Baie sterkte aan hulle familie, vriende en maats.

Misky ·

Ek bring nou weer n vroeer punt op en dit is dat ALLE kinders eerder moet swem lesse by skole kry en leer swem as seks opvoeding/klasse.

Hoeveel kinders verdrink nie jaarliks nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.