‘Niks fout met oord se heining’ – ATKV

Argieffoto van die ATKV-Buffelspoort ter illustrasie. (Foto: ATKV-Buffelspoort/Facebook)

Die bestuur van die ATKV-Buffelspoort buite Rustenburg sê die oord se omheining is ná die onlangse moord op Johannes Nicolaas Brits opnuut nagegaan en geen skade is opgemerk nie.

“Geen drade is geknip nie en elektrifisering van alle sones by die oord is in ʼn goeie werkende toestand.”

Bykomende sekerheidswagte sal nietemin aangestel word om die oord te patrolleer terwyl die veiligheidsmaatreëls van ATKV-oorde landswyd nagegaan sal word indien nodig.

Johannes en Linda Brits (Foto: Verskaf)

Dít volg nadat Brits Donderdag in die vroeë oggendure in ’n chalet by die ATKV-Buffelspoort doodgeskiet is. Brits en sy familiegroep het in een van die chalets by die oord tuisgegaan toe drie verdagtes by die chalet ingebreek het.

Die bestuur sê nou nóg bykomende stappe kan moontlik gedoen word na gelang van die polisie se ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig Brits het uit die bed opgestaan toe sy suster by sy kamer instorm nadat rowers by die chalet ingebars het. Hy is toe verskeie kere raakgeskiet.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Swerwer ·

Dit kan by enige oord gebeur, nêrens is niemand meer van sy lewe en veiligheid verseker nie. Hul kan elke 5 tree ‘n wag plaas en nogsteeds sal misdaad seëvier. Geen oord bestuur kan verantwoordelik gehou word vir misdade van geskapenes nie. Net so gebeur dit daagliks regoor die land.

Ben ·

Dit is so, maar ek sou dink daar sou darem diefwering op die vensters wees sodat iemand nie net kan inklim nie. Dit is warm wêreld en mens moet vensters kan oopmaak.

krodedil ·

Swerwer ek stem nie saam nie. Vakansie oorde word reeds so bemark dat daar 24 uur sekuriteit is vir gemoedsrus. Hierdie sogenaamde goeie sekuriteits fooie kan gesien word in die oorde se buitensporige hoe tariewe. Indien daar geen sekuriteit is nie sal mense hulle nie ondersteun nie en op die ou einde sal hierdie oorde deure toemaak. Hierdie geval gaan ‘n groot uitdaging wees vir ATKV as hulle nie die sekuriteit daadwerklik opskerp nie.

Danny ·

Moontlik, maar dan kan ‘n oord met enige so tipe statistiek nie bemark word as ‘veilig’ nie. En sal ons liefs ander akkommodasie moet soek.

Swerwer ·

Die punt is, en ons almal weet dit, veiligheid kan nie in ons land gewaarborg word nie.

AmY ·

Hoekom het hulle hom geskiet?
Hy was ongewapen, en sekerlik nie een eens heeltemal wakker nie.
Ek is baie kwaad hieroor.

domheks ·

Nou hoekom was daar mense binne, as die elektriese omheining nie beskadig is nie? Hoe en wie het hulle ingelaat? Of is dit inwoners van die oord?

Danny ·

Nou wel ja, mits dit dan die geval is WIE het hulle ingelaat deur die hek???? Swak en tragies.

casper ·

So ja dan is dit seker maar julle staf en sekuriteits mense wat dit gedoen het ne !!!!

Pietertjie ·

Ek vermoed ‘n “dagbesoeker” is verantwoordelik vir die voorval. Het normaalweg by die ingang ingekom…

Nie Verbaas ·

Ongelukkig te laat. Ek sal nie weer soontoe gaan nie.

Andries ·

Dan gaan jy vir die res van jou lewe in ‘n toegesluite huis moet bly. Want misdaad in SA is oral.

JohanR ·

Vra vir Patricia de Lille om ‘n 37 miljoen heining te kom opsit…..R200000 vir die heining en die res vir die kaders!

Anel ·

Dalk iemand was as gas ingeboek het, soos wat hulle in komplekse maak. Huur ‘n plek, pleeg misdaad en verdwyn, terug in hulle blyplek. Daarom kan nie opgespoor word nie. Dalk selfde hier!

Herman ·

MAW as hulle nie oor die heining geklim het nie, het hulle verby die wagte by die hoofhek ingekom. Pateties verby.

Lillian ·

As die oord se heining niks makeer nie, is hierdie ‘n “inside job”.

Kyk bietjie na jul pesoneel se doen en late.

Buffelspoort gaan na dese seker nie meer so gewild wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.