Niks vreemd aan Guptas se bagasie, sê SAID

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

ʼn Beampte van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Woensdag aan LP’s gesê daar was niks vreemd aan die bagasie wat die Gupta-familie verlede maand op ʼn privaat vliegtuig gelaai het toe hulle Suid-Afrika verlaat het nie.

William Mpye, hoof van doeane by die SAID, het gesê die kaptein van die vliegtuig het ʼn verklaring aan die doeanebeamptes oorhandig wat bevestig dat hy agt passasiers, agt bemanningslede en 15 bagasiestukke sou vervoer.

Volgens die kaptein is die bagasie geskandeer en deur doeanebeamptes ondersoek. “Ons het nie enigiets vreemd gevind nie,” het hy gesê.

Mpye het reageer op ʼn vraag van David Maynier, woordvoerder van die Demokratiese Alliansie, tydens ʼn gesamentlike sitting van drie van die parlementêre portefeuljekomitees.

Maynier het verskeie beamptes, waaronder die SAID-kommissaris Tom Moyane, gevra of die welgestelde familie, met bande binne die regering, voldoen het aan al die doeanewette toe hulle vroeg in April uit Lanseria na Dubai vertrek het.

Dit is glo die eerste keer wat Maynier ʼn direkte reaksie ontvang het. Moyane het gesê die SAID kon nie hierdie vlak van persoonlike inligting verskaf nie.

Ajay en Atul Gupta het Suid-Afrika na bewering, kort nadat groot banke hul finansiering vir Oakbay Investments onttrek het, verlaat. Na bewering het Oakbay Investments inmenging gesoek in kabinetaanstellings en ander uitvoerende besluite.

Ajay en Atul Gupta het Suid-Afrika na bewering verlaat nadat Julius Malema, leier van die EFF, beweer het die broers het miljarde rand uit die land gesmokkel, en met behulp van pres. Jacob Zuma, regulasies van die SAID omseil.

Lees alle vorige berigte oor die Guptas op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

zahn ·

Niks vreemds opgemerk nie. Of die beampte is al gewoond daaraan om vreemde goed te sien deur gaan en die begrip “vreemd” al vir hom ‘n relatiewe begrip is, of hy was op “lunch” toe die tasse deurgegaan het. Eish.

Melt Olckers ·

Niks vreemds was ook opgemerk toe hulle vliegtuig op Waterkloof geland het nie.

Johann Marx ·

Niks vreemds was ook opgemerk toe hulle vliegtuig Waterkloof VERLAAT het nie. Die “bruilofsgaste” wat hulle ingebring het was OOK nie op die vliegtuig nie!!! Daar was net sulke snaakse geel stawe met stempel merke op……Die pilot het gesê dis “lood stawe” anders styg die vliegtuig te vinnig op…en kan nie weer land nie…toe sê Security dis OK…

Anoniem ·

Wonder hoeveel is hy betaal om niks te se of te verklaar nie…..Lekker in Suid Afrika as jy die regte mense ken…..

christine ·

O Ja en wat was in die regerings beamtes se bagasie toe hulle Koebaai toe was Zombie sin inkluis,ek glo regtig in niks wat die mense se nie.

Joann ·

Daar gaan dit alweer. Glo wat jy wil maar die saak is gekoop. Hoeveel het hul betaal om dit so skoon te kry???? Eish geld wat stom is…..

Tiger ·

Ek wed daai 15 “stukke bagasie ” was almal vol kontant geprop en die beampte omgekoop om te se daar is niks vreemd in hulle bagasie gewees nie.So maklik soos dit werk dit in SA!

Scalla ·

In die laaste paragraag, is hul dalk verjaag, verlaag of verlaat, vra maar net

Landi Slatter ·

Dagsê Scalla

Dankie vir jou navraag. Dit moet inderdaad ‘verlaat’ wees. Ons vra om verskoning en wysig die berig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

neelsie ·

Jammer’ Mr’ Gupta……jou geloofwaardigheid het nogal n knak gekry.

Frederik ·

Niks vreemds aan Gupta se bagasie op hierdie “trip”. Die vliegtuig, wat met Zuma se reëlings op Waterkloof geland het, is egter nooit deursoek nie. Dit is wel vreemd.
Guptas koop ‘n steenkoolmyn wat steenkool aan Eskom verskaf en neem die kontrak oor. Die prys gaan onmiddellik op vanaf R 150/ton tot R500/ton. Net daarna huil Eskom by Nersa dat hul ‘n verhoging in tariewe soek en dit word toegestaan. Dis wel vreemd.

Jan maak n Plan ·

Frederik jys heeltemal reg met jou strelling ou maat. Verder moenie vir een oomblik dink die Guptas is dom nie, oooo nee. Hulle kontant is mos al lankal voor die tyd, met n sogenaamde staats besoek na Dubai geneem. Hoekom sal hulle nou die risiko loop?

alida ·

En wie glo dit? Natuurlik is hulle omgekoop hoe dan anders!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.