Ninow met selfoon in tronk betrap

Nicholas Ninow. (Foto: Thobile Mathonsi/ANA)

Die veroordeelde kinderverkragter Nicholas Ninow is die naweek in besit van ’n selfoon in die tronk betrap.

Die sogenaamde Dros-verkragter, soos hy nou bekend staan, dien tans lewenslange tronkstraf uit by die Baviaanspoort-gevangenis buite Pretoria nadat hy ʼn sewejarige dogtertjie in die badkamer van ʼn Dros-restaurant verkrag het. Die voorval het in 2018 in Pretoria plaasgevind.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het aan News24 gesê korrektiewe beamptes het die selfoon Saterdag gevind toe hulle Ninow se tronksel deursoek het.

’n Ondersoek is intussen van stapel gestuur om vas te stel hoe die selfoon by die gevangenis ingesmokkel is en wie moontlik betrokke was. Selfone word nie in aanhouding toegelaat nie.

Ninow word nou ingevolge die Wet op Korrektiewe Dienste aangekla en sal dienooreenkomstig berispe word, sê Nxumalo. Dit kan onder meer behels dat van sy voorregte vir ’n bepaalde tydperk teruggetrek word.

Dit lyk egter nie of die selfoon enige invloed op sy appèlaansoek sal hê nie.

Maroela Media het verlede week berig Ninow mag appèl aanteken teen sy skuldigbevinding en vonnis nadat hy die hoogste hof van appèl direk genader het. Die nodige dokumente is egter nog nie ingedien nie.

Nxumalo het die selfoon in Ninow se besit as ’n “ʼn kommerwekkende verwikkeling” bestempel aangesien die departement poog om verbode items, waaronder selfone, uit die land se 243 korrektiewe sentrums te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Alta Alleman ·

Uitgevang…goed so !! Hoeveel ander selfone is ook onwettig waarvan hulle nìe weet van ander gevangene nie?

Elinette ·

Wha-ha-ha!!!!!!!!!!!!!!!! Die foon in Ninow se besit word as ’n ʼn kommerwekkende verwikkeling bestempel want “die Departement poog om verbode items, waaronder selfone, uit die land se 243 korrektiewe sentrums te hou”. Dis dan hul BEAMPTES wat die selfone en ander nie-toelaatbare items (o.m. DWELMS) vir die gevangenes insmokkel!!!!!

Staal ·

Presies!! Hulle weet dit baie goed, maar speel nou onskuldig.

Sêmanet ·

Want hy moet sy dokter bel as hy sleg voel. En hy het ‘n hele plaas (Nkandla) waaroor hy hom moet bekommer.

Jan ·

Is hier ‘n reuk van rassisme? Selfone is ‘n algemene verskynsel onder gevangenes.

Phillip ·

Blomme Ja ek het prisies die selfde gedink toe ek die berug gelees het

Belinda ·

hulle hoef nie verskoning te soek om hom nog in die tronk te hou nie, want hy kan maar daar bly in elk geval. ons het nie siek mense soos die nodig in die samelewing nie…. more is nog n kind se lewe verwoes!

Sêmanet ·

Ek wonder wie hy bel? Of doen hy facebook? Miskien is dit net vir games. Dit raak seker nogal lonely daarbinne,.

Niklaas ·

Hierdie boet moet eintlik klippe kap in die tronk en nie eers lekker kos daar kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.