Ninow-vonnis wyd verwelkom

Nicholas Ninow in die hof. (Foto: Mia Spies/eNuus)

Die lewenslange vonnis wat die hooggereghof in Pretoria die veroordeelde kinderverkragter Nicholas Ninow opgelê het, is Donderdag uit verskeie oorde verwelkom.

Benewens die vonnis vir die verkragting van die sewejarige dogtertjie verlede jaar, het regter Mokhine Mosope Ninow ook vyf jaar tronkstraf opgelê vir die besit van onwettige middels, asook vyf jaar tronkstraf vir dwarsboming van die gereg. Laasgenoemde vonnis word gelyklopend met die vonnis vir verkragting uitgedien.

Die 21-jarige Ninow het skuldig gepleit op die klag dat hy die kind verlede jaar in die badkamer van ʼn restaurant in Pretoria verkrag het.

Mense in die openbare galery het hande geklap, gesing en gedans nadat Ninow gevonnis is. Sy familie het egter in trane uitgebars en Ninow is kort ná die uitspraak uit die hof weggeneem.

Die Gautengse portefeuljekomitee oor gemeenskapsveiligheid het die vonnis verwelkom.

“Die swaar straf moet gesien word as ʼn duidelike aanduiding dat Suid-Afrikaners voorvalle van seksuele misbruik nie langer duld nie, veral nie wanneer dit gepleeg word teen vroue, kinders en bejaardes – die mees weerloses in ons gemeenskap – nie,” het die komitee in ʼn verklaring gesê.

Die komitee het die span geloof wat aan die saak gewerk het.

“Die komitee doen ʼn beroep op die regbank om soortgelyke en swaarder strawwe op te lê aan diegene wat aan dié soort misdaad skuldig bevind word.”

Hy het ook sy simpatie met die slagoffertjie en haar familie betuig.

Die DA se nasionale woordvoerder, Refiloe Nt’sekhe, sê die party het deurlopend volgehou dat Ninow die swaarste moontlike straf opgelê moet word.

Die DA sê Suid-Afrikaanse vroue en kinders loop deur onder voorvalle van seksuele en geslagsgebaseerde geweld. “Hulle ly dikwels in stilte onder ʼn ongevoelige regering.”

Die party sê hy hoop Ninow se vonnis stuur ʼn duidelike boodskap aan diegene wat misdade teen vroue en kinders pleeg. “Hoewel die lewenslange vonnis nie die herinnering van die lyding wat sy moes deurmaak kan wegneem nie, hoop ons dat dit minstens ʼn mate van geregtigheid en afsluiting vir die familie bring,” het Nt’sekhe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Johnny ·

Is lewenslange tronkstraf vir swart mense dan anders? hoeveel van die wat wit kinders en vroue verkrag en vermoor het loop weer buite rond.

Abe ·

Johnny,
Jou dwarsweg opmerking is duidelik n geforseerde manier om rasse weer teenoor mekaar op te stel. Solank mense jou tipe houding handhaaf sal regdenkende lede van alle rasse nooit mekaar kan aanvaar nie.

dink ook so! ·

Absoluut so, Johnny… ek wonder presies dieselfde ding! Upington moordenaar, wat n lewe geneem het, het net 15 jaar tronkstraf gekry byvoorbeeld

JohanL ·

Johnny – jy het ‘n punt beet. Ek wonder nou net of hierdie uitspraak as ‘n “norm” gaan dien in toekomstige sake waar mense eers verkrag en dan vermoor word. Twee van die ergste misdade en tans loop menig van hulle vry rond na 15 jaar – of op parool.

Ek ·

Johnny jy het ‘n baie geldige vraag. Ek werk daagliks met hierdie mense – jy sal verbaas wees hoe baie loop buite rond.

Boerseun ·

Dankie Abe, so hoe verduidelik jy duisende jare se soort soek soort. Niks nuut nie, geforseerde gemengde kulture druk daai eintlik net die veskillende kulture weg van mekaar. Jy is moslem en ek is christen, so nou wat nou.

Santie ·

Hulle se altyd dit moet n afskruk middel wees vir ander misdadigers maar dit gebeur so baie so hoekom bly hulle altyd daai woorde gebruik. Maar niemand skruk nie Daar is nie in die land meer n ding soos n afskruk middel nie.

Pit ·

Jy kan nie ernstig wees nie. Daardie kind sal nooit weer dieselfde wees nie. Sy sal altyd bang wees vir speel areas, restaurante, sy sal jare neem om genoeg selfvertroue te he om onafhanklik te funksioneer.

Skroef ·

Pit sy was saam met haar ma in die Dros. Was dit nie haar ma se plig om haar op te pas nie? Die kinders word in die speel area gelos en van vergeet. Ninow het n laakbare daad gepleeg maar haar ma se nalatigheid het dit veroorsaak. Tog was ninow alleen vervolg. Die nalatige ma verdien die swaarder straf, dink ek.

Trol ·

Skroef as die ma wit was sou sy van growwe nalatigheid aangekla word. Sit en vreet em kuier min gepla oor die kind. Dit maak haar mos ma van die jaar.

Nettie ·

Ek wonder of toerekeningsvatbaarheid getoets is met Nicolas Ninow se geval. Hy het erken dat hy CAT gerook het/gebruik het net voor hy die meisie verkrag het en CAT, klaarblyklik, is ‘n sekslusopwekker. Synde ‘n dwelmmiddel, kon dit nie ook ‘n invloed gehad het op die aangeklaagde se vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei nie?

Die Gautengse Portefeuljekommitee oor Gemeenskapsveiligheid het Ninow se vonnis verwelkom – nie dat daar vreeslik baie vir die Staatsaanklaer was om te doen nadat Ninow skuld beken het nie! Ek wonder steeds oor die geval van die 6-jarige dogtertjie van Limpopo wat hierdie naweek dood is, nadat sy twee weke gelede deur ‘n 35-jarige man wreed verkrag is. Hoekom lees mens nie HIERVAN in hoofstroom media berigte nie, huh? Of is daar ‘n verskil in grad van ernstigheid as ‘n blanke jong man ‘n swart dogtertjie verkrag en ‘n volwasse swart man ‘n swart dogtertjie verkrag, wat tot haar dood lei?

Abe ·

chrisjan,
Die man moet so lank as moontlik uit die samelewing verwyder word. Mens wonder of die vonnis wat hy gekry het lank genoeg is. Vergifnis gaan niks help vir hom nie.

ekke ·

Skroef: ek hoop dat jy die perfekte ouer is en dat jy jouself nooit sal oordeel as jou kinders of iemand na aan jou (want ek dink nie jy het kinders nie) iets oorkom nie. Dit was nie ‘n nalatige ouer se skuld nie maar ‘n siel sieke mens wat in ‘n familie restaurant homself kom tuis maak het.

Namgrl ·

Geagte Skroef…definitief ‘n skroef by jou los. Dit is ‘n speel area by die eetplek! Daar was oppassers! En, ons as ouers, veral moeders, ja, ons kyk so nou en dan of ons kids ok is. Moet nou nie vinger begin wys nie.

Op my perdjie ·

@Skroef, jy het ‘n miljoene skroewe los, gaan mens nie juis na sulke restaurante om bietjie te kan ontspan en laat jou kind speel ens nie, restaurante wil dit graag bied? As jy 24/7 na jou kind moet kyk, moet jy maar jouself in jou huis toesluit! Hou op so oordeel! Sies…

Bella ·

Mmm. Wonder maar net as dit jou dogter of ma of suster is of jy so vergewings gesind gaan wees. Ek stem saam daar is ‘n merkbare verskil tussen blanke en ander se vonnisse. Vir ons kan gesê word hulle gaan ons dood maak maar durf jy net iets sê dan gaan jy vir jare tronk toe. Geen blanke wil in ons tronke wees nie!

Vic ·

Dit is die slagoffer se prerogatief om te vergewe, wanneer sy eendag groot genoeg is om so n besluit te neem. Intussen moet die reg die misdadiger straf vir n onvergeeflike misdaad. Sou jy vergewe as dit jou dogtertjie was?

johan ·

Chrisjan, sal jy en die verkragter se naasbestaandes my vergewe as ek as ouer die verkragter uit woede en hartseer vermoor? My kind se lewe is vernietig.

humor ·

Die skuldige se naasbestaandes is geensins medepligtig aan sy dade nie, en hulle sal ewe eens lewenslank ly . Ek wil se daar moes darem ook aan hulle gedink gewees het en simpatie en sterkte toegewens gewees het

Alida ·

Watter deel verstaan julle nie. As daar enige vrou in die toilet was het hy haar verkrag. Die kind was toevallig op die verkeerde tyd daar. Die dwelms het sy verstand oorheers.

Linda ·

Gepaste vonnis vir so n gemors ! Wat tot in die tronk dwelms gebruik in plaas daarvan om nee te se en berou te he !!! robbies !!!

Andre ·

Uitstekende straf.
Ek vertrou dat dit die straf sal wees vir sulke oortedings in die toekoms. Daar was mos beloftes gemaak dat daar streng opgetree sal word. 30 Jaar gelede sou hy aan sy nek gehang het tot hy morsdood is !

Wie was daai regter nou weer gewees? ·

Tydens doodsvonnisoplegging het hy altyd stadig gese, “Jy sal hang aan die tou van die galg, tot jy dood, dood, dood is.”

Christa ·

Ja Johnny, lewenslank is verskillend Soos die kleur verskil. Die man verdien inelkgeval wat Sy Kant toe Kom want hyt geweet drugs is verkeerd. Hyt Sy opvoeding opsy gestoot en Sy eie kop gevolg. Drugs Moet nie as versagting dien nie, eerder as verswarend.

Maria Lubbe ·

Ek verwelkom sy straf maar wil nou se terwyl hy lewenslank kry loop die 3 wat my verjrag het steeds daarbuite rond mense wat moor kry 10 jaar en tog mag ons niks se DUBBELE STANDAARDE!!!

Pitty ·

Met sewe jaar kan n kind alleen toilet toe. Geen nalatigheid van die ma se kant nie. Hy was nie veronderstel om eers in die vroue se badkammer te wees nie. Lewenslang is in elke geval nie lewenslang nie. Hy inteendeel het n lewe verwoes. Die dogter sal dit tot haar dood nie vergeet nie. Toepaslike straf.

Mielie ·

Ja potty die toilet is mos onder die ma se oog! Heng ek raak bekommerd oor die ouerskap wat julle toon. Restaurant vol vreemde karakters en jy laat jou kind alleen toilet toe gaan, sy kan mos self afvee en broek optrek. Wat die man gedoen het was boos maar wat die “ma” gedoen het, was walglik.

M ·

Pity, ek stry met jou. My kind is 12 en ek stuur nou nog sy broer of pa saam met hom toilet toe as ons na ‘n restaurant of fliek gaan. SA is leeuwêreld jy kan nie bekostig om jou kind ‘n minuut uit sig te laat. Dit is baie gemaklik vir ouers om hul kinders vir 2 ure in speelarea te los en hulself te geniet. Hoe kan jy in elk geval ‘n vreemde mens vertrou om na jou kind om te sien.

Ek ·

In watter land woon jy? Volwasse vrouens kan nie eers meer alleen toilet toe gaan nie. Jy is nerens veilig nie. Wat nog ‘n sewe jarige kind in ‘n besige plek tussen vreemdes? Die ma was nalatig, so oop die oppasser van die kind.

Sommer Net ·

Lewenslank is maar 25 jaarin die regstelsel, waarvan ‘n krimineel net ‘n derde van die vonnis hoef uit te dien voor hy/sy kan aansoek doen vir parool. Hulle behoort sulke gevalle geen opsie vir parool te gee nie. Veral aangesien niks ooit weer daai letsel van die kind kan verwyder nie. Sy sit reeds met ‘n lewenslange vonnis.

Kootjie ·

Nee wat!! Hy moet in die openbaar terreg gestel woord (soos in die oudae) dit het baie van daardie soort afgeskrik! Maar toe kom die nuwe geslag….. en hulle maak nuwe wette en nou sit ons met die gebakte pere! En daar is mense wat hulle jammer kry!! Haai! Hoenou?

Alida ·

As mens al die feite in ag neem kon Ninow op daardie dag enige vrou verkrag het. Die kind was toevallig en ongelukkig op daardie tydstip in die badkamer. Dit is n tragiese gebeurtenis. Hy is nou gevonnis en ons kan niks daaraan doen nie. Die dogtertjie aan die ander kind sal met tyd genees.

Diertjie ·

Johnny ek stem saam jou. Dis onaanvaarbaar wat hy gedoen het. Maar elke dag lees ek iewers van moordenaars wat uit is op Borg net om wee te moor. Ons land het beslis dubbele standaarde

Ma ·

Daar moet alle moontlike pogings deur die regering aangewend word om dwelms uit te roei en sy maatjie pornografie wat so vrylik verkry kan word . Mens bly mens en die jong man het gedoen wat alle dwelm verslaafdes in staat is om te doen.Dis n diaboliese kombinasie. Vergewe ons skulde soos ons ons skuldenaars vergewe.

Leon ·

Die hartseer is, as hy ‘n persoon van kleur was, het hy 5 jaar of 10 jaar gekry wat vir 10 jaar opgeskort is.

Wonder maar net ... ·

Ten minste is daar berou … baie van ons het nie daardie voorreg wanneer ons ons aanvallers in die oë moet kyk nie. Mag God jou en veral jou ouma baie styf vashou. Jou lewe hoef nie hier te eindig nie …

Traktaatjie ·

Sit gaan jy sit boeta en baie waarskynlik ontmoet jy jou lewensmaat daar binne en nerens vra jou ouma verskoning aan die dogtertjie se ouers nee wat pel kry vir jou!

Maljan ·

Nes die magistraat verstaan jy ook nie altyd wat jy sien, lees en hoor nie. Die ouma het die “ma” verskoning gevra nes die vent getjank het van berou en reg deur die hofsaak erg emosioneel was maar die magistraat sê hy het geen berou getoon nie. Dwelms of drank koop niemand meer n “kom maklik los” kaartjie nie. As dit jou van verantwoordelikheid stroop, moet dit nie gebruik nie. Maar…. Wie laat n 6 jarige alleen in n restaurant toilet toe gaan?

KO ·

Aborsie is wettig, niks anders as moord teenoor lewenslange vonnis vir verkragting.
Maak nie sin nie.

Maljan ·

Nes die magistraat verstaan jy ook nie altyd wat jy sien, lees en hoor nie. Die ouma het die “ma” verskoning gevra nes die vent getjank het van berou en reg deur die hofsaak erg emosioneel was maar die magistraat sê hy het geen berou getoon nie. Dwelms of drank koop niemand meer n “kom maklik los” kaartjie nie. As dit jou van verantwoordelikheid stroop, moet dit nie gebruik nie. Maar…. Wie laat n 6 jarige alleen in n restaurant toilet toe gaan?

wonder ·

n Jong verkragter kry lewenslank? n Reeksverkragter kry 3jaar. Ek wens SA wil eenvormigheid in hul vonnisse kry. Dink dit is deel van die feit dat verkragters en moordenaars nie warry nie. Hul glo hul sal wegkom met n klein straf.

Melt Olckers ·

Dit is ‘n gepaste straf. Ek kan glad nie indink dat die Regter iets anders kon gegee het nie. Verkragting in die algemeen is soos die Regter uitgewys het ‘n pandemie in Suid Afrika en dit moet aangespreek word. Ek dink dat die oorsaak daarvan, die misbruik van drank en dwelms ook in ‘n ernstige lig gesien word en ook daarteen opgetree word op ‘n baie strenger wyse.

Cherokee ·

As daardie regter dit wel gesê het, moet hy hoop Gillian Schutte vind nie uit daarvan nie!

JJ ·

???????????
AL meer en meer verkragtings moorde op kinders. Ek het dieselfde vraag gevra oor ander kinders wat vermoor is stil stil verbygaan met klein berrigie en die skuldiges se vonnisse is partymaal lagwekkend. In die land is elke kind vrou boer polisieman ‘n target want ons moordenaars kry parool of ontsnap en worry nie om weer te Moor en verkrag nie want hulle kom weg met ligte vonnisse. Die regering het ons gefaal hulle het die dwelmbase vry toegang in ons land gegee. Kyk bietjie na onderhoude met ex gevangenisse en kapers en die eerste ding wat hulle die skuld op pak is dwelms drank en armoedige mishandelde lewens.

Gesiggie ·

Ek is bly oor die uitspraak, nie dat hy vir lewenslank sal sit?? teminste kan die familie nou aangaan met hul lewe, maar hul kind se lewe sal nooit weer dieselfde wees?? jammerte is nou te laat en berou gaan niks verander. Sterkte aan die ouers mag God jul elke dag dra en versterk op jul pad.

Baardman ·

Die daad is klaar gepleeg en hy het sy straf gekry so vergifnis is daar wel.

Meetstok ·

Meet stok hoe meet ons die vreeslike plaasmoorde die verkragting van ander kinders gebruik dan die regter om hul te vonnis mense gebruik hom want iets is vir my anders dis reg hy verdien wat hom toekom maar wat van ons kinders kleinkinders ouers en grootouers wat vermoor word het hulle dan die reg tot dit .

Alida ·

Dit gaan nie oor kleur nie. Daar word daagliks 10X lewenslange vonnisse aan alle kleure gegee.

Ek dink nie so nie ·

Almal wat se die straf is onregverdig, of selfs jammer voel vir die “man”…. Ek dink dis baie maklik om jammer te voel vir hom of te se die straf is onregverdig as jy ‘n buitestaander is. Sal jy dieselfde daaroor gevoel het as dit jou eie kind was wat verkrag was deur hom? As dit jou eie kind was sou jy nog gevoel het die straf is onregverdig? Ek dink nie so nie!

WMirabilis. ·

Aan al die klipgooiers, ek wens ek het julle regte name geken, sodat ek die koerante kan dophou om te sien wanneer een van julle struikel en op die koerante se voorblaaie beland en op sosiale media geteer en geveer word.
Voordat jy weer ‘n klip optel dink ‘n bietjie hieraan; ‘There but for the grace of God, go I’

Vic ·

Jammer, maar jy is goedgelowig. Die man het verskeie keuses gemaak wat tot die misdaad gelei het – hy het nie “gestruikel” nie……..

VIES ·

as n vreemdeling n los bewering moet maak dat ek n nalatige ma is sal ek daai persoon iets aandoen wat weet jy wat SKROEF…waar is julle pappas dan sulke tye of is dit net die ma se verantweoordelikheid om alleen n ogie oor die kids te hou. ek hoop jyt nie kids nie want jy kies die maklike uitweg om altyd die ma die skuld te gee. vir die rekord ons raak ook moeg ons het ook rus nodig want elke aand moet ons kos maak en kinders was ens ens. nou is my vraag waar was die kind se pa want dan kon hy ook mos by die toilet se deur loop staan het en waghou.alles op on vroue kom pak nie. skaam jou

Cherokee ·

Ek weet nie of sy in ‘n kroeg was nie en indien wel, wat daarvan? Waar kom jy daaraan dat vroue nie onafhanklik kan doen soos hulle wil doen nie? ‘n Halsbandjie moet dra? Daar is vele vrouens met persoonlikhede soos Golda Meir en Margaret Thatcher wat jou aan ‘n halsbandjie kroeg toe sal neem.

Elize ·

Verkragting is verkragting en die straf behoort dieselfde te wees vir almal wat verkrag.
Ek wonder net of die jongman se ma enigsins die kind gevat het vir sielkundige hulp na hy as kind gemolesteer was soos wat beweer word. Indien nie, is sy aandadig aan wat gebeur het.

Es ·

Hierdie saak is baie harter vir albei partye. Wat mense moet besef is die kind was verslaaf by was nie regdenkend nie. Dwelms vernietig lewens . .. sy straf gaan jy drae vir nog baie lank. Sy gaan besluit haar levels ook saam drae. D.w.s due oorsaak van die probleem is dwelms die mense moet swaarder gestraf word wat die goed versprei van harte hoop ons dat alle misdadigers wat verkrag en moor oor dieselfde kampgetrek sal word . Sterkte San sy ouers. Dit is interessant dat die saam so vinnig na n einde kom vergelyk met soortgelyke ander sake.

NET EK ·

Johnny ek stem saam jou op jou vraag. Skroef ek stem ook saam jou op jou vraag. Alida ek stem ook saam jou.

Frm ·

Hierdie saak word deur die media aangeblaas. Ons kan maar net dink vir watter rede.

Hanlie ·

Dubbele standaarde is beslis aan die orde van die dag in hierdie land!!!! Voel vreeslik jammer vir Ninow se Ouma en die kleine ou dogtertjie. Hoop die tyd sal hul wonde genees.

Liesbet ·

Sou niemand hom betrap het nie, wat sou hy met die kind na die verkragting gedoen het? Ek is van mening dat hy sou wou seker maak dat sy nie kon praat en getuig oor wat daar binne gebeur het nie, net soos wat hy van die klere wou ontslae geraak het as bewyse teen hom.

ChrisE ·

Dit is ‘n saak wat agv die velkleur van die beskuldigde deur die media totaal uit verband geruk is. Die daad wat gepleeg is in ‘n beskaafde samelewing is totaal en al onaanvaarbaar en weersinwekkend. Ek wil nie die beskuldigde vryspreek van wat hy gedoen het nie, maar vra net waar het dinge vir die jong man begin skeefloop. Almal blameer mos deesdae omstandighede en persoonlikhede wat in jou vormings en kinderjare ‘n rol gespeel het. Dwelms is gewoonlik die oorsaak. Dit is maklik om nou te vra, waar was die man se ouers of toesighouers. Ons sosiale kohesie (social fibre) is daarmee heen. Daar is geen respek vir gesag of wette nie. Dit druis mos teen die regte van die kind en of persoon in. Snert. Ons gaan in die toekoms nog die wrange vrugte pluk, indien ons dit nie reeds doen nie. Gaan kyk na trop diere. Daar is dissipline, ordelikheid en selfs respek. Almal het ‘n plek en rol om te vervul. Dit is net die mens wat doen wat hy wil, want dit is sy reg. Jy het nie ‘n reg nie, jy as mens het net voorregte. Berus daarby.

manie ·

Welgedaan met die spoed hoe vinnig die sak afgehandel is.
Kan Zuma se saak wat al langer as 10 jaar duur ook nou afgehandel word.

angel ·

ek voel net die gereg is onregverdig, daar so baie kinders se lewe wat verwoes word deur varke en hulle kry maar vonnis van 7 jaar en dan ander gevalle kry hulle lewenslank hoe verduidelik mens dit …….

stand together ·

Liesbet ek het ook so gewonder, die ma het haar kind net betyds givind. Wie verwag so iets sou gebeur by n eetplek. Sy eie ma het hom dwelms gegee. Blammeer haar eerder.

Bella Bie ·

Eerstens, mens laat nie jou kinders onder jou oe uit nie,7 klink oud genoeg maar my oudste is al amper 11 en sy gaan nie eens alleen toilet toe nie.. Tweedens drugs en alkohol het al menigte mense en lewens verwoes,so om te lees dat dit niks met die saak uit te waai het nie maak my ketel oorkook!! Natuurlik het dit iets daarmee te doen! Die wat se die drugs is nie die rede nie het nog nie die drugs misbruik nie..gaan lees gerus bietjie op oor Cat en Crystal- mense se koppe hak uit! Derdens, dit wat hy gedoen het was nie reg nie, glad nie,maar om hom dan nou aan te kla vir vooraf beplan wys net vir my dat hul niks meer kon doen na hy bekentis afgele het nie! Hy het soos baie ander mense in ons samelewe ook deur hel gegaan as kind, dit regverdig GLAD nie sy dade nie maar hoe kon hul se hy het geen berou getoon nie?? Ek volg liefs hofsake en luister aandagtig en kyk aandagtig…hy het n brief en gedig geskryf om jammer te se en self gehuil toe hy dit moes lees, hoe moes hy dan anders vergifnis vra?! daar is defnitief dubbel standaarde in ons siek land! Vermoor n vrou agter n toe badkamer deur -pleit onskuldig en sit net hoeveel jaar?….. nee wat dis n siek wereld waarin ons leef! :(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.