NK-boer sterf ná mesaanval: ‘Hy was my sielsgenoot’

Petra en Hennie Oosthuizen. Foto: Facebook

Petra en Hennie Oosthuizen. Foto: Facebook

“Woensdagaand het hy my hande in syne gevat en vir my gesê, dit is nie waar dat ons vir mekaar sal lief wees tot die dood ons skei nie, want selfs die dood kan nie dit wat ons het vernietig nie. Daarom sê ek nie vandag dat Hennie my liefgehad het nie – Hennie hét my lief.”

Só het Petra Oosthuizen, die vrou van Hennie Oosthuizen (49), Maandag gesê nadat haar man Vrydag op ʼn plaas in die Groblershoop-omgewing in die Noord-Kaap met ʼn mes doodgesteek is. Maroela Media het vroeër berig ʼn 24-jarige plaaswerker is vir Hennie se moord in hegtenis geneem en sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Hennie en Petra het onlangs na die plaas op Groblershoop getrek waar hulle as plaasbestuurders gewerk het. Petra het aan Maroela Media gesê die werker se ontevredenheid oor vleis wat hy nie ontvang het nie, het skynbaar aanleiding tot die aanval op Hennie gegee. “Daar word maandeliks 10% van die werkers se salarisse afgetrek om uitgawes soos hul verblyf, water en elektrisiteit te dek, asook vleis wat maandeliks aan hulle verskaf word,” het sy verduidelik.

“Die eienaar van die plaas is tans in die hospitaal en kon dus nie hierdie maand betyds die werkers se lone vir hulle kom betaal of hulle vleis bring nie. Hennie het egter uit ons eie rekening gaan geld trek om aan die werkers hul lone te betaal. Donderdag het Hennie vir die werkers verduidelik dat hulle vleis weens die eienaar se hospitaalopname nog nie gereed is nie en dat die eienaar dit Saterdag vir hulle sal bring wanneer hulle ook sommer oor almal se verlof vir Desember sal gesels,” het Petra gesê.

Sy vertel dat een van die werkers baie ontevrede was hieroor en vir Hennie daarvan beskuldig het dat hulle sy geld steel omdat 10% van sy salaris verhaal is, maar hy nie sy vleis ontvang het nie. Hennie het vir hom die situasie probeer verduidelik, maar volgens Petra wou die werker nie rede insien nie.

Hennie Oosthuizen en sy vrou, Petra. Foto: Verskaf

Hennie Oosthuizen en sy vrou, Petra. Foto: Verskaf

“Hennie het toe net vir hom gesê om aan te gaan met sy werk of terug te gaan na sy kamer toe as hy wil afkoel, maar daar was niks verder wat hy omtrent die saak kon doen nie,” het Petra gesê.

Sy vertel dat Hennie Vrydagoggend uit die huis is om die gifspuit vol te maak waarmee hulle die dag die lande sou spuit. Petra was steeds in die egpaar se slaapkamer besig om reg te maak toe sy kort ná 07:00 vir Hennie om hulp hoor roep het. “Die volgende oomblik het hy bebloed in die kamer gestrompel en gesê: ‘Hy [die betrokke werker] het my met ʼn mes gesteek. Sluit die huis.’”

Petra het gehardloop om die huis te sluit voordat sy vir Hennie op die bed gehelp en hom in die herstelposisie gedraai het. “Daar was bloed oral. By die agterdeur, bloedstrepe teen die yskas, teen die badkamermuur en ʼn bloedplas op ons slaapkamervloer waar Hennie geval het. Net bloed orals,” het sy gesê.

Die werker het glo vroeër ʼn mes in sy kamer gaan haal en Hennie van agter verskeie kere in die rug gesteek voordat hy op die vlug geslaan het. Volgens Petra het twee ander werkers gesien hoe dit gebeur.

Petra het die buurman gebel wat binne oomblikke voor hul huis stilgehou het. “Ons het vir Hennie na Johan [Van Zyl] se bakkie toe gedra. Hennie kon nie meer praat nie. Hy het my in my oë gekyk en ek kon sien, hy gaan nie lewe nie,” het sy gesê. Die egpaar se tienjarige seun het saam in die bakkie geklim omdat Petra nie geweet het waar die aanvaller was nie en hom dus nie op die plaas wou agterlaat nie.

“Ons seun het alles gesien. Die bloed, hoe sy pa daar in die bakkie sit en roggel. Hennie moes deur sy kamer loop om in die huis te kom nadat hy aangeval is en hy het gesien hoe sy pa daar voor sy bed neerval,” het Petra gesê. Die buurman het met Hennie na die plaaslike kliniek gejaag waar hy dood verklaar is.

Intussen het Petra met haar bakkie na Kaap Agri in die dorp gejaag waar sy hulle ingelig het van die aanval. Die boere in die gemeenskap is vinnig geaktiveer en hulle het dadelik die werker agternagesit. Sy spoor is gevolg en ʼn jong seun van die gemeenskap het te perd die werker in ʼn huisie op die bure se plaas opgespoor waar hy in hegtenis geneem is.

“Namens my en my kinders kan ek nie vir die gemeenskap genoeg dankie sê wat ons te hulp gesnel en gehelp het om die werker op te spoor nie. Almal was net ongelooflik. Ek dank die Here vir die mense van Groblershoop,” het Petra gesê.

Petra en Hennie het saam ʼn tienjarige seun, terwyl Hennie twee dogters uit ʼn vorige huwelik het en Petra ʼn seun uit ʼn vorige huwelik.

“Hennie was ʼn saggeaarde en liefdevolle mens wat altyd ander gehelp het, selfs al was dit ten koste van homself. Toe die werkers se lone nie betyds betaal kon word nie, het hy dit uit sy eie sak gaan betaal. Dit wys jou net watter tipe mens hy was. Hy was ʼn eerlike en regverdige man en hy wou net almal om hom help,” het Petra gesê.

“Hennie was my sielsgenoot. Dit klink dalk na ʼn cliché, maar hy was die wind onder my vlerke. Daar is geen ander manier om dit te beskryf nie. In die 15 jaar wat ons getroud was, het ek hom dalk twee keer kwaad gesien. Hy was ʼn boer in murg en been wat ʼn ongelooflike liefde vir die natuur gehad het. Hy was diep gelowig en nie bang om dood te gaan nie. As ek ooit bekommerd was, het hy altyd my hand gevat en gesê, ‘My skat, ons sal hierdeur kom’. Ek dank die Here vir die tyd wat ek saam met Hennie gehad het.”

Lees alle vorige berigte oor Hennie Oosthuizen op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Denise ·

Baie baie hartseer ek het nie woorde nie !!!!! Sterkte aan sy vrou en kinders!!!!

Dit moet nie gebeur nie ·

Dit moet nie gebeur nie, sulke goed mag nie gebeur nie!!!!!! Werklik oor ‘n bietjie vleis, dit gaan die verstand te bowe en dan is die rede vir die bietjie wag aan hom verduidelik, nee dit is mos net van sit en ontvang en as dit nie gebeur steek ons sommer die mens dood. Selfs ‘n jong dogter vir haar selfoon en ‘n ring doodgemaak.

Maria Van Dieweeck ·

My hart breek vir julle familie, ek is so vreeslik jammer.

Jean ·

Het nie woorde nie, ek gaan net ge’modereer’ word as ek werklik wil se wat ek voel, so laat ek liewer my INNIGE SIMPATIE aan sy vrou en kinders oordra. Rus in Vrede Hennie, jou dood gaan ‘n groot leemte in jou gesin en familie laat.

vierkleur ·

Ek baie jammer oor jou verlies, dame. Mag God julle styf vashou.
Ek kan nie help om nie kwaad te word, soos ek die berig lees nie. My mense word voor ons oe
uitgemoor. Ek verstaan nie, dat ons so magteloos sit en toe kyk.

Genoeg is genoeg, asseblief ,ek vra dat ons moet opstaan teen hierdie dade wat teen on volk gepleeg word.

Nita ·

Steeds benat die boere se bloed die aarde. Sodra die wittes van die grond af verdryf is gaan ‘hulle’ lieflike vrugbare, grond, gewas in boerebloed, erf. En sal hulle die land se mense kan voed? Nee! Kyk maar na Zimbabwe.

LB S ·

Jy hoef nie so ver te gaan soek nie, kyk maar na die boerdery waar helfte van 34 000 hoenders sommer vir eie gewin verkoop is en die ander helfte gevrek het van honger. Nog 30 000 hoenders gekry wat dieselfde lot gehad het. Alles binne een jaar van “boerdery”.

Johan ·

Dit is baie hardseer om so iets te hoor gebeur.
Sterkte vir die famielie ons dink aan julle.
En wil net se God slaap nie.

callie ·

Stem saam. die laaste strooi wat die kameel se rug breek is lankal opgepak. Erens moet ons nou teruggaan na n oog vir n oog. Dit is al want die regering spreek hom nie eers uit oor die wittes wat so gemoor word nie.

Connie ·

Dis verskriklik hartseer. Maar nou ja, rede kan hulle nie insien nie. Dit is ‘n probleem met ons mede Suid Afrikaners. Ding steek vas en dan raak hulle mal.

Bosveld g ·

Baie jammer. Ons laat mekaar in die steek ! Hoop julle as gesin word goed ondersteun en baie simpatie en sterkte. Elkeen wat mm lees probeer jou kant bring, hoe klein ookal. Jy ken iemand, n buurman of dorpsvriend of familie of wie ookal wat dalk n plan het. Ons moet behalwe by ons Skepper hierdie probleem rigbaar maak !! Sterkte aan alle slagoffers in SA

al ·

Wil net he en he en kan nie rede insien nie. Nou moet n onskuldige man, eggenoot en pa boet met sy lewe! Die boosheid le by sommiges net veldiep!!!

foxi ·

So jammer…jammer….jammer. n lewe geneem net oor vleis….hoe wreed kan n mens net nie wees nie! Mag daardie moordenaar kry wat hom toekom……dit sal sekerlik nie vleis wees nie!

Joe ·

Dit is skokkend & uiters hartseer oor hierdie wrede aanval …. wat kan mens se …. baie moeilik om emosies in toom te hou !!
Wat soek al die onwettige kriminele immigrante in SA …. om SA se rekord misdaad statistiek te bevorder …..
Sterkte aan die familie wat agter gelaat word , dit is baie hartseer saak & dit die tyd van die jaar ….

Niccy ·

hy is nie meer ‘n werker nie maar die moordenaar van iemand wat wil werk en sorg dat daar geld en kos op hul tafels is. Die wiel draai. Sterkte aan die vroutjie en haar seun. Ons harte gaan uit na jul.

veruschka ·

Ja n regte lafaard wat iemand van agter aanval! Sterkte aan die familie in hierdie moeilike tyd.

Bera ·

Dis regtig baie hartseer….ek word emosioneel soos ek hier sit en lees..Dis nie regverdig nie. Alle sterkte met die familie, veral vrou en kinders.’n Mens kan regtig niemand meer vertrou, die hand wat jou voed ly die ergste. Bowen als glo ek dat onse God nog in beheer is Petra! Hennie is op ‘n baie beter plek, berus jou daarby.

Marieta Voges ·

So het ek vir Petra en Hennie leer ken en sal ek hulle altyd onthou…altyd ‘n glimlag en ‘n sagte woord vir hulle medemens. Mag die Almagtige Vader jou en jou kinders vertroos Petra, jy het voorwaar jou sielsgenoot verloor. Rus in vrede Hennie, jou “legacy” van vrede en liefde bly by ons.

Elzabe Borman ·

Am do so sorry to read about your husband and friend I wish you all the best I cont say I know how you feel because I dont but remember God will always be with you now and for ever

Antionette Spies ·

Ons en Hennie en Petra hul was goeie vriende toe hul nog in Parys op Lindequiesdrift gebly het. Orals saam uitgegegaan. Hul destydse Hoenderboerdery ondersteun. Hy sou nie eers n lastige vlieg kon skade aandoen nie. RIV Hennie, sal jou altyd onthou. Dankie vir n mooi vriendskap. Sterkte aan Petra en al die kinders. Van Tommy en Antionette Spies Parys.

alter ego ·

mag die geeste van al die vermoorde wit boere deur die eeue geen elke “opkomende” boer en sous trein ryer, elke bbbee en regstellendeaksie erwer jaag tot daar waar de wetter dit nooit weer na buite sal waag nie. die oe op hulle almal.

moedeloos ·

Vreeslik hartseer my gebed is dat God julle sal troos en sal bystaan deur hierdie moeilike tyd. Ek het nie woorde vir hierdie lafhartige swart man nie maar God slaap of sluimer nie net soos Hennie ook nie geweet het van die aanval op hom nie so sal dit wees met die een wat gestraf sal word nie deur die regering nie maar gestraf word deur n Almagtige God wat regverdig is.

Jan ·

Ek het vir Hennie leer ken toe my ma na my pa se afsterwe met Hennie se pa getroud is 24 jaar gelede. Die ordentlikste mens wat daar is, altyd hulpvaardig, vriendelik en n man wat geleef het vir sy vrou en kinders. RIV Hennie, jammer dat jy so voortydig moes gaan. Sterkte vir jou Petra en die kinders wat agterbly. Jesus sal vertroosting bring.

tamboti ·

nou wil ek weet hoe word hierdie misdaad ge-oordeel? (met alle respek teenoor die slagoffer – letterlik en figuurlik)
– provokasie/geregtiglike optrede: die verdagte was gedwing om sonder kos te werk
– gewone misdaad: die verdagte was honger en is kos geweier
– loongeskil: die verdagte is nie sy volle besoldiging op presies die regte tydstip betaal nie
– gewone misdaad: die verdagte het ‘n geleentheids misdaad uitgevoer
– regstellende aksie: voorheen benadeelde het probeer om grond te verkry
– grondwetlike optrede: elke lands-inwoner het menseregte maak nie saak wat die slagoffer ly of sterf nie – die grondwet dek nie sy regte nie!
Plaas(BOER)moord en rassisme is nooit die motief volgens die regering en ander geleerde(liberale) persone nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.