NK-vrou met baksteen aangerand in begraafplaas

Natasha Swanepoel en haar babadogtertjie. Foto: Verskaf

Natasha Swanepoel en haar babadogtertjie. Foto: Verskaf

Natasha Swanepoel (22) is Dinsdagoggend ten aanskoue van haar 16 maande oue babadogtertjie deur twee mans oorval en met ʼn baksteen aangerand toe sy haar oorlede swaer se graf gaan besoek het.

Malie Swanepoel (42), Natasha se skoonma, vertel dat haar jonger seun, Marcel, in 2013 aan breinvliesontsteking oorlede is. Hy is in die Windsorton-begraafplaas begrawe.

“Natasha het vir my ʼn boodskap gestuur dat sy na die begraafplaas toe gaan om Marcel se graf te besoek en bietjie skoon te maak. Die begraafplaas is naby hul huis en sy het sommer met haar dogtertjie in ʼn stootwaentjie soontoe gestap,” het Malie vertel.

Terwyl Natasha by die graf was, is sy van agter af deur twee mans aangeval wat haar met ʼn baksteen in haar gesig en teen haar kop geslaan het. Een het ook glo ʼn mes by hom gehad waarmee hy haar in die maag gesteek het. “Sy het hard terugbaklei en probeer wegkom, maar haar bene en rug is vol blou kneusplekke soos hulle haar geslaan het,” het Malie gesê.

“Die baba het natuurlik begin huil toe sy sien hoe hulle haar ma seermaak en ek dink dit het hulle afgeskrik, want hulle het net skielik weggehardloop,” het sy gesê. Natasha het daarna haar kind gegryp en na Malie se huis gehardloop. “Sy sê sy weet nou nog nie hoe sy uit haar skoene gekom het nie, want toe sy by die huis aankom was sy kaalvoet.” Sy is nie beroof nie.

Die Swanepoel-familie is later na ʼn staatshospitaal in Kimberley waar Natasha mediese behandeling ontvang het. “Sy is nou by die huis. Sy kan nie alles onthou wat gebeur het nie, wat dalk te wyte is aan die hou teen haar kop. Sy is erg getraumatiseer,” het Malie gesê.

Lt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n saak van aanranding ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Jan-nee Zuma, hierdie land raak elke sekonde meer en meer ONREGEERBAAR met jou wat nie jou werk doen sowel as die ander kaders.
Slappies om die minste te sê.
Beter dat ek my kommentaar net hier stop.
Sterkte Natasha en mag ons ander ook hieruit leer dat hierdie land leeuwêreld is. (Hoe sleg sê ek nou ‘n leeu).

Dave ·

Wed julle dat niemand meer soos lank terug gaan vra watter kleur nie. Die kleur is default met betrekking tot sulke dinge. Bloot net boos.

david ras ·

“…….shamelessly attack the weak, and shamelessly flee from the strong…….(uit Operation Mayebuye –dokumentasie van die ANC se rewolusie 1963)
Bejaardes, vrouens en kinders word aangeval…….Mayebuye leef weer !

Winston ·

Net so jammer die grootste deel van die bevolking ken die psige van Die ANC die minste. Dis net oor mag en MAG. Sterkte aan die slagoffer. Nog n grap vir Zuma en sy gespuis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.