NKaap-speaker se man aangekla van 4 moorde

Thamsanqua Mjila tydens Dinsdag se hofverskyning. Foto: ANA

Thamsanqua Mjila tydens Dinsdag se hofverskyning. Foto: ANA

Die Noord-Kaapse speaker se man is aangekla van vier moorde, waaronder die moord op sy vrou.

Nokhaya Mjila se man, Thamsanqua, het Dinsdag in die Kathu-landdroshof verskyn waar hy ook aangekla is van aanranding met die doel om ernstig te beseer en brandstigting.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak teen Thamsanqua is tot 30 Julie uitgestel en dat hy in aanhouding bly.

Die aanklagte kom na ʼn voorval in die vroeë oggendure op 30 Mei toe Mjila se man haar glo aan die brand gesteek het by ʼn familielid se huis in Olifantshoek. Mjila het daar herstel nadat sy in die hospitaal was. Volgens die polisie het Mjila se man die Vrydagaand saam met ander mense by die huis opgedaag om Mjila te besoek. Hy en die ander besoekers het omstreeks 22:00 die huis verlaat.

“Hy het glo omstreeks 02:00 Saterdagoggend weer teruggekeer na die huis en petrol op sy vrou uitgegooi terwyl sy geslaap het en haar aan die brand gesteek.” Mjila het op 12 Junie aan haar wonde wat sy tydens die brand opgedoen het, beswyk. Lillian Dilodilo en Narshilia Dituku, familielede van Mjila, sowel as haar nege maande oue kleindogter, is ook dood in die brand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.