Nkandla: Die kieskeurige gesin se luukse wegbreek

Skermskoot van die advertensie op Safari Now

Skermskoot van die advertensie op Safari Now

“Dié eenvoudige herehuis, geleë tussen die skilderagtige Kwanskop [sic] en Eshowe in die platteland van KwaZulu-Natal, naby die heuwels van Magengela en net twee ure buite die rustige strandmeeroord, Richardsbaai, onlangs opgeknap ter waarde van R250 miljoen, bied alles wat die kieskeurige gesin vereis in luukse vakansie-uitspattigheid.”

Só lui die begin van ʼn advertensie wat iemand op die akkommodasiewebwerf, Safari Now, gepubliseer het waarin president Jacob Zuma se huis in Nkandla, KwaZulu-Natal te huur aangebied word.

Volgens die tong-in-die-kies-advertensie kan kamers in die dubbelverdiepinggrasdakhuis elk 10 persone akkommodeer en daar is ses kamers beskikbaar teen R10 000 elk.

Tariewe per aand vir die Nkandla-herehuis (Skermskoot: Safari Now-webwerf)

Tariewe per aand vir die Nkandla-herehuis (Skermskoot: Safari Now-webwerf)

Eenhede in die dubbelverdiepinggastehuis bied slaapplek vir 20 persone en die twee eenhede kan teen R20 000 elk per aand verhuur word.

Die luukse ondergrondse skuiling het genoeg akkommodasie vir 99 persone en word teen R200 000 per aand aangebied.

Die advertensie verwys ook na die splinternuwe veiligheidsheining met opgegradeerde fasiliteite.

“Die oorspronklike opstal het sedert 2009 verdubbel in grootte met ses dubbelverdiepingrondawels, twee dubbelverdiepinggastehuise, ʼn ondergrondse skuiling, akkommodasie vir personeel en ʼn klein weermag van hoogs opgeleide veiligheidspesialiste wat ook jou kinders in die dag kan oppas,” lui die advertensie verder.

Die plaaslike lughawe is glo net ʼn “kort helikoptervlug ver” en “uurlikse pendeldienste” verseker dat gaste binne oomblikke ingevlieg kan word. “Nuwe snelweë verseker jou reis is vinnig, glad en sonder slaggate.”

Daar word ook spesiale vermelding gemaak van die stortkoppe in die badkamer.

En dan, as ʼn kantnota: “Lenings en elektroniese oordragte kan gereël word, maar jy moet ons in kennis stel wanneer jy van plan is ‘to pay back the money’.”

Die volledige advertensie is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

M ·

Eers moet die belastingbetaler se geld gemors word en nou word die plek uitgehuur so hy maak nog geld ook uit dit. Weet nie of ek moet lag of huil nie………..

AN-RE ·

Ekt gelees in die artikel dis n “kies- in -die -tong” advertensie… ??? beteken dus dis nie n regtig advertensie nie maar n gespottery.

ANRE ·

“Tong in die Kies” advertensie! hahahaha! ek vra omverskoning

Deloris ·

Vir iemand wat nie skool klaar gemaak het nie ……. word “geguide” …. ek het mos altyd gese mens kry nie ‘n dom skelm nie…… wat gaan ons volgende sak ruk….’n twee Nkadla met ‘n ander naam nog nog 20 vroue by??? die land is een groot sirkus sonder ‘n kaptein aan die stuur.

Fransie ·

10 uit 10 vir die persoon wat daai advertensie geplaas het. Dis nou iemand wat ‘n uitstekende sin vir humor het. Wys jou net, dis nie net ons nommer 1 wat dom is nie – daar is diegene ook wat dink dit is werklik ‘n advertensie. Nou lag ek nog lekkerder.

Juffrou ·

Uitstekend! Wat kan ons doen behalwe lekker lag vir di sirkus en di hoofnar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.