Nkandla-groentepakhuis nié vir Zumas nie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Groentepakhuis wat naby aan pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla gebou is, is tot voordeel van die gemeenskap, het die departement van samewerkende regering in KwaZulu-Natal Sondag gesê.

“Daar is nie goud nie, daar is nie steenkool nie. Landbou is ʼn groot dryfveer van ekonomiese ontwikkeling in die provinsie,” het Lennox Mabaso, woordvoerder vir die departement gesê. “Dit is nie vir die voordeel van een familie [die Zumas] nie.

Die Sunday Times het berig die departement het ʼn groentepakhuis opgerig vir ʼn vroue koöperasie wat Zuma se vrou, Sizakele MaKhumalo Zuma, in 2010 gestig het. Mabaso sê MaKhumalo is betrokke in landbousake in die gemeenskap, maar ontken dat haar politieke verbintenis die rede vir die pakhuis was. Dit is glo een van talle pakhuise wat in die provinsie gebou word. “Daar is ʼn model wat ons in al hierdie projekte volg,” het hy gesê.

Die moontlikheid vir werkskepping en ekonomiese geleenthede deur middel van boerdery in KwaZulu-Natal maak dit ʼn sleutelsektor vir ontwikkeling. Hy het gesê dit wil voorkom of sekere media gefokus is op enige ontwikkeling naby Nkandla, aangesien onlangse omstredenheid oor veiligheidsopgraderings aan Zuma se huis dit “nuuswaardig” gemaak het. “Dit wil voorkom of alles wat in Nkandla plaasvind oor een familie handel, selfs al is daar geen verbintenis nie. Dit is verkeerd. Die mense van Nkandla het uitgeworpenes geword,” het Mabaso bygevoeg.

Hy sê daar is talle groentepakhuise en hulle het dieselfde koerante genooi om die opening daarvan by te woon, maar niemand het opgedaag nie. “Net die feit dat hierdie een by Nkandla is, is ʼn poging om met die storie voort te gaan.”

Hy kon nie dadelik die koste van die pakhuis bekend maak nie, maar het gesê sy departement sal volgende week ʼn verklaring hieroor uitreik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Meisie ·

Mmmmmmmmmmmm ja en ons moet dit glo!!! Dink julle ons is almal morone??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.