Nkandla-heining reggemaak

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

ʼn Veiligheidsheining rondom pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla, KwaZulu-Natal, is herstel, het die Sunday Times berig.

Die koerant het berig dat alle gedeeltes van die heining ter waarde van R6.2 miljoen herstel is en dat stompe wat vroeër gebruik is om gedeeltes wat ineengestort het te ondersteun, verwyder is.

Die heining is minder as twee jaar gelede rondom die president se 8.9 hektaar privaat woning gespan. Daar is ook ʼn 3 meter hoë heining aan die binnekant wat R8.2 miljoen gekos het.

Die koerant het Sondag sy vorige berig, dat die Betafence Projects-maatskappy die heining opgerig het, reggestel. Die koerant berig die maatskappy het slegs die heining aan die binnekant opgerig wat “in ʼn goeie toestand is”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.