Nkandla-heining val glo uitmekaar

Nkandla

Nkandla

Die multi-miljoenrandse hoë-veiligheid grensheining by president Jacob Zuma se private Nkandla-woning is besig om uitmekaar te val, minder as twee jaar nadat dit opgerig is, berig die Sunday Times.

Volgens die koerant het verslaggewers Nkandla besoek en gesien dat dele van die heining heeltemal gebreek is terwyl ander dele gelap is met stukke hout en ander voorwerpe.

Zuma se 8,9ha woning in KwaZulu-Natal is omring deur twee 3m-hoë heinings. Die binnenste heining het sowat R8,2 miljoen gekos. Die buitenste heining is besig om uitmekaar te val.

Volgens die Sunday Times is daar ook skade aan die heining naby Zuma se hoofwoning. Die heining naby een van die waghuise is glo omgestamp terwyl die gedeelte van die heining naby die rondawels heeltemal omgeval het en deur stompe regop gehou word. Volgens die berig is daar ook ʼn gat in die heining rondom die veiligheidskompleks.

Die kontrak vir die oprigting van die heining is toegeken aan die Durbanse sakevrou Thandeka Nene, wat se maatskappy werk van nagenoeg R98 miljoen gekry het vir die Nkandla-projek. Die kontrak vir die heining is egter later gekanselleer en aan Betafence Projects toegeken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Francois ·

Wel as my heining by my huis omval of breek, moet EK dit regmaak. So wat van maak Zuma – MET SY EIE GELD – die heining reg! Wat het dit met ons of openebare werke te doen?

Grassie ·

Dit is meer as net ou Zoempas se heining wat besig is om uitmekaar te val. Ek dink sy politieke loopbaan lyk erger as sy heining. En sy gesondheid miskien?

Charl ·

“Die kontrak vir die oprigting van die heining is toegeken aan die Durbanse sakevrou Thandeka Nene, wat se maatskappy werk van nagenoeg R98 miljoen gekry het vir die Nkandla-projek.”
– “wie” se maatskappy , dalk?

Babs ·

Hoekom is ‘n heining die eerste plek nodig? Dis net Zuma se mense wat daar rond bly. Is hy dan bang vir hulle? Die ANC glo mos nie hier is geweld in die land.

Linda ·

Alle mense moet mos kan gaan swem en rond loop en van al die dienste kan gebruik – Nkandla word mos met die PW Bothe Lughawe vergelyk…………………………

Linda ·

Nkandla word mos met PW Botha lughawe vergelyk – so almla kan dan mos van die dienste daar gebruik maak.

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit val uitmakaar sooswat alles in SA uitmekaar val . Lekker Zuma !

anita ·

Hier is nou die geleentheid om SEKER te maak dat die belasting betalers nie die onkoste dek nie, maak seker dat elke koerant die berig dra en waarsku die Dept. Van Publieke werke nou reeds dat die President self verantwoordelik is vir hierdie koste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.