Die partye sal aanvoer dat Zuma die aanbevelings van die Openbare Beskermer (OB), Thuli Madonsela, in haar Nkandla-verslag moet nakom deur ʼn gedeelte van die R246 miljoen terug te betaal wat aan opgraderings aan sy woning bestee is.
Die DA en EFF het verlede week geweier om Zuma se aanbod te aanvaar om buite die hof te skik deur ʼn gedeelte van die geld terug te betaal wat aan nie-veiligheidsopgraderings soos ʼn swembad, amfiteater en beeskraal bestee is.
Zuma het tot verlede week geweier om die OB se verslag te aanvaar wat bevind het dat hy en sy gesin onbehoorlik gebaat het by die opgraderings aan sy Nkandla-woning en aanbeveel het dat hy ʼn gedeelte van die opgraderingskoste moet terugbetaal. Zuma het destyds gesê die “regstellende stappe” is nie verpligtend soos ʼn hofbevel nie.
Die hof sal na verwagting uitspraak lewer oor die mag en die wetlike gesag van die OB. Daar word verwag dat EFF-ondersteuners Dinsdag buite die hof sal betoog. Dit is egter onwaarskynlik dat Zuma self die hofverrigtinge sal bywoon.
Nou moet die Konstitusionele Hof nog net besluit of die R1miljoen salaris PER JAAR vir elke parlementslid, asook baie lekker vervoer-, behuisings- en onthaalvoordele, ook ongrondwetlik is. ELKE parlementslid wat daardie baie geld en lekker voordele kry, is besig om sy eie mini-Nkandla te bou, en dit sluit die DA en die EFF in wat nou met so ‘n hoogheilige houding Konstitusionele Hof toe hardloop.
Nee, hy sal dit nie bywoon nie. Maar hy kan nie wegkom van die State of the Nation Donderdag nie.
Hierdie mannetjie (Zuma) steur hom aan niks en niemand. Hy gaan verseker die hofuitspraak ook ignoreer en dan moet die belastingbetaler dit “in die regte konteks” sien.
Hy kan nie meer nie, al wil hy.
Dir dubbele standaards van lesers wat so aanhoudend kla oor die vermorsing van geld by Nkandla, verbaas my. Nie een stem saam met of ondersteun my nie met my argument dat alle parlementslede (ook die DA…) se reusagtige salarisse en ander lekker voordele ook maar net mini-Nkandlas in wording is.
Miskien moet die hof eers besluit oor Nkandla voordat ons die dubbele standaarde saak aanvoer . Of alternatiewelik , begin jy ‘n saak.