“Die speaker [Baleka Mbete] het navrae ontvang wat die polisieminister se verslag oor Nkandla betref. In afwagting op die verslag is ʼn proses begin om ʼn ad hoc-komitee aan te stel om die verslag te oorweeg,” het die parlement in ʼn verklaring gesê.
Thuli Madonsela, openbare beskermer, het verlede jaar bevind dat Zuma en sy gesin onbehoorlik by die opgraderings gebaat het.
Madonsela het opdrag gegee dat Zuma ʼn gedeelte van die geld moet terugbetaal. Zuma het Nathi Nhleko, minister van polisie, opdrag gegee om te besluit of hy [Zuma] verantwoordbaar gehou moet word. Nhleko het reeds sy verslag voltooi en vir Mbete gewag om vir hom te sê wanneer hy sy verslag aan die parlement beskikbaar moet stel.
Nogal ‘n gerieflike plekkie in vergelyking met genl. Smuts se tweedehandse sinkhuis by Irene. Ja, die vere maak die voël …
Peet jy het my lekker laat lag. Dankie……….die vere maak die voel.
Peet jy het my lekker laat lag. Dankie……..die vere maak die voel.