Nkandla-komitee aangestel

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die parlement het aangekondig dat ʼn komitee aangestel sal word om die polisieminister se verslag oor die opgraderings by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning te hanteer.

“Die speaker [Baleka Mbete] het navrae ontvang wat die polisieminister se verslag oor Nkandla betref. In afwagting op die verslag is ʼn proses begin om ʼn ad hoc-komitee aan te stel om die verslag te oorweeg,” het die parlement in ʼn verklaring gesê.

Thuli Madonsela, openbare beskermer, het verlede jaar bevind dat Zuma en sy gesin onbehoorlik by die opgraderings gebaat het.

Madonsela het opdrag gegee dat Zuma ʼn gedeelte van die geld moet terugbetaal. Zuma het Nathi Nhleko, minister van polisie, opdrag gegee om te besluit of hy [Zuma] verantwoordbaar gehou moet word. Nhleko het reeds sy verslag voltooi en vir Mbete gewag om vir hom te sê wanneer hy sy verslag aan die parlement beskikbaar moet stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Nogal ‘n gerieflike plekkie in vergelyking met genl. Smuts se tweedehandse sinkhuis by Irene. Ja, die vere maak die voël …

Tammy ·

Peet jy het my lekker laat lag. Dankie……….die vere maak die voel.

Tammy ·

Peet jy het my lekker laat lag. Dankie……..die vere maak die voel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.