Nkandla-komitee ontbind

Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal

Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal

Die parlementêre ad hoc-komitee wat president Jacob Zuma se antwoord op die openbare beskermer (OB) se Nkandla-verslag moes ondersoek, is ontbind.

Die ANC het voorgestel dat die saak na die volgende parlement verwys word en daarna sy meerderheid gebruik om die mosie te aanvaar. Die mosie het gevolg na hewige argumente tussen ANC-LP’s en hul opposisie eweknieë. “Die eerste mosie is dus uitgevoer. Die komitee het kennis geneem dat ten spyte van sy verbintenis tot die saak, daar onvoldoende tyd is om die werk te voltooi soos uiteengesit in die terme van verwysing,” lees die verslag wat deur die ANC-lede in die komitee opgestel is. “Die ad hoc-komitee stel voor dat die saak verwys word na die vyfde parlement vir oorweging.”

Die opposisiepartye het ʼn minderheidsverslag ingedien. “Dit sal ʼn growwe pligversuim en ontkenning van sy lede se ampseed uitmaak indien die komitee niks minder as ‘n konstante poging aanwend om sy grondwetlike verantwoordelikheid na te kom voor die vierde parlement ontbind nie,” het die opposisiepartye se verslag gelees.

Die ANC het egter aangevoer dat daar nie genoeg tyd is vir die komitee om sy werk behoorlik te doen voor die parlementêre termyn tot ʼn einde kom nie. “Ons soek geregtigheid vir die saak. Dis hoekom ons sê tyd is teen ons,” het ANC-lid Dorris Dlakude gesê. “Daar is geen rede hoekom ons nie die saak na die vyfde parlement kan verwys nie.”

LP’s van die opposisiepartye het sterk teenkanting gemaak. “Dit is ‘n redelike skandelike stand van sake. Die ANC beweer die komitee het nie die tyd om die werk te doen nie. Ons wag nog om van die ANC te hoor oor wat die werk is,” het ‘n ontstoke Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, gesê.

ANC-LP Buti Manamela het Mazibuko berispe vir haar gebruik van die woord “skandelike” en het haar daarvan beskuldig dat sy die komitee misbruik as ʼn verkiesingsfoefie. “As ons wil hê die komitee moet tot 6 Mei werk sal ons die komitee opstel vir ʼn mislukking,” het Manamela verduidelik.

Dlakude het lede van die opposisiepartye daarvan beskuldig dat hulle reeds oor die uitkoms van die komitee besluit het nog voor dit saamgestel is. “Dit blyk dat hulle weet wat hulle met die een wil bereik. As die ANC bly ons by ons mosie. Ons gaan nie iets doen en dit dan los nie. Ons wil dit deeglik doen,” het Dlakude geargumenteer.

Corne Mulder, Vryheidsfront Plus-LP, het haar in die rede geval en gesê: “Ek glo jou nie. Dit is baie duidelik wat aan die gebeur is. Julle wil hê daar moet oor goed gepraat word maar net nie voor 7 Mei nie.”

Die ad hoc-komitee is deur Max Sisulu, speaker van die parlement, op die been gebring om ondersoek in te stel na voorleggings wat deur Zuma gemaak is in antwoord op Thuli Madonsela, openbare beskermer, sê verdoemende Nkandla-verslag. Madonsela het bevind dat Zuma en sy familie onbehoorlik gebaat het by die opgraderings aan sy privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal.

Lees ook:
Nkandla-komitee vergader eerste keer
“Nkandla-komitee moet dadelik begin”
ANC wys sy LP’s vir Nkandla-komitee aan
Amptelik: Parlement gaan Nkandla-verslag ondersoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Die ANC is bang want daar is meer as een van hulle kaders daarby berokke. Die meerderheid sal nie altyd seevier slap gatte. Korup . Sies hulle behoort hulle te skaam want hulle is die mense wat se hulle skruk nie vir die duiwel nie want hulle is die duiwels

Marius Durandr ·

Maar net nog n anc foefie onder die dekmantel van demokrasie. Enige regdenkende persoon weet dat al staan al die minderheids partye op hul koppe en fluit jan pierewiet deur hul neuse, gaan geen verskil maak inenige besluit deur die sogenaamde meerderheid nie. Julle morstyd en geld, sit terug en geniet die sirkus

george barnard ·

Dit is nou tipies wat Mugabe die A N C geleer het Mugabe weier om te verloor en Zuma weier om te verloor ,hou maar die 7de Mei dop H K G K

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.