Nkandla-ondersoek duur voort

Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal

Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal

Die presidensie het Dinsdag gesê die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek oor die president se privaatwoning by Nkandla duur voort.

Die ondersoek is van stapel gestuur nadat die president ʼn proklamasie onderteken het wat die SOE die magtiging gee om die departement van openbare werke se “prestige projek” by Nkandla te ondersoek. Die presidensie het gesê dit is een van 27 proklamasies wat steeds voortduur nadat die president dit onderteken het.

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het in Maart haar verslag vrygestel waarin sy bevind het dat pres. Jacob Zuma en sy familie onregmatig voordeel getrek het uit opgraderings van R246 miljoen by Nkandla. Zuma wou nie binne die vereiste tydperk op Madonsela se verslag reageer nie, en het gesê hy sal wag vir die SOE se volledige verslag.

Hy het vroeër onderneem om teen Woensdag verlede week ʼn omvattende verslag by die speaker van die nasionale vergadering in te dien, maar sy woordvoerder Mac Maharaj het Donderdag aangedui die president benodig nog inligting voordat hy op die bevindings kan reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Demokraat ·

Is bykans ondenkbaar om te verneem dat die ondersoek na Nkandla voortduur – mens wil amper vra wat dan nou nog ondersoek moet word ?

Die rede vir die veelvuldige ondersoeke is maar bloot net om tyd te wen – die Nkandla-sage sal mettertyd vervaag en vergete raak en sodoende sal Zuma, sonder slag of stoot, skotvry kom van sy geknoeiery.

Trippie ·

Telkens wanneer ek hierdie duiseligwekkende syfer raaklees, raak ek fisies naar.

BLOEDGELD van die belastingbetaler.

Frans ·

Jy wat so behep is met spelling. Probeer – duiselingwekkende.

Johann ·

Hallo Frans.

‘n Riem onder die hart is dat hier mense is wat die suiwerste Afrikaans gebruik. Dit is voedsel vir die oog om hulle skrywe te lees. Ek wens ek het party se skryfstyl. Hier is met groot talent te doen.’n Spelfoutjie kan van tyd tot tyd insluip, dit is menslik.

Ek wil u nederige vra of u nie in die toekom op ‘n meer skafliker manier attent sal maak nie? Hou in gedagte dat ons hier met Koningskinders te doen het.

Baie dankie Frans.

Vrede vir u.

Groete.

Johann.

Trippie ·

Goeie more Johann – die woord wat ek gebruik het, is inderdaad korrek gespel.

Dankie vir die moeite wat jy gedoen het om die persoon te antwoord. Ek weier, want selfs Grassie is bewus daarvan dat hy onder verskeie name skryf en my al telkemale “aangeval” het.

Groete en geniet die res van die dag.

Paplepel ·

Ek verstaan nie waaroor kla almal nie. Ons het gaan stem, dus onsself bereid verklaar om met die uitslag saam te leef. Hulle het gewen. Nou maak hulle soos hulle wil. Ons moet nou stilbly tot volgende keer wanneer ons weer gaan stem. Dis demokrasie, ons het dit aanvaar, bly nou stil en geniet dit.

Grassie ·

Paplepel – Ek is nie een van die onse in jou pond nie. Ek het in 1994 laas gestem- “nee”. Ek het myself nie bereid verklaar om met die uitslag van die daaropvolgende verkiesing saam te leef nie. Ja – hulle het gewen en maak nou soos hulle wil. Om weer te gaan stem gaan jou niks in die sak bring nie. Dis nie demokrasie nie, dit is onderdrukking, ek het dit nie aanvaar nie.. Ek gaan nie stilbly en dit geniet nie. Daar is baie mense wat soos ek voel.
Ek dink diep in jou hart voel jy ook so.

Trippie ·

Goeie more Grassie – tel my by die “baie mense wat soos jy voel” !

Ek vermoed Paplepel het dit dalk tong in die kies gesê met verwysing na die ja-stemmers, jy is dus reg, ek dink hy voel ook so in sy hart.

Groetnis

Paplepel ·

Net soos julle sê, tong-in-die-kies.. :-)
Ek het ook nie gaan stem nie, want ek wil myself die reg voorbehou om my sê te sê.

Nick ·

Weergawe A: “Die presidensie het Dinsdag gesê die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek oor die president se privaatwoning by Nkandla duur voort.”
Weergawe B: “Die presidensie het Dinsdag gesê die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek oor die president se privaatwoning by Nkandla duur voort tot en met daar bevind word dat pres. Jacob Zuma en sy familie nie onregmatig voordeel getrek het uit opgraderings nie.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.