Nkandla: Polisie van ‘dubbele standaarde’ beskuldig

Ondersteuners, talle van hulle sonder maskers, buite Nkandla in KwaZulu-Natal. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n skrywe aan die minister van polisie, Bheki Cele, gerig waarin die minister gewaarsku word oor die “dubbele standaarde” van wetstoepassing wat by Nkandla toegepas word.

AfriForum meen daar behoort opgetree te word teen die groot skare mense wat die afgelope naweek na Nkandla opgeruk het om hul steun aan oudpres. Jacob Zuma toe te sê. Dít terwyl die EFF net soos Cele polisiebeamptes loof vir die manier waarop hulle die situasie by Nkandla hanteer het.

“Afgesien daarvan dat dit teen die huidige vlak 4-inperkingsregulasies is om só ’n groot samekoms te hou, is snelweë ook versper en het Zuma-ondersteuners selfs by geleentheid skote in die lug afgevuur. Ten spyte van al hierdie oortredings is nie een enkele persoon al in hegtenis geneem nie,” het Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van veldtogte, gesê.

AfriForum wys voorts daarop die publiek is in dié stadium deeglik bewus van wetstoepassers se sogenaamde dubbele standaarde te midde van restaurateurs wat vervolg word wanneer hulle ’n bestaan probeer maak en wetsgehoorsame burgers wat soos geharde misdadigers hanteer word wanneer hulle vergeet om ’n gesigmasker te dra.

Die organisasie waarsku nou dat die sogenaamde dubbele standaarde tot ’n opstand kan lei onder burgers wat genoeg gehad het daarvan dat daar een stel reëls vir hulle is en ’n ander stel reëls vir die politieke elite en hulle trawante.

“Suid-Afrikaners is lank reeds keelvol vir hierdie ingrypende, onlogiese inperkings wat mense se lewens verwoes en nou dat dit duidelik is dat sekere mense hulle nie aan die inperkings hoef te steur nie, gaan al hoe meer mense dieselfde begin doen.

“Die feit dat Zuma ook steeds nie gearresteer is nie, maar eerder spesiale behandeling ontvang van die hoogste hof in die land, beklemtoon weer eens dat sommige mense meer gelyk is as ander en ek is bevrees dit gaan tot wye verontagsaming van die wet lei,” waarsku Broodryk.

Groot skares mense het die naweek na Nkandla opgeruk om hul steun aan Zuma toe te sê nadat hy 15 maande tronkstraf vir minagting van ʼn hofbevel opgelê is en daar gewag is om te sien of hy hom aan die owerhede gaan oorgee. Die oudpresident het op die nippertjie egter ʼn aansoek ingedien om die hofbeslissing ter syde te laat stel.

Maroela Media het vroeër berig Cele het Maandag die polisiebeamptes geloof vir die manier waarop hulle die situasie by Nkandla – waar duisende mense in weerwil van die afsonderingsregulasies byeengekom het – hanteer het.

“Ons moes die beledigings en klagtes verduur, eerder as om op die bloed te spring wat daar sou wees,” het Cele in Soweto, by ʼn Covid-19-inentingsentrum aan polisielede, gesê.

“Die polisie het by Marikana geleer.”

Volgens die minister is heelwat kameras egter intussen ingespan en speurders ontplooi om te help om vermeende oortreders te soek.

Die EFF het op sy beurt ook die polisiebeamptes geloof vir die “dissipline en selfbeheersing” wat hulle tydens die naweek se samekoms uitgeoefen het om ’n moontlike bloedbad te voorkom.

“Dit is hierdie kaliber van polisiëring wat alle wetstoepassingsagentskappe moet aanneem,” sê die party in ’n verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Werner ·

Selfs n blinde ou kon die dubbele standaarde sien .Net soos by die doodskis 2 en Piet Retief boere en nog talle ander.Tyd dat die mense begin besef hulle hou nie van ons nie

Zet ·

Liewe aarde, dit voel asof ons land totaal mal geword het. Reg is verkeerd, verkeerd is reg en word geprys….

Madz ·

dis voorspel … in die Bybel sowel as in Siener se visioene – Dit is TYD..

Sandra ·

Die spul is heeltemal gek. Ons stuur af op ‘n burgeroorlog.

Samuel ·

Het die SAPD hoegenaamd enige standaarde? Ons land is in sy geheel in sy Peetjie in.

Nie Verbaas ·

Respek vir wet en orde kwyn daagliks. Die regering is n sprekende voorbeeld van n sirkus.

JohanR ·

Ek dink hulle moet SEAL Team Six instuur. Die selfde span wat Osama Bin Laden gekry het. Hulle sal met Jacob Zuma in en uit wees voordat Carl Niehaus en die Impi’s nog kan reageer, en op pad tronk toe.

JohnnyS ·

Ja-Nee, Marikana het hulle hande gebind. Patetiese verskoning vir onbevoegdheid.

Willem ·

Dis slapgatgeit van cele en sy clowns!!!!Dis hkm SA in só gemors is met misdaad!!!!!

Kobus ·

Agbare Cele,Moet asb nie ons intelligensie onderskat nie. Marikana was aangevuur deur gewapende mense wat pangas,spiese en kieries in hul hande gehad het.Was dit vreedsame protes? Waar is julle waterkanonne, die wat julle teen bejaardes in Kaapstad gebruik het? Jy kan nie hout kap sonder splinters nie.Hierdie boewe tart julle en al wat u kan voorhou is Marikana? Ek moet toegee,die telling is as volg; Genl Carl Niehaus – 6;SAP – 0. Niehaus en Zuma se seun verklaar oorlog ,en julle staan terug? Is dit nie nou die tyd om ‘n einde aan die wetteloosheid te maak nie? Vra raad by die Israelies of US Marines. Selfs Zim se polisie sou beter gevaar het.

Nie Verbaas ·

Ek glo dat deur Cele se lede se optrede baie deure oopgemaak word vir komende hofsake van Jan alleman wat regulasies “oortree” het. As Zuma en trawante skotvry daarvan afkom wanneer dit duidelik is dat hulle die wet oortree geld dieselfde mos vir die res van ons.

Tanniepetoors ·

Cele se verskonings is belaglik. Hy en Sitole Hoort nie waar hulle is nie. Hul beplanning vir sulke gebeure laat veel te wense. Niemand moes naby Nkandla toegelaat gewees het nie.

Deon ·

Die gereg het te lank gewag, toe die vonnis gefel word moes Zuma toegesluit word, nie eers wag vir hom om sy tandeborsel en tv by die huis te gaan haal nie, toe die mense opruk na Nkandla moes daar al gekeer geword het dat n sametrekking nie plaasvind nie… Toe die videos begin uitkom van mense wat in alle rigtings skiet moes dit op die plek gestop word, toe Klein Zuma dreig moes julle sy dreigemente ernstig opvat en aksie neem… Julle, Cele jy en jou maters het gewag totdat die situasie nie regtig meer beheer kon word nie en nou wil jy kom spog met jou pragtige poliese werk… Julle kan nie “ontlont” nie!!!!

DIABLO ·

Ek lees: Die EFF loof die polisie vir hul papbroekigheid en baie duidelike tekens van waar hul lojalitieit lê.

Harley Davidson ·

Die polisie is op hierdie stadium nie eers meer bevoeg om na hulle eie veiligheid om te sien nie ,maar met leiers soos die wat hulle het is dit seker verstaanbaarheid.

Johnny ·

“Sogenaamde” dubbele standaarde? Werklikwaar? Waarvoor is julle bang, MM?

Anoniem ·

Ek glo baie mense was die een of ander truuk van Zuma te wagte, hy sou nie sommer net so boedel oorgee nie. Hy weet bes moontlik te veel oor ander ANC amptenare se bedrywighede en gebruik dit nou as dreig middel. Dit sal interessant wees om te sien of die polisie die aangeleentheid van die gewapende ondersteuners by Nkandla gaan ondersoek om vas te stel of die wapens wettig geregistreer is en of dit net onder die mat gevee gaan word.

Genis ·

By Senekal was dit dieselfde, EFF maak wat hulle wil, maar die blankes word geteiken… SAPD is vrot, geen standaarde, of rug graad nie….

Jr ·

Julle laat n wind gaan in n Revlon parfuum fabriek. Niemand gaan dit ryk nie. Mors van tyd

Jakes ·

Dit blyk eerder dat Zuma en sy comrades die land en sy konstitusie vir die gek hou. Daar sal dadels van kom oor wat by Nkandla gebeur het. Die uitspraak van die grondwethof teen Zuma lyk waardeloos te wees en moet daar nou dringende vra gervra word waarom die howe skielik hul reels aanpas om Zuma te woord te staan? Regskenners in SA is dit eens dat die huidige verloop van sake uiters ongeloofwaardig voorkom.

Mariana ·

Dis wat die regering wil hê, ‘n wettelose land waar die kriminele losloop en amok kan maak na hartelus en dis waarvoor belastingbetalers maandeliks opdok. Dis waarvoor swaarverdiende geld gebruik word, om polisie te betaal wat nie hul werk doen nie, om ministers te betaal wat als verontagsaam om hul belangrikheid te wys, hul magsbeheptheid en om gewone burgers in pandemies te terroriseer omdat hulle op strande is of ‘n pa wat vir sy kind loop melk koop toe te sluit ens. Die land is in sy maai.

Alex ·

Laat ons na die hele storie so kyk. Die EFF sou aangekla geword het vir hulle betoging. Dieselfde EFF sê nou niks van die Nkantla optog nie en prys dit eerder. Mis ekniets hier? Het enige iemand nog n geheue van pns ouer gardes wat op skool gelees het van ‘The animal farm’. Dit was n boek hoe komuniste werk in die agter grond. Eers begin hulle met reels almalnis equal. Dan sodra almal die reel aanvaar, vergryp die die hoës hulle aan die lekker en verander die reels soos dit hulle pas. Some are more equal than others. Dan verander hulle die hele grondwet vir hulle gewin en valse beloftes, sodat die werkers daaronder lei en soms met hulle vryheid en lewe moet betaal vir die hoës se uitbytery en selfsug. Dan raaknhulle ontslae van die regstelsel. Eers dan het die animals ‘werkers’ in opstand gekom en die hoës van kant gemaak. Dit gebeur tans hier in die land. Die Franse revolusie het begin op so n manier. Oppas regering en politikieke leiers van ander partye dat dit nie die geval gaan wee

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.