Nkandla presidensiële lyfwag vermoor

Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal

Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal

ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur na ʼn groep verdagtes wat ʼn lyfwag, wat by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning gevestig was, Sondag in die vroeë oggendure doodgeskiet het nadat hulle sy rondawel aan die brand gesteek het.

Die KwaZulu-Natalse polisie het aanvanklik die moord ondersoek, maar die Valke het die ondersoek oorgeneem.

Lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê die beampte, sers. Mzwakhe John Magwaza, het in die vroeë oggendure in sy rondawel in eNtumeni, Eshowe, geslaap toe ʼn onbekende aantal verdagtes dit aan die brand gesteek het.

“Magwaza se buurman, wat ook ʼn polisiebeampte is, het gesien die huis brand. Hy het die ander bure geroep om sy kollega te help red,” het Netshiunda gesê.

“Magwaza was skaars uit sy huis toe hy vir omstanders probeer vertel het dat mense hom wil vermoor waarna skote op hom gevuur is. Hy het probeer weghardloop en onder sy motor gaan skuil, maar het daar aan sy wonde beswyk.”

Die verdagtes het met Magwaza se dienspistool van die toneel gevlug en is steeds soek.

Die motief vir sy moord is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JWK ·

Was daar nie sekuriteit opgraderings nie? En die “Firepool”???

Eddie ·

Ek weet dit is tragies wat gebeur het maar is jammer kan nie help om te lag nie. Regtig na al daai geld en die wat stortkop moet opas word vermoor. Nou vra ek jou wat gaan hy oor dit te se he. Miskien moet hy maar vir sy wagte voor sy bed slaapplek maak dan kan hulle mekaar opas.

Susanne van Graan ·

Hierdie berig lees nie reg nie. Eshowe? Nkandla? Kan ons asseblief net duidelikheid kry oor waar die wag gewoon het?
Hierdie is swak beriggewing!

Nico Strydom ·

Dagsê Susanne

Die wag was by Nkandla gestasioneer en het in Eshowe gewoon, soos in die berig gemeld word.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Swanna ·

SORRY TJOM maar ek dink sanna is korrek. Lees die berig. Wat beteken as jy gevestig is? Dan bly jy mos daar. Later in die berig word daar gemeld dat hy by sou ou woning aangerand is.

Gerhard ·

Hier kom NOG R200m se opgraderings waarvoor hy nie gevra het nie…

Susan ·

Nee julle verstaan verkeerd. Die wag se familie moet nou voor gesorg word. Sy blyplek moet nou klaar betaal word want waar gaan die familie nou bly. Die moordenaars is eintlik vreesloos. En daar is al die polisie, PI en sekuriteit nou ingestel om die saak op te los, vergeet van alle sake. Die saak is die belangrikste.

Yvonne Engelbrecht ·

Ek stem saam,die berig is misleidend.Die woord ‘gevestig’ tesame met die foto van Nkandla lei mens dadelik tot die gevolgtrekking dat die moord by Nkandla was wyl dit eintlik by Eshowe gebeur het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.