Nkandla-projekleier sê hy gaan nie pak vat nie

Pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning

Pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning

Jean Rindel, die departement van openbare werke se projekbestuurder vir Nkandla, het gesê hy gaan nie verantwoordelikheid aanvaar vir ander se oortredings nie, het Beeld Woensdag berig.

“Ek weet wat ek verkeerd gedoen het en wat ek reg gedoen het en ek is bereid om die houe te vat vir wat ek verkeerd gedoen het, maar ek gaan nie die houe vat vir dit wat ek nie verkeerd gedoen het nie,” het Rindel (40) aan Beeld gesê.

Rindel is die projekbestuurder van die departement se streekskantoor in Durban wat belas was met die Nkandla-projek. Volgens die berig hoop Rindel dat die waarheid sal uitkom en dat geregtigheid sal geskied, maar dat hy nie verantwoordelikheid sal neem vir ander se oortredings nie.

Rindel was die eerste van talle amptenare van die departement wat voor ʼn tugkomitee oor Nkandla verskyn het. Die aanklagte sluit onder meer finansiële wangedrag en die verontagsaming van tenderprosedures in.

Rindel het grappenderwys na homself verwys as die “hoofverdagte” maar het gesê hy neem die saak baie ernstig op.

Die tugverhore is een van ʼn aantal prosesse wat tans aan die gang is nadat die Openbare Beskermer bevind het dat die opgraderings aan president Jacob Zuma se Nkandla-woning nie alles veiligheidsverwant was nie.

The Mercury het berig Rindel het die argitek Minenhle Makhanya gehuur vir die Nkandla-projek. Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het reeds die hof genader om R155 miljoen van Makhanya terug te eis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

EMK ·

Ja so sleep die stink storie voort, die ANC wil een en almal blameer – almal BEHALWE vir die eintlike skuldige naamlik Zuma. Maak mens siek

alet ·

Die Zuma gemors kan ook weg kom met alles as jy skelm is ,is jy skelm die gemors en dan aanbid sy aanhangers hom stortkop doen weg met hom hy roei die land uit .Ons wat nie eers n huis van ons eie het nie en hy lewe soos n koningq

Chanel ·

Hoekom moet die argitek Minenhle Makhanya wat gehuur is die geld terug betaal? Was hy nie maar net aangestel en gedoen wat vir hom gevra en gese is om te doen nie. Hy is tog net betaal vir dienste gelewer?

Indien ek dit verkeerd verstaan verduidelik dit vir my. Moenie my uithaal soos julle met ander mense maak nie. Ek verstaan regtig nie en is nie sarkasties nie….

LOL

khoisan ·

Hoe kan iemand nie navrae doen wat op sy perseel aangaan nie hy is dan die hoof van die huis met die baie vroue wat JZ het is hy die hoof van sy huis. As Thuli Madonsela nie die onnodige geld wat vermors was uitgewys het nie dan als hunky dorey. He should just man up and face the music like a real man do, nou moet ander mense die blame kry. Please pay back the money sir!!!!

tom ·

Agge neeee Jean! WDV!!! Vat n pak vir jou ANC broers man!!!

Jy is hulle held!!!

Ha ha ha ha

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.