Nkandla: ‘R135 m was vir huise vir polisie- en weermaglede’

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, het gesê diegene wat krities is oor die onkoste van die opgraderings by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning, moet bewys dat die opgraderings nie veiligheidsverwant was nie.

“Dit is belangrik om voort te gaan met die gesprek oor dié spesifieke saak, aangesien daar al baie oor die kwessie gepraat is. Toe die openbare beskermer haar verslag bekend gemaak het, was daar ook van die goed wat vir my verstommend was,” het Nhleko aan verslaggewers gesê by die Nasionale Persklub in Pretoria.

“Die vrae wat opgeduik het, was ‘hoe is ʼn swembad ʼn veiligheidsverwante saak? Hoe kan jy ‘n kuierplek [amfiteater] oprig en dit veiligheidsverwant noem?’. Dit was vrae wat my laat kopkrap het. Ek moes nader aan die kwessie kom om te probeer verstaan waar dit vandaan kom.”

Nhleko het joernaliste te woord gestaan oor sy verslag wat in Mei vrygestel is en bevind het dat Zuma nie verantwoordelik is daarvoor om enige geld terug te betaal vir die opgraderings wat by sy huis gedoen is nie.

Volgens Nhleko gebruik die media en sommige opposisiepartye die verkeerde bedrae vir die opgraderings by Nkandla. “Volgens die hoof van finansies by die departement van openbare werke is R206 420 644 teen November 2012 bestee. Teen Augustus 2014 was dit R216 miljoen.

“Volgens die media en sommige opposisiepartye het die projek R246 miljoen gekos. Dit was die bedrag wat meeste media gebruik het.”

Nhleko meen egter die veiligheidsopgraderings het R71 miljoen beloop en dat daar R20 miljoen op konsultante bestee is. Hy het gesê R135 miljoen is betaal om huisvesting vir polisie- en weermaglede te bou, sowel as ʼn kliniek.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Nkandla-sage op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Se Maar Net ·

Dit is seker een van die duurste wonings in die heelal. Hoe eenvoudig dom dink die ANC is ons.
Maar waaroor verder debateer, dit is mos duidelik dat hiervan absoluut niks gaan kom nie. Die werel is nie meer geskok wat hier gebeur nie, want hul verwag die ergste.
Al die sogenaamde verduidelikings rondom al die aanbouings is absurt, maar soos altyd moet ons dit sluk en aangaan, As mens die verslae lees kook jou bloed, maar dit is waar dit eindig. Want aan hierdie saak word nog verder miljoene spandeer, net om voorendag te kom met breinlose verklarings. Ek kan seker nog baie se, maar is bevrees dit gaan ook niks aan die saak doen nie.

Issabelle ·

Dit is uiters ontstellend & skokkend om elke keer oor hierdie NKANDLA ” kaya ” te lees !!!! Dit is kommer wekkend & teleurstellend dat daar absoluut niks aan die hoof clowns van Nkandla gedoen word nie ! Maar dan nog te meer …. die polisie se Nthati lieg & beskerm sy skelm ” buddy ” in crime ook nog , seker bang hy sit ook binnekort sonder ” job ” as hy nie saam lieg , bedrieg , steel & korupsie uit werk nie !!! Die hele ANC & JZ met hulle trawante in die parlement is absoluut niks werd nie , hulle ” cover ” mekaar se lieg stories & skandes !!!

Dirk ·

Soos die opskrifte sê: dit is sy PRIVATE woning met die klem op privaat, wat beteken dit is sy eie huis, m.a.w. hy kan nie staatsgeld vir opgraderings gebruik nie, dit is steel en kan nie daarby verby kom nie. Om vir polisie en weermaglede huise by sy privaat woning te bou is sy keuse SOLANK hy dit met sy EIE fondse bou. Nou kom ‘n ander vraag op, wie betaal daardie lede wat nou daar bly en waar is hul kantore? Gun wonder almal wat vir die staat werk, dink “Ek werk vir die staat, so ek mag die staat se geld gebruik, al koop ek vir my, my familie en vriende KFC of Nando’s”. Om staatsgeld te gebruik vir enige doel “privaat” is steel en is strafbaar….punt

Deon Botha ·

Mnr Die Minister daar is ‘n baie wyse gesegte wat sê: “as jy nie lieg nie, hoef jy nie te onthou nie”.

Loeis ·

Dit is eintlik baie maklik om die verskille oor wat nou eintlik bestee is, op te los. Die minister kan alle kwotansies voorle (teoreties moet SARS reeds van alles kennis dra) en dan moet al die inligting publiek gemaak word. Maklik. Die minister moet eintlik erken dat hy nie die regte persoon is om enige finale se oor die hele storie te he nie, want ministers word deur die president aangestel, en kan dus nie objektief wees wanneer dit by die president se sake kom nie. En dan is daar natuurlik die kwessie van hoe ‘n hoenderhok en beeskraal sekuriteitsopgraderings is, en hoe konsultante alleen R20 000 000 geskos het, en wie die begunstigdes is. Duidelik moet ‘n hof hieroor uitspraak gee sodat ons ‘n volledige en objektiewe antwoord kan kry van ‘n instelling wat die mag het om ‘n opdrag oor die hele kwessie te gee. Of so ‘n opdrag uitgevoer sal word, is natuurlik ‘n heel ander storie, soos wat ons onlangs met Sudan se president gesien het.

Francois ·

21 huise = 21 Kinders…het hy nie 21 kinders nie? Nou weet jullle hoekom 21 huise met nogal 3 slaapkamers elk..regtig…kon hulle nie eerder barrakke vir die veiligheidswagte bou nie? Moet elke wag ‘n huis met 3 slaapkamers he?

Se Maar Net ·

Ja Francois, die wagte se kinder moet ook beveilig word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.