Nkandla-saak: Polisie soek staatsaanklaer

Nkandla homesteadDie Demokratiese Alliansie (DA) het bekend gemaak dat die polisie op soek is na ʼn staatsaanklaer vir die omstrede Nkandla-saak.

“As ʼn teken van vertroue in ons saak teen president Jacob Zuma, soek die polisie ʼn staatsaanklaer om die saak te ondersoek. Die staatsaanklaer kan selfs meer aanklagte teen die president bring as dit wat reeds aanhangig gemaak is,” het Mmusi Maimane, die DA se woordvoerder en premierkandidaat van Gauteng, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Maimane het adv. Glynnis Breytenbach, die DA se parlementskandidaat, Donderdag met polisie-ondersoekbeamptes vergader wat die Nkandla-saak ondersoek.

Maimane het verlede week ʼn aanklag van korrupsie teen Zuma by die Nkandla-polisiestasie in KwaZulu-Natal, aanhangig gemaak. Dit volg nadat adv. Thuli Mandonsela, die Openbare Beskermer (OB), haar finale verslag vrygestel het oor onreëlmatighede ten opsigte van opgraderings by die president se privaatwoning in Nkandla.

Madonsela het bevind dat Zuma en sy familie ruimskoots voordeel getrek het uit die opgraderings ter waarde van R246 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kabous ·

Nee, is jy bewus daarvan dat hy tans betrokke is by Oscar Pistorius se saak, dus, ‘n baie besige man deesdae. Wyd lees ou blaar.

Kobus ·

Is jy dalk bewus dat daardie saak nie vir ewig sal aangaan nie ou beesblaas?

Diana ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie. Besef jy dat Adv. Gerrie Nel ‘n baie besige man is sedert die verhoor van Oscar Pistorius?

Kobus ·

Het jy ‘n identiteits probleem? Dit is opvallend hoe maklik dit is om deur jou vermomming te sien.

Slim Daan ·

Adv Billy Downer. Sonder twyfel.
As daar een heer is wat die persona van onse Prez soos die palm van sy hand ken, is dit hy.

Diana ·

Jou voorstel beteken minder as niks. DA gaan nie jou ‘sonder twyfel’ voorstel goedsmoeds aanvaar nie. Nog minder lees Mmusi Maimane, Maroela media. Prez? wat is dit? Ek aanvaar dit moet wees president, Slim Daan.

Slim Daan ·

Dki vir jou insette. Diep en gewis om van kennis te neem.
Intussen……hoekom gaan soek jy nie vir n tonnel iewers in Frankryk nie??

Wouter ·

Mooi Daan. Sy is nie heeltemal so skerp nie. Dink nie sy sal in daardie tonnel pas nie.

Kabouter ·

Dis Slim Daan, Wouter, nie Mooi Daan nie. My agterstewe is nogal breed, enige voorstel van ‘n ander tonnel?

Slim Daan ·

Wel. Om mee te begin madame Mazibuko….jy’s op die verkeerde forum. ( Probeer Helen van Troje se ” The DA Today “. )

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.