Nkandla-saak: Staat van beskuldiging gevrees

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma se regspan het Dinsdag in die konstitusionele hof erken dat hy wetlik fouteer het rakende die magte van die Openbare Beskermer, maar het bewerings dat hy te kwader trou opgetree het ontken.

Jeremy Gauntlett, Zuma se regsverteenwoordiger, het gesê dié bewerings kan die weg berei vir opposisiepartye om hom in ʼn staat van beskuldiging te plaas.

Gauntlett het Dinsdag aan die elf regters van die hof gesê dit is ʼn “sensitiewe tyd in ʼn gevaarlike jaar”. Die hofverrigtinge is tans aan die gang in die hofgeding tussen Zuma en die DA en EFF. Die opposisiepartye voer aan Zuma het die Grondwet oortree toe hy nie Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se aanbevelings oor sy Nkandla-woning toegepas het nie.

“Dit sal verkeerd wees as hierdie hof ʼn uitspraak lewer wat daartoe kan lei dat die president in ‘n staat van beskuldiging geplaas word. Die DA en EFF kan dit probeer. Sommige het geargumenteer dat die president uitdagend was, maar dit was ʼn wetlike fout,” het Gauntlett gesê.

Gauntlett het vroeër aan die hof gesê Zuma aanvaar Madonsela se aanbevelings as “bindend” en hy is bereid om ʼn bedrag van belastingbetalers se geld terug te betaal.

Zuma het verlede week aangebied om die saak buite die hof te skik en ʼn gedeelte van die geld, wat deur die ouditeur-generaal bepaal sal word, terug te betaal, maar die DA en die EFF het gesê hulle gaan voort met hul hofaansoek.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

humor ·

Sal die leiers van die V F asseblief aan hul kiesers verduidelik waarom hul so afwesig bly. Dit skep allermins vertroue in die party en laat ons die kiesers in die duister.

Dee ·

Dit was nou ‘n humorlose maar grondige vraag. Finansies mag ‘n faktor wees want dit moet in ag geneem word dat die VF nie naastenby oor die finansiële basis beskik wat die liberaliste tot hul beskikking het nie. Anders gesien, die DA & EFF tog seker vorentoe koaliseer, hulle praat immers dieselfde taal.
Dit wat ek hier sê mbt finansies is nie ‘n stelling nie maar raaiskoot. Anders gesien, waar is die DA wanneer vir Afrikaans en blanke regte geveg word? So, laat hulle dit maar doen.

chrisp ·

humor.
Hulle het wel standpunt ingeneem dat die hofsaak moet voortgaan en nie buite die hof moet skik nie.
Dit is nie te se as jy nie in die hoofstroom media niks van die FV lees nie hul nie bestaan nie of nie standpunt inneem nie.
Die meeste wat hulle doen word in elk geval nie deur die HSM koerante gedra nie,

Gaan lees wyer en dan sal jy hulle sien presies daar waar die DA afwesig is veral as dit by Afrikaner belange kom. Die belange wat hulle(DA) in 20 jaar + nog nie een keer verdedig het nie. So gepraat van afwesigheid.Waar was die DA enigsins aanwesig in die twee en meer dekades by enige ,enige Afrikanwer belang?
Kan nie wag vir jou bewyse van bg nie.

Ek stem vir hulle maar is egter nie ‘n baie groot ondersteuner nie.

DPJ ·

Nr 1 raak nou bang en wil graag die saak in privaatheid skik.
Daar sal seker niks van kom. Die 11 regters se uitspraat is gekoopn. All lankal in binnekringe geskik. Uitspraak sal eers na verkiesing gelewer word.

Hein ·

Ek sien selfs die konstitusionle hof regters is bang om hulle nekke uit te steek met ‘n sterk uitspraak teen Zuma. Hierdie hof is ook geinfiltreer deur die regime en hierdie land is al lankal nie meer demokraties nie. Wat maak stem dan saak as regverdigheid nie meer geskied.

Liewe heksie ·

En so gaan hy weer dink dit is n grap en die wereld uitlag en weer onder die mat invee maar eintlik is hy die grootse NAR in sy eie sirkus ‘eish ‘

Loon ·

Kom ons doen dit anders, ons weet hy sal niks terug betaal nie, so hoekom vat ons as belastingbetalers nie Nkandla weg en maak n skool nie, daar is selfs n swembad vir oefen. Dit sal die gemeenskap baat, is dit nie hoe inkomste van belasting spandeer moet word nie?

johan ·

Ek ondersteun vir Loon. Nkandla behoort aan die belasting betalers, so die wat belasting betaal kan besluit hoe om die plek te gebruik.
Maak ‘n bord “werkloos” en hang dit om zuma se nek sodat hy langs die pad kan staan en bedel.

maroela ·

Tronk toe met die misdadiger , wat anders is hy?. No 1 Misdadiger .

GES ·

Dit is tyd dat hy maniere en ‘n les geleer word. Dit is nou die geleentheid om dit te doen.

Marie van der Merwe ·

Hoop hierdie was die laaste strooi! #Zumamustfall ?

Manie ·

Agge nee Jeremy Gauntlett dis lagwekkend dat jy die president se hoon laggies as ‘n wetlikke foutjie wil afmaak.

Pappa Beer ·

Soos die “ingelsman” sal se Zuma is running the Gauntlett!”. Hehehe!

Kaaiman ·

Hierdie Gauntlett-perd dink ons is poppe. Ons het mos gesien hoe die “prez” optree soos ‘n nar. Om alles nou af te maak as ‘n “wetlike foutjie” is regtig ‘n onderskatting van die burgery se intelligensie!

Oom Boer ·

Ja-nee so word alles net af gelag deur NR1. Altyd uitdagend en minagtend om te sien wat is die uitslag.

Elizabeth ·

Maar die hof het mos gese Me Tuli Madonsela se bevinding is bindend. Haar bevel moet uitgevoer word. ‘Treasury’ moet die bedrag bepaal.

Martin ·

Elisabeth, ek weet nie watter deel verstaan die mense nie. Dit is tog duidelik so gestel. Die hele saak is tog om haar magte te bekragtig, en daaruit sal dit voortspruit dat hulle haar uitspraak geminag het. Wat hieruit gaan voortspruit is dat hy sal die bedrag moet betaal wat sy aanbeveel het.

Frans ·

Zuma sal virseker ‘n handperdjie as die volgende OB aanstel sodat korrupsie wettig kan voortgaan.

GPC ·

Die man en sy party is nogal knaeend oor hoe die witmens en apartheid “almal” se lewens versuur. Hoekom het hy dan lelie Wit regsspan om sy “Bas” te red? Is wit dan nou goed genoeg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.