Nkandla-saak: ‘Zuma het Grondwet oortree’

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma het die Grondwet oortree toe hy nie Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se aanbevelings oor sy Nkandla-woning toegepas het nie, het die konstitusionele hof Dinsdag gehoor.

Adv. Wim Trengove, die EFF se regsverteenwoordiger, het gesê Zuma het hierdeur nie sy etiese verpligtinge as president nagekom nie. “Die president het sy etiese plig versuim deur die OB se bevele te verontagsaam in ʼn poging om sy onregmatige wins te beskerm,” het Trengrove aan 11 regters gesê.

“Hy het haar verontagsaam en sy posisie gebruik om homself te verryk en onbehoorlik voordeel te trek, ʼn oortreding van artikel 96 van die Grondwet.” Trengrove het bygevoeg dat Zuma ook sy presidensiële eed om te alle tye die Grondwet te handhaaf, oortree het.

“Almal van ons is onderhewig aan die Grondwet, maar daar is ʼn spesiale en veel groter verpligting by die president om die Grondwet en ander wette in die land te handhaaf, te verdedig en te respekteer.”

Volgens Trengrove was een van die hoofredes hoekom die EFF die hof genader het juis om te bepaal of Madonsela se bevele verpligtend is. “Dit is belangrik, nie net vir hierdie saak nie, maar vir die doeltreffendheid van die OB sodat sy bindende bevele kan maak wat werklikheid sal word.”

Madonsela het in 2014 in haar Nkandla-verslag bevind dat Zuma onregverdig voordeel getrek het uit ʼn projek waartydens ʼn swembad, veekraal, hoenderhok, amfiteater en ontvangsentrum met belastinggeld by sy huis aangebring is. Sy het aanbeveel dat hy ʼn redelike bedrag aan die staat moet terugbetaal, wat deur die Nasionale Tesourie en die polisiediens bepaal kan word, op die items wat nie as veiligheidsmaatreëls beskou kan word nie.

Zuma het verlede week aangebied om die saak buite die hof te skik en ʼn gedeelte van die geld, wat deur die ouditeur-generaal bepaal sal word, terug te betaal, maar die DA en die EFF het die aanbod van die hand gewys.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Meneer ·

Ek gaan probeer raai. Een van 2 uitkomste:
1. Saak nie dringend nie
Of
2. Uitspraak voorbehou

Winston ·

Hou sy volgende skuif dop. Planne is nog nie uitgeput nie.

Theo ·

Haai, ek het ook so in Graad 4 geposeer vir n foto. ek bewaar daai foto tot vandag toe.

Johann ·

Adv Trengrove is absoluut reg ja, maar as jy nou jou land se nommer een is, is jy mos onaantasbaar…Tot na die verkiesing. Dit wil voorkom of Me Madonsela se termyn ongelukkig in Oktober verval. Dit sal jammer wees want ek is een van vele persone wat na haar opsien en waardering vir haar werk het. Wie is bevoegd om haar op te volg en sy/haar stem dik te maak?

jaco ·

Wats die kans vir ‘n uitspraak teen Zuma? Die regters vd Konstitusionele Hof se salarisse word deur die Staat (ANC-regering) betaal. Mens byt tog nie die hand wat jou voed nie…

DPJ ·

Meneer en Winston julle is volkome reg.
Verkiesing is nou die belangrikste item op die agenda alle ander moet terug skyf.

Martin ·

Waar kom julle vandaan? Het julle die hofsaak gevolg? Al wil julle dit nie glo op die stadium nie, die kerel het groot probleme.

Meneer ·

Martin, dis ongelukkig realiteite. Hy maak altyd seker hy is ge-“cover”. Ons het nie meer ‘n kabinet nie, dis nou ‘n sindikaat

maroela ·

Niemand behoort bo die landswette verhewe te wees nie . Volgs die skurk se optrede / oortredings
in die verlede , hy moes lankal terug vir bedrog toegesluit gewees het . N skande is hy vir ons land .

Renier ·

Dit is diefstal…klaar! Wil, wil nie terugbetaal….maak nie saak! Steel in watse vorm ook al is diefstal! Maar dit is hoe dit is en die sindikaat regeer die land! Het nie die saak gevolg maar hoop jy is reg Martin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.