Die Mail & Guardian het Vrydag ʼn lys van 204 nasionale sleutelpunte bekend gemaak. Nie een van die land se militêre basisse verskyn op die lys nie. Pres. Jacob Zuma se private Nkandla-woning sowel as die wonings van oudpresidente Thabo Mbeki, Nelson Mandela en FW de Klerk verskyn wel op die lys.
Al die provinsiale wetgewers sowel as projekte soos die Square Kilometer Array-projek (SKA) is ook op die lys. Die hoofluggawes in Johannesburg, Kaapstad en Durban verskyn ook op die lys, terwyl die lughawens in Bloemfontein, Port Elizabeth en Oos-Londen nie die lys gehaal het nie.
Brandstofdepots, pyplyne, elektrisiteitsinfrastruktuur, die Reserwebank sowel as die SAUK en al sy provinsiale takke is as nasionale sleutelpunte gelys.
Die hooggeregshof in Johannesburg het op 3 Desember in die guns van die burgerregte-organisasies Right2Know (R2K) en die Suid-Afrikaanse Geskiedenisargief (Saha) beslis en die polisie beveel om binne 30 dae die lys van nasionale sleutelpunte openbaar te maak. Die polisie het aangedui dat hy teen die beslissing gaan appelleer maar het later daarteen besluit.
As iemand na Nkandla soek op die lys, sal hulle dit nie kry nie, maar dalk is dit onder die verwysing na “Pres of SA Res. KZN”.
En dan moet daar mooi gekyk word: Mandela het nie net een woning op die lys nie – benewens Houghton en Qunu is daar ook ‘n privaatwoning in Bishops Court in Kaapstad. Ons weet daar is miljoene bestee aan die een in Houghton en op Google Earth kan gesien word dat die een in Qunu selfs ‘n tennisbaan en ‘n basketbalbaan het, maar hoeveel is al bestee aan die een in die Kaap?
Ek wil nie die hoe kostes in Nkandla goedpraat nie, maar dis net vreemd dat die uitgawes aan Mandela en Mbeki se huise nie dieselfde aandag kry nie – behalwe dat dit die einste M&G was wat berig het oor die tenkvaste muur van R92 miljoen wat by Mbeki se huis opgerig is.
Hoekom verskyn waterkloof nie op die lys nie?