Nkandla-skikkingsvoorstel bespreek

Nkandla

Nkandla

Die departement van openbare werke gaan gesprekke hou oor ʼn skikkingsvoorstel met 12 van sy amptenare wat aangekla is in verband met die opgraderings by president Jacob Zuma se Nkandla-woning, het City Press Sondag berig.

Die amptenare dring glo daarop aan dat hulle individuele verhore saamgevoeg moet word en in ʼn kommissie van ondersoek omgeskakel moet word. Die departement sal na verwagting Dinsdag met die staatsdiensvakbond PSA, wat die amptenare verteenwoordig, vergader.

Volgens die berig dring die PSA daarop aan dat Geoff Doidge, die voormalige minister van openbare werke, sy adjunk Hendriette Bogopane-Zulu, Vijay Ramlakan, afgetrede geneesheer-generaal van die weermag en Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, as getuies geroep word indien daar ʼn kommissie van ondersoek gaan plaasvind.

Die PSA eis glo ook dat die geheimhoudingsklousule, wat die amptenare moes onderteken voordat hulle aan die Nkandla-projek begin werk het, nietig verklaar moet word sodat hulle in hul eie verdediging kan getuig. Die PSA eis ook dat ʼn geklassifiseerde kabinetsdokument waarin die Nkandla-projek goedgekeur is, beskikbaar gestel moet word. Die vakbond soek ook toegang tot geklassifiseerde dokumente, insluitend ʼn intelligensieverslag.

Die 12 amptenare word aangekla vir hulle rol in die R246 miljoen se opgraderings aan Zuma se private woning in Nkandla, KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan Smit ·

Hoe kan soveel “meganismes” een persoon beskerm?
Wanneer gaan die “lewe” sy rug op nr een draai?
Hier word ‘n magdom mense se lewens handomkeer “verander” om een persoon se lewe te “spaar”.
Hoe siek!?
Die miljoene wat hy so onregmatig “verdien” het sal geen voorspoed in sy of enige erfgenaam daarvan se hande vind nie. Daar sal altyd onheil wees waar daardie geld is.
Hy, nr 1, gaan ‘n vreeslike sterfbed hê.
Alleen sal hy rekenskap moet gee aan elkeen wat daardie voete van hom vertrap het en die leuns wat daardie tong gespreek het!!
Sterkte nr 1!!

Hentas ·

Die unie wat hulle verteenwoordig smaak nes public protector ons koop nie gesig nie ons diens net ons lede daagliks. Eks n unieverteenwoordiger van die PSA(Public servants assosiation of south africa) en ek glo ons wen daai saak laat die beskuldiges boet. Viva PSA Viva wys hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.