Nkandla-stories is “witmense se liegstories”

Blade Nzimande

Blade Nzimande

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het berigte oor president Jacob Zuma en sy Nkandla-woning as “witmense se liegstories” beskryf, het die SAUK Woensdag berig.

Nzimande het tydens ʼn toespraak by die Universiteit van Zululand in KwaZulu-Natal  Zuma vereer en gesê dit is toepaslik om hom te vereer vir sy bydrae tot vrede in die provinsie en onderwys in die land.

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het haar finale verslag oor Zuma se Nkandla-woning, genaamd “Secure in Comfort”, op 19 Maart vrygestel. Sy het bevind dat Zuma en sy familie ruimskoots voordeel getrek het uit die opgraderings ter waarde van R246 miljoen, wat ʼn swembad, veekraal en amfiteater insluit. Sy het ook bevind dat Zuma die land se Etiekwet vir Uitvoerende Lede oortree het. Madonsela het voorgestel dat Zuma ʼn persentasie van die geld moet terugbetaal.

Zuma het verlede week in reaksie op die verslag gesê hy sal die saak omvattend oorweeg sodra die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) sy ondersoek afgehandel het.

Intussen het die SOE aangedui dat sy ondersoek eers aan die einde van Mei, ná die verkiesing, afgehandel sal wees.- SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Grassie ·

Die foto van Nzimande hierbo is gedokter om hom te laat goed lyk. Maroela moet liewers by die waarheid bly. Kry vir julle `n foto wat op kort afstand in goeie lig met `n goeie kamera geneem is. en hou dit as julle argief-foto. `n Mens kan dan sommer die kinders daarmee bangmaak as hulle stout is.
Ek weet nie na watter witmense hy verwys nie. Sover ek weet is die hele ondersoek deur swartes hanteer.

Carel ·

Ja jou ou rasis ek dink daar is fout met jou oe” (en verstand). Zuma en kie het gesteel nie die wit mense nie – wat die hele storie lagwekkend maak is dat jou volgelinge jou gaan glo – wys jou hoe onosel jou volgelinge is?
Dit wys maar net vir ons hoe onosel en korip julle is (maar dan weer ons almal weet dit ook lankal).

Julle is in beheer van die hele land maar steeds moet julle wetgewing en kotas inplek stel om julle self te probeer verbeter of bevoordeel – SA is seker die enigste land in die wereld waar die meerderheid hulle self met wetgewing en kwotas brobeer bevoordeel en beskerm teen oor die minderheid?

Ek het nuus vir jou jy kan nie wit mense se intelegensie vanaf hulle weg neem nie so al jou skelm planne gaan jou niks help nie – jys geskroef.. Ha ha

Melissa ·

OH TOG!!!!!!!! Ek het nie woorde nie!! EN dis nog die minister van hoër onderwys……. kan net nie!!

anton ·

Is dit nie iets waarvoor Afriforum vir haatspraak kan aankla nie?

VerVanRyn ·

Askuus, man. Ons is so jammer oor ons neiging om swartmense te teiken. Dis oor ons vasgevang is in ‘n Apartheidsmentaliteit en goed soos Nazi Salute doen. Asseblief transformeer die PUK, gee al die plase aan die werkers en kwotifiseer nasionale sport. Die enigste oplossing om Zuma en sy cANCer te beskerm, en dus die voorspoed van die land te verseker, is om al die witmense weg te jaag of te transformeer. Betaal my vliegkaartjie en ek sal gewillig met my graad oorsee gaan assiel soek en die braindrain in SA voortsit…stuur vir Thuli saam, sy’s bleikbaar dan ook wit.

Jasper ·

Gedurende hierdie verkiessingveldtog word die wit rassekaart lustig(en listig) gespeel. Dit witman is die oorsaak van al die elende. Nêrens word swak dienslewering, swak produktiwiteit, misdaad, korrupie, omgekeerde rassisme ens. aangespreek nie. Daar word net ge-“demand”.
Die blanke het nie myne, paaie, landbou en infrasruktuur kom vat nie. Daar is hard gewerk om dit tot stand te bring.
Wat my die meeste grief is dat daar nog steeds mense is wat glo mens kan met die mense wat sulke uitsprake maak, dialoog voer.

alet ·

Die Witmense is al wat breins het want hulle krap al die korupsie oop of hulle daarvan hou of nie my dogter het gister gaan aansoek doen vir werk en daar is vir haar gese hulle hou die poste vir ANC mense omdat al wat n familie in een plek werk ons kon in ons dae nie man en vrou of kinders vir die selfde plek werk nie dis waarom daar so baie korupsie is want hulle steel hulle duk want dis mos familie almal van hulle is een korupte familie van die hoogste tot die laagste en haas das moet sy mond weg hou van witmense ons vra hom niks arme ding geen wonder niemand Het geleertheid onder hom

Justi ·

Hierdie man het beslis n probleem met sy velkleur?

Ek is trots op my vel kleur en beskuldig nie net om te beskuldig nie.

Blankes kry die blaam vir alles, dis so swaksinnig. Hoe kan hy in daardie pos aangestel wees? Dit maak beslis nie vir my sin nie. Ook ly ek nie aan vervolgings waansin nie.

Theresa ·

Tipies – Hulle weet so goed hulle is skuldig en vernietig ons land, maar hulle sal dit nooit erken nie. Iemand moet die skuld kry. Pazzers- dis hoe hulle redineer. Iewers moet iets drasties en baie vinnig gebeur. Ons land en sy mense word vernietig……………

JB ·

Ja, dit is die witman wat die verslag opgestel en ondersoek gedoen het! Dit is die witman wat al die kontrakte gekry het om te bou. Die witman wat daar gaan bly en voordeel trek. Dit is nie die witman se geld wat vir alles betaal het nie!!!!! Ag, jy praat die grootste klomp bollie!!!!!!

Willie ·

Shame, arme ding !!!!! Elke keer as hy sy mond oopmaak bewys hy weer net hoe onnosel hy is !!! Dan is hy nog ‘n minister en dit nogal minister van hoër onderwys. Geen wonder dit gaan so pateties in ons land nie !!!

Willie ·

Shame, arme ding !!!!! Elke keer as hy sy mond oopmaak bewys hy weer net hoe onnosel hy is !!! Dan is hy nog ‘n minister en dit nogal minister van hoër onderwys. Geen wonder dit gaan so pateties in ons land nie !!! Die dooie lei die dooie – menende breindood !!!!!

Venesa ·

Ag tog “grow a pair” wat het witmense nou te doene met die hele storie die vrou wat die verslag gedoen het oor Nkandla is nie wit nie sy is swart,Vat asseblief verantwoordelikheid vir jul dade en hou op om appartheid (wat 20 jaar terug beiendig is)en die witmense die skuld te gee vir julle tekort komminge!

George van die Klein Karoo ·

Ek wil graag weet onder watter proklamasie deur die President, die ondersoek na Nkandla gedoen word.(Is daar ooit so ‘n ondersoek aan die gang?) Net die president kan kan so ‘n ondersoek las, hoekom sal hy ‘n ondersoek teen homself instel. Na die verkiesing sal die SOE se ondersoek ook stil-stil verdwyn, want die president sal nooit die verslag bekend maak nie, soos wat hy met die SOE verslag na die ongeruimdhede in die Oudtshoorn Munisipaliteit, wat die belastingbetaler R1m gekos het, doen nie. Dr Blade kom nou man, hierdie SOE ondersoek is ‘n dekmantel waaronder die ANC die Nkandla skandaal wil invee. MOENIE die belastinbetalers se geld verder mors met ‘n SOE ondersoek nie, Wees ‘n man en erken die ANC regering is uitgevang op hierdie een.

hennie ·

Ek wonder of die idioot dink, almal is poepolle. En dan is so ‘n man die minister van opvoeding, foeitog!! Wonder waar hy sy kwalifikasie as Dr bekom het??

Britskie ·

Nie een van ons in hierdie wêreld het self besluit in watter kleur ons gebore wil word nie. God het besluit, maar ongelukkig nou, na ‘n baie “trotse” 20 jaar van sogenaamde vryheid, (let wel, ek sê trots, want die nuwe Suid Afrikaners dink mos dit is die wonderlikste ding ooit) kan hulle nog steeds nie instaan vir hulle eie vryheid nie, vryheid van spraak, vryheid van besluite maak, ens. As iets goed afloop dan is dit hulle eie toedoen, as iets skeef loop dan is dit apartheid of die witmense se skuld. As hulle so ‘n haat in wittes het, dan moet hulle ook ophou om enige uitvindsels te gebruik wat die lewe vergemaklik wat deur wittes tot stand gebring is. Dink net, ophou kar bestuur, ophou elektrisiteit gebruik, ophou klere dra, want materiaal kom defnitief nie oorspronklik uit Afrika uit nie, en so kan die lys aangaan, maar daar is nie genoeg plek nie. Maar dit seker nou genoeg my mening gelug, maar omgekeerde rassisme is aan die orde van die dag en dan nog ongegrond ook!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.